25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bylaag 11: Opvolggesprek met Johan en Karin

p601

35

36

37

38

39

40

41

42

43

44

45

46

47

48

49

50

51

52

53

54

55

56

57

58

59

60

61

62

63

64

65

66

67

68

69

70

71

dieselfde toilet te gebruik nie. Ja daar het baie dinge verander wat dit aanbetref. Seker

maar ons wat moet aanpas by die storie.

Albert: Maar klink my nie dit is altyd maklik nie, dié aanpas.

Johan: Die probleem is wat dit nog altyd was met rassisme, ons is gewoond, ons

geslag of ons ouderdom, was gewoond aan ʼn leefwyse wat vir jou dié leefwyse was. Jy

het nie daaroor gedink nie, dit is hoe dit was. En ons moes ʼn doelbewuste verandering

maak, nou het jy iets om mee te vergelyk, met in die verlede. Terwyl die nuwe geslag

wat nou deurkom, ek meen, dit is weer... hopelik sal hulle dit makliker kan doen. Dit is

al wat hulle ken. So ja, dit was nie vir ons maklik nie. Ek dink as ʼn ou vir my sê dit is vir

hom maklik om ʼn baby boomer te wees in Suid-Afrika, dan het hy ʼn lekker lewe gehad.

Maar dit was nie alles negatief nie. Ek sê ook nie alles is negatief nie. Dit was net van

dag tot dag partykeer moeilik om alles te aanvaar en daarmee saam te leef.

Albert: Dit was groot aanpassing.

Johan: Baie groot aanpassing.

Albert: Karin jy?

Karin: Wel van 1998 ja ek dink daar was ʼn redelike veranderinge gewees wat my

persoonlike lewe aanbetref op daardie stadium. Want natuurlik het dit so gebeur met

my maatskaplike loopbaan het ek van die begin af het ek saam met swartes gewerk.

En dit was omdat my pa somtyds die inspekteur was wat van die klinieke hanteer het in

die swart gemeenskappe, was dit nie rêrig vir my vreemd gewees nie. Ek was al in die

sewentiger jare meer in die moeilikheid as uit die moeilikheid uit en omdat ek gevra het

vir water en daardie tipe van goed. So, ek was semi-permanent in die moeilikheid en

ek het partykeer die bestuur lelik in die verleentheid gehad. Daardie tyd was ek by

Kindersorg en ek het sommer ʼn kleurlingvrou laat koöpteer op die vergadering en

eintlik was dit toe nog nie in hulle regulasies, dat dit mag gebeur nie. Maar vir my was

dit die mens gewees, en die behoefte van die mens, wat ek raak gesien het daai tyd.

En dit is hoe my pa ook maar gewerk het alhoewel my pa ook maar baie vir aparte

ontwikkeling was. Ek dink toe ons begin het met hierdie storie was ek in ʼn baie kwaad

fase gewees.

Albert: Waaroor?

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!