25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Bylaag 9: Opvolggesprek met Elsa en Frans

p584

847

848

849

850

851

852

853

854

855

856

857

858

859

860

861

862

863

864

865

866

867

868

869

870

871

872

873

874

875

876

877

878

879

880

881

882

Albert: Laaste goed. Hoe dink julle oor die toekoms? Wat hou die toekoms van Suid-

Afrika nou in vir ons.

Frans: Ek is baie positief oor die toekoms ten spyte daarvan dat daar nou baie ouens is

wat nou hana-hana en stories het oor baie dinge. As jy gaan kyk na die situasie in die

land en watse ontwikkeling het daar nou gekom met die wêreldbeker, met die bou van

die stadions en die nuwe lughawens. Terwyl die goed om jou verval, die paaie en die

rioolsisteem en hierdie ander goete, dat jy ten spyte van dit, nog hierdie ander dinge tot

stand kon gebring het wat nou uitstaan dan sê ek vir jou dit is goed. En dit is goed wat

nou agtergelaat is wat nou reg bestuur moet word. En dit klink tog vir my as ʼn mens

nou terug kom na die politieke kant toe... Die ouens wat nou so stadigaan begin sien

dat daar moet ander mense, ander strukture in plek kom. Dit klink tog of daar meer

checks and balances kom in die regering en daai tipe van goed. So ek is positief

daaroor. Ek dink die potensiaal is hierso. Ons het dit. Ons is ʼn ryk land in meer as een

opsig. Ek dink net daar vind wanbestuur plaas. En as ek sê wanbestuur dan dink ek

van voetsool vlak af. Ek dink die regering kan die arm mense beter bestuur. Dit klink

nou amper soos ʼn kibboets stelsel of so ʼn tipe van ding. Maar dink daaroor as ʼn mens

daai tipe mense kon gebruik het om te plant en te dit en te dat, om selfvoorsienend te

wees. En soos Elsa vroeër in die gesprek gesê het, nog niks het in my lewe verander

nie. Ek eet nog my broodjie, ek bly nog waar ek bly en ek meng met wie ek wil meng

en ek kan dit sien dat dit gaan beter word vorentoe.

Albert: In terme van verhoudings tussen die verskillende rasse?

Frans: Albert met wat ons gesê het, of wat ek gesê het, wat my ondervinding was. Ons

beweeg nou wel in ʼn klein kringetjie, maar ek dink dit sal beter word in die toekoms. Ek

dink byvoorbeeld, sommer die heel eerste ding.. die groot internasionale rugbywedstryd

wat in Soweto plaasgevind het. Ek wens ek kon daar gewees het.

Albert: Is daar nie ʼn stukkie goddelike humor daarin nie? Want jy kry nou hierdie erge

verregse Blou Bul ondersteuners wat Soweto toe gaan om rugby te kyk.

Frans: Ek dink dit is magic.

Albert: Ja ek dink Hy smile al die pad.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!