25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p47

die gesprekke sou deel met ander persone. Vergelyk [Albert 1-054] in hierdie verband.

Hierdie debatte word nie nou in meer detail bespreek nie, maar dit kom wel in hoofstuk

drie aan die orde.

Elke mede-navorser is ook uitgedaag om te lees wat ander persone oor die onderwerp

onder bespreking sê [Albert 1-093]. Ook gesprekke met ander mense van buite die

groep is aangemoedig [Albert 3-048] en [Mike 3-066]. Die resultate van hierdie

informele gesprekke het neerslag gevind in die groep se gesprekke en later ook in die

navorsingsverslag.

Tydens die sewende groepsbyeenkoms is drie nie-wit persone uitgenooi om hulle

ervarings met ons te kom deel: ʼn bruin onderwyseres, ʼn swart besigheidsman en 'n

swart leraar. Die interaksie tussen die groep en die besoekers het bygedra daartoe dat

die mede-navorsers hulleself tydelik in die skoene van swart mense kon bevind.

Die gesprekke is met almal se toestemming op band opgeneem en later

getranskribeer. Hierdie transkripsies is aan die mede-navorsers gegee om enige

korreksies of wysigings aan te bring soos hulle sou wou. Die transkripsies is as bylae

aangeheg as uitgebreide kwalitatiewe data, dit is “descriptive data, people's own written

or spoken words and observable behaviour – which are analysed for underlying

patterns or themes" (Taylor 1988:75). Hierdie bylae is bedoel om as basis gebruik te

word in gesprek met ander rolspelers soos swart mense en kollegas (tydens die

navorsingsproses) en akademiese literatuur (voor en tydens die skryf van die

navorsingsverslag). Die doel was om saam met die mede-navorsers te reflekteer oor

hulle (ons?) standpunte en hulle (ons?) as gids (Gerkin 1997:114) te begelei tot groter

begrip aangaande apartheid. Dit sou hulle kon help om betekenis te gee aan die nuwe

post-apartheid situasie.

Hierdie tipe navorsing sou as deelnemende aksie-navorsing beskou kan word in die sin

wat Stringer (1999:9) die term gebruik. Aksie-navorsing het in onguns verval by baie

akademici, omdat dit dikwels in verband gebring is met radikale politieke aktivisme. Dit

is ook die rede waarom baie van hulle aksie-navorsing beskryf as 'n metode wat

politieke en sosiaal-maatskaplike doelwitte in die oog het (Mouton 2001:58). Stringer

(1999:9) wil die aanvanklike konsep van aksie-navorsing verder ontwikkel en praat van

“community based action research” wat lede van die gemeenskap betrek as gelyke en

volle vennote in die navorsing. 'n Fundamentele uitgangspunt van hierdie

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!