LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Bylaag 10: Opvolggesprek met Mike en Naomi p598 440 441 442 443 444 445 446 447 448 449 450 451 452 453 454 455 456 457 458 459 460 461 462 463 464 465 466 467 468 469 470 471 472 473 474 475 476 nou die voordeel vir hul swart nasie skep en die blankes word nou in dieselfde bootjie gedompel as die swartes destyds. So dis nie onrealistiese ding wat gebeur of ’n onwerklike ding nie. Dit gebeur nog steeds. Dit gebeur nou net omgekeerd. Naomi: Dis ’n realiteit. Albert: Die pad vorentoe. Hoe voorsien julle, hoe dink julle gaan dit gaan in Suid-Afrika vorentoe? Gaan dit beter gaan? Gaan dit moeiliker gaan? As ’n mens nou dink aan ouens soos die president wat sê bring my masjiengeweer en Julius Malema wat sê ons wil die grond hê en sulke goed. En al die ander goed wat in die land gebeur. Hoe dink julle oor die pad vorentoe? Naomi: Dit is wat ek en Mike gisteraand gepraat het, want ons dink aan jou wat kom en ek sê toe vir hom vir my het die feit dat in 1994 ’n swart regering ingekom het, het my as persoon nog nie geraak nie. Want my lewe gaan nog steeds aan. Ja, ek sien raak dat soos die universiteite meer nie-blankes, of swart mense word toegelaat op universiteite. En jy hoor oor radio – dit is nou weer Afrikaanse radio – wat sê maar daar is diskriminasie teenoor jou opgeleide persoon wat dan nou blank is teenoor jou nieblanke wat dan nou nie opleiding het nie en dan wel die pos kry. So ja daardie regstellende aksies is daar, maar vir my persoonlik het dit nog enigsins my lewe geraak nie. Nee nou jok ek. Dit het my lewe geraak. In 2003 toe ons weg is uit Welkom uit, en dit was ook grotendeels deel van ons beplanning gewees, het klinieke geïntegreerd geraak. Nie swart en wit integrasie nie, dit was al klaar daar gewees, dat daar blankes en nie-blankes dieselfde klinieke kon bywoon. Maar ek het gevoel die werk wat ek en my swart kollega gedoen het, was besig in die afgrond te gaan en dit was om die gemeenskap van psigiatriese pasiënte op ’n pad te gekry het waar hulle kon cope en hulle normaal kon aangaan in die samelewing. En met die integrasie daarvan, by die klinieke waar eintlik verskillende dissiplines – jou moeder en kind, jou gesinsbeplanning, jou psigiatriese pasiënt, jou algemene siek pasiënt – almal dieselfde kliniek bygewoon het. Dit is wat my dwars in die krop gesteek het. Dit was toe nou die swart regering wat daardie besluit geneem het. Ek is nie weg omdat dit ’n swart regering is of dat ek ’n swart werkgewer gekry het nie. Dit het gegaan oor die integrasie, die wetgewing wat veroorsaak het dat ek gesien het dat my werk ten gronde gaan. Mike: My toekoms visie is dié van ’n draadsitter. Maar dit hang absoluut af watter rigting die regering gaan op ’n geloofsplan. Geen regering wat anti Christus is sal kan regeer en almal baat vind daaronder nie.

Bylaag 10: Opvolggesprek met Mike en Naomi p599 477 478 479 480 481 482 483 484 485 486 487 488 489 490 491 492 493 494 495 496 497 498 499 500 Albert: Maar Zuma is dan ’n pastoor by een of ander kerk. Mike: Ja dit is weer een van if I can not believe what you do, how can I believe what you say. Daardie gesegde. My vrese is net een ding: Die geslagte gaan dit verander. Wanneer die jong blanke geslag ontneem word van werklik groei en die meeste van hulle se werkloos… Ons seun gaan nou Australië toe omdat hy nie werk kan kry in Suid-Afrika in dit wat hy wil doen nie. En die mense ons soek vir Maart-maand vyftig jong seuns wat uit die landbouskool uit kom. En hulle moet nou Australië toe gaan want hulle kry nie werk hier nie. Wat ek nou vir jou wil sê is dit: wanneer die geslagte daar kom dat hulle verbind moet wees en hulle het nie hierdie blanke outjies saam met hulle gevat nie, dan gaan die skill vlak, blanke skill vlak gaan uitsterwe en dan gaan nie ’n blanke opvolggroep wees nie, want hulle het almal pad gevat. En dit is die vrees. Ek sê nie Zuma moet my vandag oppas of vir my sorg nie. Ek het my lewe lank vir myself gesorg. Hulle moet vir die jeug van hierdie land, beide swart en wit, sorg dat hulle saam kan opgaan. Want nou die dag het ’n swart mannetjie vir my gesê daar waar ek gewerk het: Ek gaan die enigste een wees wat die baas se job gaan kry. En dan gaan ek van die wit outjies wat my so rondneuk, onslae raak. So wat sê jy? Hy raak van die ouens op dieselfde vlak ontslae en hulle kom in. En dis my vrees. My vrees is glad nie oor die politiek nie, maar hoe gaan die mense die jeug hanteer dwarsdeur die lewe. Albert: Ek dink ons moet net daar stop. Baie dankie. {Einde van die gesprek}.

Bylaag 10: Opvolggesprek met Mike en Naomi

p599

477

478

479

480

481

482

483

484

485

486

487

488

489

490

491

492

493

494

495

496

497

498

499

500

Albert: Maar Zuma is dan ’n pastoor by een of ander kerk.

Mike: Ja dit is weer een van if I can not believe what you do, how can I believe what

you say. Daardie gesegde. My vrese is net een ding: Die geslagte gaan dit verander.

Wanneer die jong blanke geslag ontneem word van werklik groei en die meeste van

hulle se werkloos… Ons seun gaan nou Australië toe omdat hy nie werk kan kry in

Suid-Afrika in dit wat hy wil doen nie. En die mense ons soek vir Maart-maand vyftig

jong seuns wat uit die landbouskool uit kom. En hulle moet nou Australië toe gaan want

hulle kry nie werk hier nie. Wat ek nou vir jou wil sê is dit: wanneer die geslagte daar

kom dat hulle verbind moet wees en hulle het nie hierdie blanke outjies saam met hulle

gevat nie, dan gaan die skill vlak, blanke skill vlak gaan uitsterwe en dan gaan nie ’n

blanke opvolggroep wees nie, want hulle het almal pad gevat. En dit is die vrees. Ek sê

nie Zuma moet my vandag oppas of vir my sorg nie. Ek het my lewe lank vir myself

gesorg. Hulle moet vir die jeug van hierdie land, beide swart en wit, sorg dat hulle

saam kan opgaan. Want nou die dag het ’n swart mannetjie vir my gesê daar waar ek

gewerk het: Ek gaan die enigste een wees wat die baas se job gaan kry. En dan gaan

ek van die wit outjies wat my so rondneuk, onslae raak. So wat sê jy? Hy raak van die

ouens op dieselfde vlak ontslae en hulle kom in. En dis my vrees. My vrees is glad nie

oor die politiek nie, maar hoe gaan die mense die jeug hanteer dwarsdeur die lewe.

Albert: Ek dink ons moet net daar stop. Baie dankie.

{Einde van die gesprek}.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!