LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Bylaag 12: Opvolggesprek met Hanlie p610 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 kon gaan doen het. Ek het nou nog nooit iemand daarmee gekonfronteer nie, maar die Sotho-diens het volgens my toe verdwyn. Dit bestaan nie meer nie. En nou is daar net twee dienste, ʼn Engelse diens en ʼn Afrikaanse diens. Daar is baie min, baie min swart mense wat die Engelse diens bywoon. So daar het nie ʼn ding gebeur dat daar skielik ʼn verandering van ras was wat die dienste bygewoon het nie. En ek weet nie of taal en die kultuur tog ʼn baie groot rol speel nie. Kyk hier as ʼn mense werklik jou gemeente kies waar jy tuis voel... Albert: Ja, dit is een ding om ʼn erediens by geleentheid te gaan bywoon. Hanlie: Ja, of ʼn gesamentlike byeenkoms te hou op ʼn spesifieke biddag. Ek weet, as ek hier is, woon ek dikwels van die goed by wat HB van die gebedshuis inisieer of hoe jy dit ook wil noem. Maar ek meen as ek nou hier waar ek sit en hier was drie kerke voor my deur en een was ʼn Afrikaanse diens, dan sou ek tog nog steeds baie graag in my moedertaal wou gaan. En ek dink dit is wel by baie mense so, dit speel ʼn baie groot rol. Albert: Ek dink nogal... ek stem nogal met jou saam daar. Die ander ding wat – nie orals nie – maar ons woonbuurte is nog in ʼn baie groot mate ras gebaseer. Ek sien nou daar by ons daar al hoe swartes wat intrek in Naudeville, maar die oorgrote meerderheid is maar nog in die omgewing van ons kerk is maar nog witmense. Ons het byvoorbeeld op die oomblik een swart vrou wat gereeld kerk toe kom. Ons het ʼn kleurling egpaar gehad wat ook gereeld gekom het, maar hulle het getrek lyk dit vir my maar die swart vrou, sy bly hier in Uitbreiding 19, kom nogal gereeld. Maar sy praat vlot Afrikaans en so aan. Hanlie: Maar nou ja dit is so. Maar Engels is vir die meeste swart mense makliker omdat hulle kinders ook na Engelse skole gaan. So ek neem aan as jy gaan kyk hier by St. Lukes Methodist of by die Anglican kerk of so gaan jy baie meer dit kry omdat daar Engelse dienste aangebied word of omdat dit nader is miskien vir iemand. Maar as jy nou in Thabong bly weet ek nie hoekom sal jy nou juis spesifiek hierheen kom vir ʼn diens as jy daar ʼn diens in jou eie taal kan hoor nie. Albert: Maar dink jy nie baie van dit wit lidmate is maar eintlik te goddank bly is dit so nie?

Bylaag 12: Opvolggesprek met Hanlie p611 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 Hanlie: Ja ek dink tog. Eerlik dink ek so en ek dink ons mis uit omdat ons die meer dikwels ʼn gesamentlike ding doen nie. Ek dink nie ʼn mens kan dit forseer nie. Albert: Nee, maar weet jy wat tel ek op? Daar is mense wat byvoorbeeld in hulle werksituasie met swart mense te doen kry op ʼn ander vlak. Kyk, in die ou bedeling was ons kontak met swart mense in terme van huisbediendes, tuinwerkers en ondergeskikte rolle gewees. Hanlie: Ja, ek dink dit het geweldig verander. Albert: Dit het wel verander. Waar mense in so ʼn werksituasie ʼn swart persoon leer ken as ʼn mens, meer as net ʼn arbeidsmiddel, het daar tog regtig groot dinge gebeur, maar ek dink so baie van ons doen dit nie. Ons kies nie om in sulke situasies te kom nie. Ons lees sekere boeke, ons kyk sekere soorte televisieprogramme, en daarmee per implikasie, sekere ander nie. Hanlie: Maar een groot ding wat ek dink wat sal help – en dit is vir my baie snaaks dat dit nog nie meer deur die onderwys-departement afgeforseer is nie – want so baie ander dinge voel die mense is afgeforseer. Dit is dat ons moet baie meer aandag gee aan ʼn derde taal. Dit is net vir my vreemd as ek by my kleinkinders kom. R is nou al in Graad 7. So hy maak nou al klaar by die laerskool en ek dink dit verskil van provinsie tot provinsie, maar hy het onder in die Kaap, die skool waar hy daar was, het hulle begin met Xhosa, maar hy neem geen derde taal tot op hede nie. So, sy tyd is amper verby. Ek het nou vir T gesê, met hierdie nuwe kleinding van haar, sê jou bediende moet – want haar man sal nie so voel nie – maar sê vir jou bediende sy moet Zulu met hom praat. Jy praat met hom Afrikaans en G praat met hom Engels. G het glad nie gedink ek is oulik nie. Maar as jy van kleins af kan grootword en dit optel soos wat mense dit miskien vroeër op die plase opgetel het... Dit is vir my groot ding vir my persoonlik en ek dink vir 90% van die Afrikaanssprekende mense kan nie verstaan nie as die ander mense praat nie. Selfs in hulle werkplek, as twee of drie kollegas daar sit en hulle praat dan Sotho dan is ek uit die gesprek uit. Heeltemal. En as dit nie soort van offisieel gesê word goed by die vergadering praat ons Engels sodat ons almal mekaar kan verstaan nie, maar as dit op vriendskapsbande kom en ons praat nie dan doelbewus almal Engels nie, dan verloor ons mekaar. Albert: So in ʼn groot mate het ons nog steeds daai ding wat ons in die apartheidsjare gehad het van twee wêrelde waarin ons leef.

Bylaag 12: Opvolggesprek met Hanlie

p611

72

73

74

75

76

77

78

79

80

81

82

83

84

85

86

87

88

89

90

91

92

93

94

95

96

97

98

99

100

101

102

103

104

105

106

107

108

Hanlie: Ja ek dink tog. Eerlik dink ek so en ek dink ons mis uit omdat ons die meer

dikwels ʼn gesamentlike ding doen nie. Ek dink nie ʼn mens kan dit forseer nie.

Albert: Nee, maar weet jy wat tel ek op? Daar is mense wat byvoorbeeld in hulle

werksituasie met swart mense te doen kry op ʼn ander vlak. Kyk, in die ou bedeling was

ons kontak met swart mense in terme van huisbediendes, tuinwerkers en

ondergeskikte rolle gewees.

Hanlie: Ja, ek dink dit het geweldig verander.

Albert: Dit het wel verander. Waar mense in so ʼn werksituasie ʼn swart persoon leer ken

as ʼn mens, meer as net ʼn arbeidsmiddel, het daar tog regtig groot dinge gebeur, maar

ek dink so baie van ons doen dit nie. Ons kies nie om in sulke situasies te kom nie.

Ons lees sekere boeke, ons kyk sekere soorte televisieprogramme, en daarmee per

implikasie, sekere ander nie.

Hanlie: Maar een groot ding wat ek dink wat sal help – en dit is vir my baie snaaks dat

dit nog nie meer deur die onderwys-departement afgeforseer is nie – want so baie

ander dinge voel die mense is afgeforseer. Dit is dat ons moet baie meer aandag gee

aan ʼn derde taal. Dit is net vir my vreemd as ek by my kleinkinders kom. R is nou al in

Graad 7. So hy maak nou al klaar by die laerskool en ek dink dit verskil van provinsie

tot provinsie, maar hy het onder in die Kaap, die skool waar hy daar was, het hulle

begin met Xhosa, maar hy neem geen derde taal tot op hede nie. So, sy tyd is amper

verby. Ek het nou vir T gesê, met hierdie nuwe kleinding van haar, sê jou bediende

moet – want haar man sal nie so voel nie – maar sê vir jou bediende sy moet Zulu met

hom praat. Jy praat met hom Afrikaans en G praat met hom Engels. G het glad nie

gedink ek is oulik nie. Maar as jy van kleins af kan grootword en dit optel soos wat

mense dit miskien vroeër op die plase opgetel het... Dit is vir my groot ding vir my

persoonlik en ek dink vir 90% van die Afrikaanssprekende mense kan nie verstaan nie

as die ander mense praat nie. Selfs in hulle werkplek, as twee of drie kollegas daar sit

en hulle praat dan Sotho dan is ek uit die gesprek uit. Heeltemal. En as dit nie soort

van offisieel gesê word goed by die vergadering praat ons Engels sodat ons almal

mekaar kan verstaan nie, maar as dit op vriendskapsbande kom en ons praat nie dan

doelbewus almal Engels nie, dan verloor ons mekaar.

Albert: So in ʼn groot mate het ons nog steeds daai ding wat ons in die apartheidsjare

gehad het van twee wêrelde waarin ons leef.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!