LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Bylaag 11: Opvolggesprek met Johan en Karin p602 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 Karin: Ek het regtig gevoel, waar ek gewerk het met die gestremdes en waar ek merendeels met die swartes gewerk het, en waar hulle selfs vir my ʼn toekenning gegee het en my ʼn swart naam toegedig het en alles. Later het hulle opruiend geraak by die werkswinkels omdat hulle nie ʼn salaris verdien nie alhoewel hulle almal ongeskiktheidstoelaag gekry het, en ek gevoel hulle is verskriklike ondankbare mense. Want ek meen, ons het die span wat ons daar gewerk het, was so ʼn committed gewees. Ons het tot in die oggende toe gewerk, self spyseniering gedoen om salarisse te betaal en voorsiening te maak, want ek meen al daardie fasiliteite is opgerig uit fondswerwing uit. Dit is nie geld wat die staat vir ons gegee het nie. Ons het sewe jaar gewag vir die staat vir ʼn subsidie. En dit was eintlik vir my – en dit was net nadat ek my vrywillige aflegging aanvaar het sonder ʼn pakket – dit het net vir my gevoel hierdie mense vir wie jy altyd moeite gedoen het, het vir jou aan die hakskeen gebyt. Maar al die jare van maatskaplike werk was dit seker die wil van die Here gewees dat ek daar so moet wees, land ek in die swart en die bruin gemeenskap en dit is waar ek werk in die gemeenskap. Ek wou nooit weer in my hele lewe maatskaplike werk doen nie. Ek was rêrig klaar ek wou ʼn besigheid begin en ek wou aangaan want as ek kan geld inbring vir welsyn kan ek so geld vir myself ook inbring en so het die here my ʼn bietjie aarde toe gebring en vir my gewys dit is my calling hierdie. Jy sal maar moet terug gaan en jy sal maar daar gaan werk vir daai peanuts wat jy daar kry. Jou deel is om ʼn bydrae te maak tot die mense. 99,9% van die mense beleef ek as verskriklik respekvol. Ek beleef hulle as hulle kyk op na my. Baie van hulle noem my ook ma. Ek het geweldig baie van die swart en bruin gemeenskappe geleer. Johan kan ook sê, hier is ʼn swart meisie wat gereeld vir my inspirerende sms’e stuur, want sy weet hoe moeilik is ons werk. En dit is vir my wonderlik om die groei te sien. Maar ongelukkig is daar nog ʼn groot persentasie van ons blanke Christenmense wat praat van hulle en af praat op en nie elke individu se talente raak sien nie. Partykeer raak ek ook self kwaad vir party van hulle en dan is daar swart mense wat presies dieselfde is. Ek het hierdie jaar vir die eerste keer vir die afgelope 26 jaar wat ek in die Goudveld is, het dit beleef, rassisme teen my beleef met swart mense wat ek probeer help het deur ʼn publieke beampte. En dit is vir my baie sleg en ons is besig om dit aan te spreek. Albert: Ja dit is nogal sleg. Kan ek gou terug gaan na iets wat jy gesê het oor jou pa as gesondheidsinspekteur. Sê vir my of ek reg is, ek het die idée hy het en die mense van sy geslag het vir swart mense goeters gedoen half in die sin van ons help julle want ons weet wat reg is en wat goed is vir julle. Half ʼn stukkie paternalisme. Nie

Bylaag 11: Opvolggesprek met Johan en Karin p603 108 109 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 noodwendig in ʼn negatiewe sin nie, in die sin van ons is aangestel om vir die swart mense ook op te hef en so aan. Iets daarvan. Karin: Ek was bietjie klein in daardie tyd om dit so te kan verstaan, maar ek meen my pa en die swart suster wat saam met my pa gewerk het, het saam met my pa in die kantoor gesit en tee drink. Dit was vir my niks snaaks nie. So ek weet nie hoe nie my pa was baie betrokke by die sub-ekonomiese behuising vir die swartes en hy was baie gesteld daarop dat dit nie minderwaardig moet wees nie, maar dat dit goed gebou moet wees. Maar ek dink hy het ook die behoefte raak gesien van skole en so aan, want baie van die goeters het die raad dat hy die planne trek en dit deurgee vir die raad vir goedkeuring vir die bou daarvan in die verskillende gemeenskappe. So nee, wat dit aanbetref weet ek nie heeltemal so nie. Johan: Maar ek wat haar pa nou ken, ek meen ons moet nou onthou weer hy is jou lekker geharde nasionalis gewees wat die beleid uitgevoer het. En die beleid was na die beste van sy vermoë aparte geriewe. Hy het geglo daaraan en omdat hy so ʼn perfeksionis is om vir hulle die beste te gee, maar apart. So hy het die beleid uitgevoer. Albert: Hoekom ek vra, ek kry soms die idée by van die swart mense is daar nog iets van daai gesindheid van ons die wit mense sal vir ons die beste doen. Daarom ʼn groot afhanklikheid van wat die wit mense vir ons gaan doen partykeer. Miskien is dit nie oral so nie maar miskien, ek vra maar net. Karin: Eintlik is dit sweet. Hulle het daai nederigheid en daai minderwaardigheid. Dit is hoekom ek daardie program geskrywe het ook om vir hulle te laat weet julle is koningskinders. Nou is dit vir my te sweet ek vra altyd of kan julle my hare tel want God weet as daar een haar van jou kop afval. So kan julle my hare tel? En toe nou die dag is daar ʼn seuntjie in my kantoor en ek sê toe tel ʼn bietjie my hare dat ek sien. En hy vat so en vryf so aan my hare en gaan sit en hy smile so. Ek sê jy het gevoel hoe voel my hare, jy wou weet hoe voel gladde hare nè en hy sê ja. Maar ja dit is sweet. Daar is ʼn sekere minderwaardigheidsgevoel by sommige van hulle. By party is daar meer ʼn arrogante van ek sal jou wys gevoel. Maar die meeste mense soos ek kan sê 99,99% is baie respekvol en ek probeer om elke mens menswaardig te laat voel en ek dink dit kom deur. Albert: As ons net die rolle omdraai en vra is jy nou sê daar is van die swart mense wat nog steeds half minderwaardig voel en so aan. Is die ander kant van die munt ook

Bylaag 11: Opvolggesprek met Johan en Karin

p602

72

73

74

75

76

77

78

79

80

81

82

83

84

85

86

87

88

89

90

91

92

93

94

95

96

97

98

99

100

101

102

103

104

105

106

107

Karin: Ek het regtig gevoel, waar ek gewerk het met die gestremdes en waar ek

merendeels met die swartes gewerk het, en waar hulle selfs vir my ʼn toekenning gegee

het en my ʼn swart naam toegedig het en alles. Later het hulle opruiend geraak by die

werkswinkels omdat hulle nie ʼn salaris verdien nie alhoewel hulle almal

ongeskiktheidstoelaag gekry het, en ek gevoel hulle is verskriklike ondankbare mense.

Want ek meen, ons het die span wat ons daar gewerk het, was so ʼn committed

gewees. Ons het tot in die oggende toe gewerk, self spyseniering gedoen om salarisse

te betaal en voorsiening te maak, want ek meen al daardie fasiliteite is opgerig uit

fondswerwing uit. Dit is nie geld wat die staat vir ons gegee het nie. Ons het sewe jaar

gewag vir die staat vir ʼn subsidie. En dit was eintlik vir my – en dit was net nadat ek my

vrywillige aflegging aanvaar het sonder ʼn pakket – dit het net vir my gevoel hierdie

mense vir wie jy altyd moeite gedoen het, het vir jou aan die hakskeen gebyt. Maar al

die jare van maatskaplike werk was dit seker die wil van die Here gewees dat ek daar

so moet wees, land ek in die swart en die bruin gemeenskap en dit is waar ek werk in

die gemeenskap. Ek wou nooit weer in my hele lewe maatskaplike werk doen nie. Ek

was rêrig klaar ek wou ʼn besigheid begin en ek wou aangaan want as ek kan geld

inbring vir welsyn kan ek so geld vir myself ook inbring en so het die here my ʼn bietjie

aarde toe gebring en vir my gewys dit is my calling hierdie. Jy sal maar moet terug

gaan en jy sal maar daar gaan werk vir daai peanuts wat jy daar kry. Jou deel is om ʼn

bydrae te maak tot die mense. 99,9% van die mense beleef ek as verskriklik respekvol.

Ek beleef hulle as hulle kyk op na my. Baie van hulle noem my ook ma. Ek het

geweldig baie van die swart en bruin gemeenskappe geleer. Johan kan ook sê, hier is

ʼn swart meisie wat gereeld vir my inspirerende sms’e stuur, want sy weet hoe moeilik

is ons werk. En dit is vir my wonderlik om die groei te sien. Maar ongelukkig is daar

nog ʼn groot persentasie van ons blanke Christenmense wat praat van hulle en af praat

op en nie elke individu se talente raak sien nie. Partykeer raak ek ook self kwaad vir

party van hulle en dan is daar swart mense wat presies dieselfde is. Ek het hierdie jaar

vir die eerste keer vir die afgelope 26 jaar wat ek in die Goudveld is, het dit beleef,

rassisme teen my beleef met swart mense wat ek probeer help het deur ʼn publieke

beampte. En dit is vir my baie sleg en ons is besig om dit aan te spreek.

Albert: Ja dit is nogal sleg. Kan ek gou terug gaan na iets wat jy gesê het oor jou pa as

gesondheidsinspekteur. Sê vir my of ek reg is, ek het die idée hy het en die mense van

sy geslag het vir swart mense goeters gedoen half in die sin van ons help julle want

ons weet wat reg is en wat goed is vir julle. Half ʼn stukkie paternalisme. Nie

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!