LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Bylaag 12: Opvolggesprek met Hanlie p616 256 257 258 259 260 261 262 263 264 265 266 267 268 269 270 271 272 273 274 275 276 277 278 279 280 281 282 283 284 285 286 287 288 289 290 291 hopeloos en verskriklik is. Hierdie MIV was ʼn bietjie vir my erg. Jy sien ons het baie naby aan vier jaar daarna gepraat en dit is tog nou al baie beter onder beheer. Maar daar is nog steeds meer infeksies as beheer. Dit is nogal so. En dan die ander ding wat vir almal nou sleg is in die ekonomie, daai tyd en omtrent 4,9 gespaar en nou net nog meer minder. Niemand kan meer spaar nie. Maar dit is vir baie interessant gewees. Werkloosheid, kyk nou daar. Dit was 31% en dit is nou 35%. Is it that much of a difference? Want ons voel almal verloor hulle werke, almal gaan oorsee, almal gaan weg... Albert: Hierdie is baie meer positiewe prentjie as wat ons die samelewing optel elke dag. Hanlie: So dit was vir my, misdaad was vir my ongelooflik. Ek kon dit nie glo nie. Albert: Ek het nou juis vanoggend navraag gedoen oor ʼn artikel wat Albert Venter van Potch geskryf het oor wat die situasie was in – dink hy het gesê in – 1986. Hy het nou verlede Woensdag op Monitor daaroor gepraat. Ons vergeet hoe sleg dit was. Hanlie: Omdat ons dit eintlik nie geweet nie. Albert: Presies. Dit is daardie twee wêrelde deel, ons het ons deel gesien, daar was paaie, daar was ligte waar ons bly. Maar ons het nie wyer gesien nie en nou beleef ons iets anders en nou dink ons anders. Ons vergelyk dit met ons goeie tye. Maar as jy ʼn bietjie breër daarna kyk is ons... Hanlie: Ja omdat ons ook nie daardie tyd deur die media ingelig is nie, nie ʼn televisie gehad het nie, nie gekonfronteer is met elke verskriklike ding wat gebeur nie. Nou gebeur die moord, of die diefstal of die korrupsie en miskien is dit dan nou iets positief om te sê dat ons nou ten minste daarvan weet. Dat ten minste openbaar gemaak word. Albert: Ek dink in daardie opsig is die twee wêrelde besig om minder geïsoleerd te word of te wees as vroeër. Maar ons het vroeër.. Daar was ander koerante ook maar ons het gekies om dit nie te lees nie. Ons was so dood tevrede om Die Burger en die Volksblad te lees. Ja, daar is ʼn klomp sulke goeters wat nou ʼn bietjie anders is, maar nou ja... Daai is interessant. ʼn Mens het nou ʼn baie anderste prentjie. Miskien praat ons onsself baie keer in ʼn gat in. Ek dink regtig ons praat onsself in ʼn gat in omdat ons

Bylaag 12: Opvolggesprek met Hanlie p617 292 293 294 295 296 297 298 299 300 301 302 303 304 305 306 307 308 309 310 311 312 313 314 315 316 317 318 319 320 321 322 323 324 325 326 327 net fokus op die goed wat verkeerd is. Daar is meer as genoeg om te wys wat verkeerd is, maar dit is nie die enigste prentjie nie, daar is ʼn groter prentjie as dit. Hanlie: Ja en waarvoor ek bang is as jy dan nou mense en wat ek vreeslik by my kinders probeer inskerp is dat onthou wat jy sê wat uit jou mond uit kom gaan by jou kind sê ore in. So as jy nou die hele tyd net oor Malema besig is in jou huis, en net jy weet, as daar nou iets leliks gebeur, of iets... Zuma, dan word jou kinders nou groot en hy het nou geen... hy weet nou net die president van hierdie land is nou niks, treurig en hopeloos. Ek praat nou van jong kinders. As jy nou later groter is kan jy nou self die informasie lees en hoor. Maar ek dink ook ons praat nou ons kinders in die meeste Afrikaanse huise in ʼn negatiwiteit in deur die goed wat ons sê omdat dit so onmiddellik in jou gesig is. Dit so in your face in elke keer as jy die televisie aanskakel. Albert: Dink jy grootmense oor die algemeen is meer rassisties as vroeër of net so baie of minder. Hoe dink jy? Hanlie: Ek dink dit is ʼn moeilike vraag. Ek wil tog, ja ek dink ek wil tog positief antwoord en ek wil tog sê ek dink daar is tog ʼn verandering aan die gebeur in die sin dat daar genoeg mense is wat sê, of wat ondervind dat die omstandighede waarin hulle werk byvoorbeeld hulle kollegas en so aan, dat daar wel mense is wat briljant is en wat goed opgelei is. Albert: So die stereotipiese beeld wat ons het of gehad het van swart mense is tog besig om te verander. Hanlie: Ek dink so. Ek wou nie sê dat dit ʼn groot stap is nie. Vir my was dit interessant toe ons so vinnig deurgaan en blaai deur die aantekeninge hoeveel keer ons gesê het dit gaan nog ʼn lang pad vat. En daar was ook interessant, ek weet nie of dit, dit was ʼn Sam, Sam iemand wat baie klem gelê het en gesê het voordat die grondkwessie nie aangespreek word nie sal dit nooit heeltemal reg kom nie. Albert: In terme van wat ons vandag hoor... Hanlie: En dit was vir my baie interessant om dit te sien. Om te sien dat in werklikheid die grondkwessie vir die mense nog nie aangespreek is nie.

Bylaag 12: Opvolggesprek met Hanlie

p616

256

257

258

259

260

261

262

263

264

265

266

267

268

269

270

271

272

273

274

275

276

277

278

279

280

281

282

283

284

285

286

287

288

289

290

291

hopeloos en verskriklik is. Hierdie MIV was ʼn bietjie vir my erg. Jy sien ons het baie

naby aan vier jaar daarna gepraat en dit is tog nou al baie beter onder beheer. Maar

daar is nog steeds meer infeksies as beheer. Dit is nogal so. En dan die ander ding wat

vir almal nou sleg is in die ekonomie, daai tyd en omtrent 4,9 gespaar en nou net nog

meer minder. Niemand kan meer spaar nie. Maar dit is vir baie interessant gewees.

Werkloosheid, kyk nou daar. Dit was 31% en dit is nou 35%. Is it that much of a

difference? Want ons voel almal verloor hulle werke, almal gaan oorsee, almal gaan

weg...

Albert: Hierdie is baie meer positiewe prentjie as wat ons die samelewing optel elke

dag.

Hanlie: So dit was vir my, misdaad was vir my ongelooflik. Ek kon dit nie glo nie.

Albert: Ek het nou juis vanoggend navraag gedoen oor ʼn artikel wat Albert Venter van

Potch geskryf het oor wat die situasie was in – dink hy het gesê in – 1986. Hy het nou

verlede Woensdag op Monitor daaroor gepraat. Ons vergeet hoe sleg dit was.

Hanlie: Omdat ons dit eintlik nie geweet nie.

Albert: Presies. Dit is daardie twee wêrelde deel, ons het ons deel gesien, daar was

paaie, daar was ligte waar ons bly. Maar ons het nie wyer gesien nie en nou beleef ons

iets anders en nou dink ons anders. Ons vergelyk dit met ons goeie tye. Maar as jy ʼn

bietjie breër daarna kyk is ons...

Hanlie: Ja omdat ons ook nie daardie tyd deur die media ingelig is nie, nie ʼn televisie

gehad het nie, nie gekonfronteer is met elke verskriklike ding wat gebeur nie. Nou

gebeur die moord, of die diefstal of die korrupsie en miskien is dit dan nou iets positief

om te sê dat ons nou ten minste daarvan weet. Dat ten minste openbaar gemaak word.

Albert: Ek dink in daardie opsig is die twee wêrelde besig om minder geïsoleerd te

word of te wees as vroeër. Maar ons het vroeër.. Daar was ander koerante ook maar

ons het gekies om dit nie te lees nie. Ons was so dood tevrede om Die Burger en die

Volksblad te lees. Ja, daar is ʼn klomp sulke goeters wat nou ʼn bietjie anders is, maar

nou ja... Daai is interessant. ʼn Mens het nou ʼn baie anderste prentjie. Miskien praat

ons onsself baie keer in ʼn gat in. Ek dink regtig ons praat onsself in ʼn gat in omdat ons

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!