LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Bylaag 10: Opvolggesprek met Mike en Naomi p596 367 368 369 370 371 372 373 374 375 376 377 378 379 380 381 382 383 384 385 386 387 388 389 390 391 392 393 394 395 396 397 398 399 400 401 402 Albert: Het dit op die ou end te make met die feit dat ons nog steeds in ’n baie groot mate in verskillende wêrelde beweeg? Hulle het ’n wêreld waarin hulle beweging en ons het ’n wêreld waarin ons beweeg en ons raakpunte is baie min. Is dit nie iets daarvan nie? Mike: Maar daai wat ons in ons eie lewe kies, is uit vrye keuse gedoen. Jy besluit wat jou vriendekring gaan wees. Ons het gelewe met ’n vriendekring wat swart mense ingesluit het. En ons het geen probleem daarmee gehad nie. Ek en hy het die lekkerste golf saam gespeel. Ek en my werkers op die plaas het amper elke middag op die pooltafel op my stoep op die plaas gespeel. Ons het die grootste kompetisies aan gehad terwyl hulle vrouens daar op die stoep gesit het en baie keer koeldrank gedrink het. Die werkskring en die vriendekring is uit vrye keuse gemaak en elke mens behoort dit te doen. Jy kan nie nou vir die mense sê die kerk het gesê ons is jammer ons moet nou uitreik na hulle toe nie. Ons kan help, ons kan finansieel help, ons kan geestelik help, as jy iemand kry wat swaar kry of jy kry iemand in die straat wat bedel en hy kry swaar dan kan jy uitreik na hom toe, maar om hulle in te sluit in jou gemeenskap is nie so maklik nie. Albert: Daar is nog twee goed waaroor ek wil vra. As ons sê goed witmense is in die ou bedeling bevoordeel… Ons het in die vorige groep baie gepraat oor die vraag het ons skuld en as ons skuld het op watter manier moet ons dit aanspreek nou in die nuwe Suid-Afrika? Hoe dink julle daaroor? Het wit mense skuld aan apartheid en indien wel hoe moet ons nou daarmee maak? Moeilike vraag. Nou kom goed soos regstellende aksie op die tafel… Mike: Ek en die meeste deursnee blanke mense sal vir jou sê, as hulle eerlik is, ek het nooit iemand teruggehou nie. Nooit teruggehou om te gaan studeer nie. Het wetgewing hulle teruggehou? Mag hulle na blanke skole toe gegaan het? Albert: Maar nou is die teenvraag daarop, as ek vir ’n oomblik duiwelsadvokaat mag speel: Ja, maar daar sal mense wees wat sal sê daar was wetgewing wat gesê het ek mag nie in ’n blanke skool skoolgaan nie. So jy het ’n voordeel gehad. Jy was in ’n beter skool as ek. Jy kon beter presteer. Jy kon universiteit toe gaan. My opleiding was van so ’n aard ek kon nie.

Bylaag 10: Opvolggesprek met Mike en Naomi p597 403 404 405 406 407 408 409 410 411 412 413 414 415 416 417 418 419 420 421 422 423 424 425 426 427 428 429 430 431 432 433 434 435 436 437 438 439 Mike: Dis wat ek nou eintlik na toe gaan. Was dit ons as gemiddelde mens wat hulle terug gehou het of was dit wetgewing. Albert: Ja, maar ons het gestem vir daardie ouens wat die wetgewing moes instandhou. Mike: Met ander woorde jy kan nie sê ek staan onskuldig van die hele besluit rondom die politiek nie, want ek het daardie mense in mag gehou. Met ander woorde jy kan nou omdraai en sê gedurende daardie tyd was daar derduisende mense wat professore geword het, swartes, ander kleuriges, wat dokters geword het, wat onmiddellik na die regering verander het… toe is daar skielik professore en mense wat dadelik in magsposisies sit. Hulle het die hele regering vervang met ministers en goed wat grade en dit gehad het. Hulle het nog steeds die geleenthede gehad om dit te doen. Wie het vir hulle gehelp om dit te doen? Dit is my vraag. Ek ken boere mense wat ’n hele gesin… Die vriend van my wat ons van praat, hy het drie broers en al drie van hulle het professies. Een is ’n minister vandag, ander een is ingenieur en ander een is hoof van veiligheid. ’n Groot pos. Daardie drie is gestuur om te gaan leer deur die boer. Die boer het hul gestuur. Dit is geïsoleerde gevalle. As jy as boer, of as jy as mens, kon nie die hele land help nie. Jy kon net die bietjie doen wat jy wil. Waaroor ons jammer oor behoort te wees, is nie dat ons nou vreeslik droog gemaak ons het, hulle nou afgeskeep en alles nie. Wat ons jammer behoort te wees oor is wanneer ons ’n regering ondersteun het wat volgens ons Christelike beginsels nie reg gemaak het nie. Dis moes ons gestop het. Naomi: Ek stem heeltemal saam. Jy was onder die keiser gewees en wat die keiser gesê het, moes jy doen. Dis wat die Bybel sê gee die keiser wat hom toekom. So wetgewing het vir ons ’n riglyn gegee. So wat sou jy as individu – wat nie indruk sal maak in ’n regeringsgebied of in ’n parlement nie – wat sou my stemmetjie kon maak as ek gesê maar ek stem nie saam nie. Daar was miljoene ander wat teen my sou gestem het. Albert: Hoekom? Was dit omdat dit vir hul voordelig was of omdat hulle nie verder gedink het daaroor nie? Hoekom het wit mense aangehou vir amper 50 jaar vir die Nasionale Party te stem? Mike: Want dit was lekker. Want jy hoef nie te geworry het oor daai kompetisie nie. En dit is hoe ek voel. Ons het die voordeel daaruit geskep. Net soos die nuwe regering

Bylaag 10: Opvolggesprek met Mike en Naomi

p597

403

404

405

406

407

408

409

410

411

412

413

414

415

416

417

418

419

420

421

422

423

424

425

426

427

428

429

430

431

432

433

434

435

436

437

438

439

Mike: Dis wat ek nou eintlik na toe gaan. Was dit ons as gemiddelde mens wat hulle

terug gehou het of was dit wetgewing.

Albert: Ja, maar ons het gestem vir daardie ouens wat die wetgewing moes

instandhou.

Mike: Met ander woorde jy kan nie sê ek staan onskuldig van die hele besluit rondom

die politiek nie, want ek het daardie mense in mag gehou. Met ander woorde jy kan

nou omdraai en sê gedurende daardie tyd was daar derduisende mense wat

professore geword het, swartes, ander kleuriges, wat dokters geword het, wat

onmiddellik na die regering verander het… toe is daar skielik professore en mense wat

dadelik in magsposisies sit. Hulle het die hele regering vervang met ministers en goed

wat grade en dit gehad het. Hulle het nog steeds die geleenthede gehad om dit te

doen. Wie het vir hulle gehelp om dit te doen? Dit is my vraag. Ek ken boere mense

wat ’n hele gesin… Die vriend van my wat ons van praat, hy het drie broers en al drie

van hulle het professies. Een is ’n minister vandag, ander een is ingenieur en ander

een is hoof van veiligheid. ’n Groot pos. Daardie drie is gestuur om te gaan leer deur

die boer. Die boer het hul gestuur. Dit is geïsoleerde gevalle. As jy as boer, of as jy as

mens, kon nie die hele land help nie. Jy kon net die bietjie doen wat jy wil. Waaroor ons

jammer oor behoort te wees, is nie dat ons nou vreeslik droog gemaak ons het, hulle

nou afgeskeep en alles nie. Wat ons jammer behoort te wees oor is wanneer ons ’n

regering ondersteun het wat volgens ons Christelike beginsels nie reg gemaak het nie.

Dis moes ons gestop het.

Naomi: Ek stem heeltemal saam. Jy was onder die keiser gewees en wat die keiser

gesê het, moes jy doen. Dis wat die Bybel sê gee die keiser wat hom toekom. So

wetgewing het vir ons ’n riglyn gegee. So wat sou jy as individu – wat nie indruk sal

maak in ’n regeringsgebied of in ’n parlement nie – wat sou my stemmetjie kon maak

as ek gesê maar ek stem nie saam nie. Daar was miljoene ander wat teen my sou

gestem het.

Albert: Hoekom? Was dit omdat dit vir hul voordelig was of omdat hulle nie verder

gedink het daaroor nie? Hoekom het wit mense aangehou vir amper 50 jaar vir die

Nasionale Party te stem?

Mike: Want dit was lekker. Want jy hoef nie te geworry het oor daai kompetisie nie. En

dit is hoe ek voel. Ons het die voordeel daaruit geskep. Net soos die nuwe regering

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!