LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Bylaag 12: Opvolggesprek met Hanlie p622 472 473 474 475 476 477 478 479 480 481 482 483 484 485 486 487 488 489 490 491 492 493 494 495 496 497 498 499 500 501 502 503 504 505 506 507 508 dinge kon doen wat prakties is. Soos ek sê ʼn mens sien dit mos nou in die nuus en jy sien dit op die televisie. Jy moet ʼn bietjie geld kan uithaal om daai kleuterskool gaan uitverf en ʼn klomp nuwe speelgoed daar neer te sit, of daai biblioteek en dit behoort te help om stadigaan die human gevoel daar te kry. Albert: Iets om hierdie twee wêrelde te deel... Hanlie: ...om die twee nader aan mekaar te bring. Daar is mos nou die enkeles daar buite, die kunstenaars soos hier Shout-groepie en so dat jy dan voel hulle het bymekaar gekom, want hulle voel almal ewe sterk oor misdaad. Koop hulle CD, ondersteun hulle. Jy doen iets vir misdaad. Maar onder die gewone ou vind dit nog eintlik nie plaas nie. Almal is miskien nie bemagtig genoeg om iets te doen nie. Albert: Ek wonder nogal hoeveel lidmate sou inskakel by so iets. Of lidmate nie half gaan... die oomblik wat jy oor die kleurgrens gaan dan sê lidmate nee, maar ons het genoeg behoeftig wit mense vir wie ons dieselfde kan doen. Dat lidmate vir jou sal sê maar ons het genoeg arm wit mense vir wie ons kan help. Moenie nog bodder met swart mense nie, ons kan ons eie mense help. Maar goed dit is waar maar ek dink daar is meer te sê ons het juis die behoefte is Suid-Afrika om wit en swart nader aan mekaar moet kom. Dat wit en swart mekaar meer gaan leer ken en meer gaan vertrou en so aan. Wat van regstellende aksie, ons het netnou net so ʼn bietjie geraak daaraan. Dink jy daar is nog ʼn plek daarvoor. Dink jy dit werk? Dink hy dit help mense regtig. Destyds in die groepe en ons gepraat oor ja wit mense het skuld, miskien moet ons daar begin. Watter skuld het ons en hoe hanteer ons die skuld? Kan ons iets doen met die skuld? As jy die koerant berigte lees dan hoor ek hulle praat oor ʼn verlammende skuld wat half ondermynend is op die ou end terwyl ander ouens sê nee maar jy moet juis skuld aanspreek of wat ook al. Het ons iets om oor skuldig te voel? Hanlie: Ja natuurlik maar dit, kyk ek wil nou weer sê... ʼn rukkie gelede was daar ook een aand op televisie ʼn program oor ʼn Joodse man. Hy het in Suid-Afrika, sy ouers het na Suid-Afrika toe geïmmigreer. En hy het toe hier groot geword. Maar hy het die land verlaat in die tyd van so die begin van apartheid sal ek nou maar sê. En hy het in Australië gaan woon. Hy het nou terug gekom met sy seun, want hy gaan sy lewe lank nog onder ʼn skuldgevoel... en loop hy nog sy hele lewe lank oor hoekom het hy nie iets gedoen nie, of hoekom is hy weg. Hoekom het hy die land verlaat? Hoekom het hy nie standpunt ingeneem nie? En nou vat hy... die program was geweldig interessant, besluit hy nou hy gaan op ʼn reis en hy gaan na verskillende plekke toe waar hy was

Bylaag 12: Opvolggesprek met Hanlie p623 509 510 511 512 513 514 515 516 517 518 519 520 521 522 523 524 525 526 527 528 529 530 531 532 533 534 535 536 537 538 539 540 541 542 543 544 toe hy jonk was. Onder andere hou hy ook ʼn reünie. Hy was op Ikeys op Universiteit. Hy was ʼn mediese dokter, hy is ʼn spesialis, hoog, ander goeters... Nou maar hy het daar gestudeer en nou probeer hy ʼn reünie reël met die studente was saam met hom in daardie jaar was. En hy soek al die plekke op waar hy was. En hy ry weer met ʼn bus en vertel vir sy seun alles oor hoe dit was. Gaan sit op ʼn bankie en vertel vir sy seun hoe skuldig hy voel daarvoor. Hy gaan besoek mense in ʼn swart gebied en bely sy skuld en praat met hulle daaroor, kan glad nie verstaan dat hulle so maklik kan sê maar dit is nou verby, ons vergewe jou. Jy moet nou... ons waardeer dit dat jy hier is. Dit is nie mense aan wie hy persoonlik iets gedoen het nie en jy moet nou aangaan met jou lewe en so aan. Sy seun kan glad nie verstaan nie wat is dit met sy pa nie. Hy sê dit het gebeur, almal het gesê hulle is jammer, jy het nou al ʼn honderd keer gesê jy is jammer. Skud dit nou van jou af, kom ons gaan swem weer in die see by Kampsbaai. Maak nou ʼn simboliese afwassing van hierdie goed sodat ons net weer kan terug gaan na ons lewe toe na en na ons huis toe. Die vergadering met die reünie mense is daar onder andere net een Afrikaanssprekende student, ʼn dokter wat ʼn student was en wat toe vertel hoe verskriklik uitgesluit hy gevoel het, omdat al die Engelse studente het ʼn groepie gevorm, die paar Joodse student het ʼn groepie gevorm en hy was die enigste Afrikaans sprekende daar. En hy vind ʼn bietjie aansluiting by hom en hulle vra vir mekaar om verskoning omdat hulle nie mekaar in ag geneem het nie. En hy doen hierdie hele, ek wil amper sê, reis na Mekka of reis na Jerusalem, hierdie hele reis om van sy skuldlas ontslae te raak. So ek dink by party mense, miskien is hy ook kunstenaaragtig of wat ook al wat by mense soos die, ag wat is die baie bekende man wat die voete gaan was het... Albert: Dit is Adriaan Vlok. Hanlie: Ja, Adriaan Vlok. Sommige mense wil ʼn sigbare ding doen om te kyk of hulle daarvan kan onslae raak, of hulle daarvan kan wegkom. So ek dink seer sekerlik is daar nog baie mense wat erns maak en wat skuldig voel. Ek dink weereens dat die volgende geslag gaan vryer wees. Dit gaan werklik die vryheid wees van wat hulle dan het in hierdie land of meer kan geniet. Albert: Ek het ʼn vraag oor hoeveel mense, wit Afrikaanse Christene, het nou werklik nou al skuld bely het, as ek daai word moet gebruik. Om op ʼn punt van hulle lewe te kom en te sê as ek nou kyk na wat gebeur het in die vorige bedeling dan besef ek ons het mense te na gekom. Wat net intellektueel vir hulle op daardie stadium net hardop

Bylaag 12: Opvolggesprek met Hanlie

p623

509

510

511

512

513

514

515

516

517

518

519

520

521

522

523

524

525

526

527

528

529

530

531

532

533

534

535

536

537

538

539

540

541

542

543

544

toe hy jonk was. Onder andere hou hy ook ʼn reünie. Hy was op Ikeys op Universiteit.

Hy was ʼn mediese dokter, hy is ʼn spesialis, hoog, ander goeters... Nou maar hy het

daar gestudeer en nou probeer hy ʼn reünie reël met die studente was saam met hom

in daardie jaar was. En hy soek al die plekke op waar hy was. En hy ry weer met ʼn bus

en vertel vir sy seun alles oor hoe dit was. Gaan sit op ʼn bankie en vertel vir sy seun

hoe skuldig hy voel daarvoor. Hy gaan besoek mense in ʼn swart gebied en bely sy

skuld en praat met hulle daaroor, kan glad nie verstaan dat hulle so maklik kan sê

maar dit is nou verby, ons vergewe jou. Jy moet nou... ons waardeer dit dat jy hier is.

Dit is nie mense aan wie hy persoonlik iets gedoen het nie en jy moet nou aangaan

met jou lewe en so aan. Sy seun kan glad nie verstaan nie wat is dit met sy pa nie. Hy

sê dit het gebeur, almal het gesê hulle is jammer, jy het nou al ʼn honderd keer gesê jy

is jammer. Skud dit nou van jou af, kom ons gaan swem weer in die see by

Kampsbaai. Maak nou ʼn simboliese afwassing van hierdie goed sodat ons net weer

kan terug gaan na ons lewe toe na en na ons huis toe. Die vergadering met die reünie

mense is daar onder andere net een Afrikaanssprekende student, ʼn dokter wat ʼn

student was en wat toe vertel hoe verskriklik uitgesluit hy gevoel het, omdat al die

Engelse studente het ʼn groepie gevorm, die paar Joodse student het ʼn groepie gevorm

en hy was die enigste Afrikaans sprekende daar. En hy vind ʼn bietjie aansluiting by

hom en hulle vra vir mekaar om verskoning omdat hulle nie mekaar in ag geneem het

nie. En hy doen hierdie hele, ek wil amper sê, reis na Mekka of reis na Jerusalem,

hierdie hele reis om van sy skuldlas ontslae te raak. So ek dink by party mense,

miskien is hy ook kunstenaaragtig of wat ook al wat by mense soos die, ag wat is die

baie bekende man wat die voete gaan was het...

Albert: Dit is Adriaan Vlok.

Hanlie: Ja, Adriaan Vlok. Sommige mense wil ʼn sigbare ding doen om te kyk of hulle

daarvan kan onslae raak, of hulle daarvan kan wegkom. So ek dink seer sekerlik is

daar nog baie mense wat erns maak en wat skuldig voel. Ek dink weereens dat die

volgende geslag gaan vryer wees. Dit gaan werklik die vryheid wees van wat hulle dan

het in hierdie land of meer kan geniet.

Albert: Ek het ʼn vraag oor hoeveel mense, wit Afrikaanse Christene, het nou werklik

nou al skuld bely het, as ek daai word moet gebruik. Om op ʼn punt van hulle lewe te

kom en te sê as ek nou kyk na wat gebeur het in die vorige bedeling dan besef ek ons

het mense te na gekom. Wat net intellektueel vir hulle op daardie stadium net hardop

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!