LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Bylaag 10: Opvolggesprek met Mike en Naomi p588 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 konserte te reël, so dit is uitreiking van individu na hulle toe. Die kontak wat die breë blanke publiek het, dink ek is maar baie min. Daar is sekere redes seker daarvoor. Om aan te gaan wat Naomi gesê het van die kleurling gemeenskap: Jy het dit basies in alle dorpe en stede. Wat hier gebeur is... dis ’n klein besigheidsentrum en dit is die boere se werkers en dit is die manne wat inkom van buite af op ’n naweek in daardie dorpie. Maar as jy ’n stad het, waar ons was, het jy ’n groot keuse van waar jy wil gaan koop. Hier het jy dit nie. Met ander woorde jy voel vertrap. Naomi: Ja, want dit is in jou gesig. Mike: Daar is nie ander winkels nie. Jy kan nie na ’n mall toe gaan en so nie jy moet dit aanvaar. Dis wat dit is. Albert: Dit was nog altyd so Prieska, nè? Mike: Dit is ʼn leefwyse wat al die jare so is. As ek jou moet antwoord op oor hoe het die mense verander, die blankes teenoor… hoeveel verdraagsaamheid het hulle aangeleer, dan moet ek vir jou sê die boeregemeenskap vind dit baie moeilik om te verander. Die breër kerkgemeenskap sal ek sê, die groepies wat saam kom, die vroueverenigings en daai tipe goed, reik uit. Hulle doen moeite. Albert: Het die feit dat die boerdery gemeenskap ’n bepaalde opset het, kom ons sê jy het die boer, die plaaseienaar, en jy het die werkers. So daar is altyd ’n werkgewerwerknemer verhouding, en dis gewoonlik tussen die verskillende rasse. Dit het nie verander nie. Mike: Geensins nie. Albert: Daar is natuurlik mense wat sê daar is ’n klomp witmense in Suid-Afrika wat leef nog leef asof dit voor 1994 is, asof niks verander het nie… Mike: Ek moet sê wat ek hier beleef het, soos ons net nou gepraat het… Die skemamense bring in ’n honderd mense op ’n slag. Hulle gaan nou stroop, of hulle gaan nou dit doen, of hulle gaan pluk dit, en dit is deeltydse werkers. Naomi: Maar hulle het kos op die tafel vanaand…

Bylaag 10: Opvolggesprek met Mike en Naomi p589 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 Mike: Ja, maar wag eers, wat ek wou sê: Die verhouding wat jy met so werker het, kan nie noodwendig wees soos wat jy het as jy twee of drie op die plaas het wat jy ken en wat jy al jare mee saamwerk nie. Dan kry jy hierdie klomp onbekendes hulle moet net ’n job kom doen vir betaling. Nou, die boere voel oor die algemeen, as gevolg van die diefstal wil hulle nie ’n verhouding bou nie, want dan ken die ouens die plek en een van die dae het jy ’n probleem, ’n groter probleem. So hulle klou nog vas. Die feit dat jy sê daar is seker mense – ek sal nie net sê boere nie, ek sal sê sekere blankes – wat nog glad nie ’n tree vorentoe beweeg het van daardie jare af nie. Glad nie. En wat die redes daarvoor is, is uiteenlopend… Albert: Maar daar is ’n klomp sulkes? Mike: Daar is definitief. Jy kry die mense wat sê ek kan jou nie verdra nie, ek hou net nie van jou nie. Albert: Dit is vir my interessant. Dit lyk my daar is tog ’n klomp ouens is wat... witmense wat net nie aanbeweeg het nie. Op die een of ander manier probeer hulle nog hul lewe so inruim dat dit nog kan wees soos dit in die apartheidjare was. Mike: En dalk hoop dit gaan weer so word. Maar ek dink jy moet jou kop laat lees as jy so dink. Jy kan nooit weer teruggaan nie. Ons besef dit, maar daar is vanaand van die ouer garde wat sê kyk ek lewe al 60, 70 jaar so. So moenie van my verwag om die laaste vyf jaar van my lewe te verander nie. So ek dink ook dat die verandering gaan meer geslagsgebonde wees as wetgewing… Albert: Met ander woorde die volgende geslag gaan dit makliker vind en die gelag daarna nog makliker. Mike: Verseker. Ons seun speel rugby vir die dorpspan, en in die dorpspan is daar 40% kleurlinge. Ek het al vir hom gevra, as julle nou na ’n wedstryd is so bymekaar kom, sit hulle nou eenkant? Dan sê hy nee, hulle is deel van ons. En mense wat hulle skeef aankyk moet met die span te doen kry. Albert: Want dit is daardie jongmense se leefwêreld. En as ons praat ook ons geslag, ons ouderdom?

Bylaag 10: Opvolggesprek met Mike en Naomi

p588

73

74

75

76

77

78

79

80

81

82

83

84

85

86

87

88

89

90

91

92

93

94

95

96

97

98

99

100

101

102

103

104

105

106

107

108

109

konserte te reël, so dit is uitreiking van individu na hulle toe. Die kontak wat die breë

blanke publiek het, dink ek is maar baie min. Daar is sekere redes seker daarvoor. Om

aan te gaan wat Naomi gesê het van die kleurling gemeenskap: Jy het dit basies in alle

dorpe en stede. Wat hier gebeur is... dis ’n klein besigheidsentrum en dit is die boere

se werkers en dit is die manne wat inkom van buite af op ’n naweek in daardie dorpie.

Maar as jy ’n stad het, waar ons was, het jy ’n groot keuse van waar jy wil gaan koop.

Hier het jy dit nie. Met ander woorde jy voel vertrap.

Naomi: Ja, want dit is in jou gesig.

Mike: Daar is nie ander winkels nie. Jy kan nie na ’n mall toe gaan en so nie jy moet dit

aanvaar. Dis wat dit is.

Albert: Dit was nog altyd so Prieska, nè?

Mike: Dit is ʼn leefwyse wat al die jare so is. As ek jou moet antwoord op oor hoe het die

mense verander, die blankes teenoor… hoeveel verdraagsaamheid het hulle

aangeleer, dan moet ek vir jou sê die boeregemeenskap vind dit baie moeilik om te

verander. Die breër kerkgemeenskap sal ek sê, die groepies wat saam kom, die

vroueverenigings en daai tipe goed, reik uit. Hulle doen moeite.

Albert: Het die feit dat die boerdery gemeenskap ’n bepaalde opset het, kom ons sê jy

het die boer, die plaaseienaar, en jy het die werkers. So daar is altyd ’n werkgewerwerknemer

verhouding, en dis gewoonlik tussen die verskillende rasse. Dit het nie

verander nie.

Mike: Geensins nie.

Albert: Daar is natuurlik mense wat sê daar is ’n klomp witmense in Suid-Afrika wat leef

nog leef asof dit voor 1994 is, asof niks verander het nie…

Mike: Ek moet sê wat ek hier beleef het, soos ons net nou gepraat het… Die skemamense

bring in ’n honderd mense op ’n slag. Hulle gaan nou stroop, of hulle gaan nou

dit doen, of hulle gaan pluk dit, en dit is deeltydse werkers.

Naomi: Maar hulle het kos op die tafel vanaand…

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!