LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Bylaag 11: Opvolggesprek met Johan en Karin p608 291 292 293 294 295 296 297 298 299 300 301 302 303 304 305 306 307 308 309 310 311 312 313 314 315 316 317 Karin: Weet jy, op hierdie stadium dink ek ons blankes het ʼn groot rol te speel in Afrika. En ek dink ons speel dit. Van ons. Van ons speel dit. Maar ek dink... Ek gaan nou iets baie omstrede sê. Ek dink die mense van Suider-Afrika, ons swart mense en ons blankes, is geweldig bederf. Albert: Bederf? Hoekom sê jy so? Karin: My niggie se dogter gee skool in Zambië, sy hou skool in Zambië. Sy sê die skool is ʼn fees. Almal wil graag leer. Almal wil graag skoolgaan. Almal wil graag alles, maar dit is na daai swaar tydperk toe die kolonialiste daar uitgetrek het. Sy het byvoorbeeld gesê die geboue wat daar was... Soos die ou gesit en boek gelees het en sy brilletjie daar gelos het, so het dit daar bly lê. En so het hulle uitgetrek. Alles staan net so. Sy sê dit is een vet fees. Maar sy doen onsettend werk en sy hou skool daar. Die ouens word in Worcester opgelei, slegs in Worcester, en hulle word gekeur voordat hulle mag gaan. En dit is God eerste en die mens tweede. So met ander woorde jy moet die Here jou God liefhê met alles wat jy het en jou naaste soos jouself. Met daai houding gaan hulle daar in en hulle is besig om met rasse skrede daar te vorder. Baie van ons mense hier het nog nie ingeskop nie. Baie het ingeskop. Baie besef. Baie het nog nie. Baie is dankbaar. Baie is baie ondankbaar, so dit is baie moeilik. Maar vir ons om te gaan terug sit en te sê wel dit is anyway ʼn Zimbabwe wat nou oppad is, so stop alles. Dit is nie God se opdrag vir ons nie. God se opdrag vir ons is, hou aan Ek is in beheer en dit is wat ons almal moet doen. Albert: Jy praat nou van ons tyd is nou amper verby hierso, maar ons het nog so veertig jaar om te gaan hierso, dit is nog lank. Hierdie ding beter werk. {Einde van die gesprek}.

Bylaag 12: Opvolggesprek met Hanlie p609 Lewe na apartheid 2012 – Gesprek 12: Opvolggesprek met Hanlie 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 Hanlie: My gedagtes is nog nie geformuleer nie. Albert: Ja, ons praat totdat dit geformuleer is. Hanlie: Maar ek het gewonder hoe jy voel oor die kerk se verandering in dié tyd. Want jy behoort nou beter as ek te weet wat het nou alles op sinodale vlak en by mense gebeur, of nie gebeur nie. Albert: Dit is een van die temas waaroor ek nou juis wil skryf. Kyk dit gaan nou maar oor die gewone goeters, rassisme hoe dit nou lyk. Weer die vraag oor apartheid, as jy nou terug dink, nog veertien jaar verder, en jy nou terug dink wat dink jy daarvan? Skuld en daarmee regstellende aksie en so meer. Maar die hele ding gaan op die ou end oor versoening tussen rasse. Ek dink dit is maar ons krisis. En die rol wat die kerk daarin speel of nie speel nie. Nou spot ek dalk oor wat die kerk nie doen nie, maar my aanvoeling is baie keer in die kerk, ons is nog waar ons al die jare was. Bitter min het nog verander by ons. Ek weet jy het netnou van die kerk gepraat. Waar gaan jy deesdae kerk? Hanlie: Ek is kort na, of ek was al... Was ek toe nog by jou in die kerk, of was ek al weg? Albert: Nee jy was al weg. Hanlie: Want ek wil sê ek is baie... of ek wil sê ek is min of meer daai tyd al na dominee A se kerk toe en ek was darem nog al die tyd daar. Albert: Hoe werk dinge daar wat ras aanbetref? Hanlie: Weet jy wat vir my wonderlik was, in die begin, hulle was mos daar in ʼn winkelsentrum en toe het ons drie eredienste op ʼn oggend gehad en ek het per toeval die swart reverent M geken, want hy was op die beheerraad by [die skool] en dan het ons ʼn Engelse diens gehad, ʼn Afrikaanse diens en ʼn Sotho diens. Al drie so na mekaar, maar nie op dieselfde tyd nie. En die Bybelstudie het daar nogal heelwat van die swart vrouens – dit was gewoonlik Woensdae oggende – het heelwat van die swart vrouens bygewoon. Die Bybelstudie vir die vrouens wat ek, toe ek nou ophou werk,

Bylaag 12: Opvolggesprek met Hanlie

p609

Lewe na apartheid 2012 – Gesprek 12: Opvolggesprek met Hanlie

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10

11

12

13

14

15

16

17

18

19

20

21

22

23

24

25

26

27

28

29

30

31

32

33

34

35

Hanlie: My gedagtes is nog nie geformuleer nie.

Albert: Ja, ons praat totdat dit geformuleer is.

Hanlie: Maar ek het gewonder hoe jy voel oor die kerk se verandering in dié tyd. Want

jy behoort nou beter as ek te weet wat het nou alles op sinodale vlak en by mense

gebeur, of nie gebeur nie.

Albert: Dit is een van die temas waaroor ek nou juis wil skryf. Kyk dit gaan nou maar

oor die gewone goeters, rassisme hoe dit nou lyk. Weer die vraag oor apartheid, as jy

nou terug dink, nog veertien jaar verder, en jy nou terug dink wat dink jy daarvan?

Skuld en daarmee regstellende aksie en so meer. Maar die hele ding gaan op die ou

end oor versoening tussen rasse. Ek dink dit is maar ons krisis. En die rol wat die kerk

daarin speel of nie speel nie. Nou spot ek dalk oor wat die kerk nie doen nie, maar my

aanvoeling is baie keer in die kerk, ons is nog waar ons al die jare was. Bitter min het

nog verander by ons. Ek weet jy het netnou van die kerk gepraat. Waar gaan jy

deesdae kerk?

Hanlie: Ek is kort na, of ek was al... Was ek toe nog by jou in die kerk, of was ek al

weg?

Albert: Nee jy was al weg.

Hanlie: Want ek wil sê ek is baie... of ek wil sê ek is min of meer daai tyd al na dominee

A se kerk toe en ek was darem nog al die tyd daar.

Albert: Hoe werk dinge daar wat ras aanbetref?

Hanlie: Weet jy wat vir my wonderlik was, in die begin, hulle was mos daar in ʼn

winkelsentrum en toe het ons drie eredienste op ʼn oggend gehad en ek het per toeval

die swart reverent M geken, want hy was op die beheerraad by [die skool] en dan het

ons ʼn Engelse diens gehad, ʼn Afrikaanse diens en ʼn Sotho diens. Al drie so na

mekaar, maar nie op dieselfde tyd nie. En die Bybelstudie het daar nogal heelwat van

die swart vrouens – dit was gewoonlik Woensdae oggende – het heelwat van die swart

vrouens bygewoon. Die Bybelstudie vir die vrouens wat ek, toe ek nou ophou werk,

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!