25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bylaag 10: Opvolggesprek met Mike en Naomi

p586

Lewe na apartheid 2012 – Gesprek 10: Opvolggesprek met Mike en Naomi

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10

11

12

13

14

15

16

17

18

19

20

21

22

23

24

25

26

27

28

29

30

31

32

33

34

35

Albert: Ek wil begin dat ons eers iets sê oor wat met julle gebeur het sedert 1998,

sedert die eerste reeks gesprekke. Die feit dat julle geskuif het, en wat is julle ervaring

hier… Ook die vraag hoe ervaar julle die mense hier, is hulle julle mense oor die

algemeen? Ons praat spesifiek oor wit Afrikaanse Christene, is hulle meer rassisties, is

hulle minder rassisties? Dink julle ons koppe het ’n bietjie geskuif? Ek wil praat oor

apartheid self: Hoe dink julle nou as julle nou met die voordeel van hind sight kan

terugkyk… Hoe dink julle nou daaroor? Ons moet praat oor skuld: Hoe dink julle nou

oor skuld en so aan? Ons het in die eerste reeks gesprekke daaroor ’n bietjie gedagtes

gewissel. Die rol van die kerk is vir ons belangrik. Ek wil graag hoor hoe julle dink oor

die kerk. Speel die kerk ’n positiewe rol? Wat kan die kerk anders doen en so meer. En

laastens oor die pad vorentoe: Hoe dink julle oor die pad vorentoe? Die tema, sê ek

weer, is hoe leef wit Afrikaanse Christene in die nuwe Suid-Afrika, gegewe ’n baie

spesifieke agtergrond wat ons gehad het. Ons was die bevoordeeldes in die ou

bedeling. Sommige sal sê dit was nou maar toevallig, ander ouens sal erken ja dit was

vir ons baie goed gewees, of wat ook al. Die feit is ons was aan die bevoordeelde kant.

Nou het dinge ’n bietjie omgedraai. Die situasie is nou ’n bietjie anders. Kom vertel my

nou net gou wat het sedertdien gebeur. Hoe ervaar julle die mense waar julle nou is?

Mike: Wel ek het netnou daaraan geraak toe ons gesels het, toe het ek gesê dit is ’n

spesifieke Noord-Kaap gemeenskap, ’n boere gemeenskap wat hard gewerk het vir dit

wat hul bereik het. En nog steeds hard werk. Ek dink die kerk is hulle middelpunt. Alles

draai om dit. Dit het ek beleef orals waar ek gegaan het; hoe kleiner die gemeenskap

hoe verder jy weg van die stede af gaan, hoe meer intens is die mense rondom hulle

godsdiens. Want hulle is so afhanklik van die natuur, van die reën, van al daardie

goed. Ek vind – in hierdie area waar ons nou is – vind hulle is baie intense mense. Wat

ek wel vind, in die negatiewe kant, is die opbreek van kerke. Net in die tyd wat ons hier

is, het hier nuwe kerke onstaan wat weggebreek het van die NG Kerk. En hulle het ’n

sekere groepie mense saam met hulle gevat. En ’n kerk gebou hierso wat beteken hier

is kerke wat half leeg is, maar daar is nou meer kerke.

Albert: Dit is ’n algemene ding.

Mike: Ja, dit vind ek hierso. Baie keer praat ons en dan vra ons eintlik wat is die

boodskap, hoekom sal mense wegbreek van kerk af? Gaan dit oor die dominee, gaan

dit oor ek hou nie van daardie mense nie, is dit die ryk en arm, jy weet daardie tipe van

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!