25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p46

en die verandering ten opsigte daarvan” (Kruger & Hofmeyr 2009a:138). Hulle

identifiseer ʼn aantal boustene vir die uitbou van die NG Kerk se identiteit in die lig van

die polities-kulturele situasie en ook die verandering van wêreldbeskouings sedert 1990

(Kruger & Hofmeyr 2011).

Al hierdie bronne hierbo genoem, het die navorser geïnformeer. Nie al die bronne kom

ewe direk aan die orde in die navorsingsverslag nie, maar die navorsing is daardeur

gevorm en dit het mede-bepaal wat die belangrikste temas vir die gesprekke van die

aanvanklike navorsing sou wees.

9.3.2 Aanvanklike navorsing in 1998

In die eerste fase van die navorsing is 'n reeks van agt semi-gestruktureerde

ontmoetings gehou met die sentrale tema van hoe wit Afrikaners leef na apartheid,

gegewe hulle verlede. Die fokus van hierdie gesprekke was hoofsaaklik om te verstaan

hoe die mede-navorsers oor apartheid dink en gedink het. Synde self 'n wit Afrikaanse

Christen te wees, het ek as navorser as 'n gelyke vennoot deelgeneem aan die

gesprekke. Hierin was ek meer as net 'n deelnemende waarnemer. Ek het doelbewus

probeer om myself in die mede-navorsers se skoene te plaas ten einde hulle “actions,

decision, behavior, practices, rituals” te verstaan (Payze 2001:271). Ek was deel van

elke gesprek, want "only through 'entering into' the lifeworld of the researched as an

insider, could the researcher hope to gain understanding of meaning" (Dreyer 1998:5).

Ek kon met die groep identifiseer en daarom was daar nie die dikwels-teenwoordige

gevaar van "tourist therapy" waar die navorser navorsing doen sonder "a qualitative

appreciation and informed knowledge" (Waldegrave 1990:15) van die groep met wie

gewerk word nie. Hierdie posisie het dit ook vir my makliker gemaak om die groep uit te

daag om wyer te dink en uiteindelik alternatiewe stories of "re-storying" (White 1990:14)

te skep.

Lede van die groep het mekaar dikwels uitgedaag oor stellings wat gemaak is.

Vergelyk byvoorbeeld die skerp debat tussen Elsa en Mike oor die kern van die

probleem met apartheid by [6-280]. Ook op ander plekke in die gesprekke sien ons

dieselfde patroon, soos byvoorbeeld [Hanlie 2-108] en [Johan 3-633]. Robuuste debat

het soms gevolg. Dit was ook van die begin af die ooreenkoms dat ek die inhoud van

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!