25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p48

gemeenskapsgebaseerde aksie-navorsing is

that it commences with an interest in the problem of a group, a

community, or an organisation. Its purpose is to assist people in

extending their understanding of their situation and thus in resolving

problems that confront them (Stringer 1999:10).

Die navorsing kan ook in Osmer (2008:49) se terme genoem word “applied research”

wat ten doel het “to illuminate a societal concern.” In sy terme sou die navorsingsopset

as 'n “formal” een beskou kan word wat ten doel het “investigating particular episodes,

situations, and contexts through empirical research” (Osmer 2008:38).

9.3.3 Opvolgnavorsing in 2012

Die tweede fase van die navorsing was 'n longitudinale opvolg of “re-study” (Foster,

Scudder, Colson & Kemper 1979:9) wat hulle beskryf as “a major initial study followed

after an interval of some years by a (usually) much briefer visit.” Met die aanvanklike

navorsingsdata as riglyn is opvolggesprekke gevoer met byna al die lede van die

oorspronklike groep. Een lid van die aanvanklike groep is intussen oorlede en 'n

beduidende aantal van hulle het verhuis wat ʼn latere en verdere groepsgesprek

onmoontlik gemaak het. Ek kon al die ander mede-navorsers opspoor en daarom was

dit nie nodig om nuwe persone by die navorsing te betrek nie.

Volgens Foster en andere (1979:9) is die primêre doel van so ʼn opvolg normaalweg om

verandering te meet ten einde te sien of vorige voorspellings waar geword het. In

hierdie navorsing fokus die opvolg op die toets van houdings in vergelyking met dit wat

aanvanklik waargeneem is. Die areas waarna die navorsing kyk, is sake soos

rassisme, skuld, die rol van die kerk en versoening. Hierdie sake is met die medenavorsers

getoets en daar is veral gevra na wat in die afgelope jare gebeur het wat

hulle houdings kon verander het, indien dit wel verander het.

Ten einde struktuur te gee aan die navorsingsverslag is gekies om die ABDCE-model

van Lamott (1995) te gebruik. Die model met sy vyf onderafdelings word vervolgens

een-een bespreek.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!