LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem p44 beskryf word (Buthelezi 2004:elektroniese bron). Hermann (2011) skryf ook later “ʼn brief aan my dogters” waarin hy sy (en daarmee saam Afrikaners in die breë) se posisie in Suid-Afrika verdedig. Hy begin sy verhaal by die eerste familielid wat in 1658 reeds in die Kaap aangekom het. Dan vertel hy die verhaal van elf opeenvolgende geslagte wat geworstel het om as Afrikane ʼn bestaan te maak in hulle gekose kontinent. Sy polemiek is teen ʼn “verdraaide geskiedenis” (Hermann 2011:7) wat daarop gemik is “om ons Afrikaners in ʼn permanente posisie van skuld te plaas.” Een van die meer onlangse bronne oor die rol en posisie van wit Afrikaners in die postapartheid Suid-Afrika is Knowledge in the blood van Jansen (2009). Hierin vertel hy van sy ervarings met studente aan die Universiteit van Pretoria. Alhoewel hy primêr fokus op wat hy noem “second generation” (Jansen 2009:171) Afrikaners, is sy ontledings net so relevant vir wit Afrikaners van alle generasies. Op kerklike terrein verskyn prof. Willie Jonker se boek Selfs die kerk kan verander in 1998. Hierin maak hy dit duidelik dat die NG Kerk só met die politiek vereenselwig het, dat sy nie aan “haar profetiese roeping getrou kon bly nie” (Jonker 1998:3) en dat die NG Kerk se steun vir apartheid slegs gedien het “om die bevoorregte posisie van die blanke minderheid moreel te legitimeer” (Jonker 1998:42). Hy deel sy ontnugtering toe hy vir die eerste maal besef “hoe verwerplik ons vir die swart mense van Afrika was” (Jonker 1998:153). Die debat in die NG Kerk oor kerkhereniging en lidmate se skynbare weerstand daarteen noodsaak 'n ernstige selfondersoek onder wit Afrikaners wat lidmate van die NG Kerk is. Dit is teen hierdie agtergrond dat die opvolgnavorsing gedoen word. In 2010 stel die uitvoerende direkteur en een van die senior navorsers van die Instituut vir Geregtigheid en Versoening ʼn boek saam oor versoening (Du Toit & Doxtader 2010). Hierin skryf sewentien prominente Suid-Afrikaners oor die ingewikkelde en “persistent” kwessie van versoening wat sestien jaar in die post-apartheid bedeling steeds relevant bly. Hulle sluit aan by die WVK wat ons baie geleer het oor die waarde van versoening, maar “did not teach us much about how to carry on the process for ourselves” (Du Toit & Doxtader 2010:ix).

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem p45 In die afgelope veertien jaar is daar nie net populêr geskryf nie, maar ook akademies is daar verskillende bydraes gelewer ten opsigte van die taak van die kerk. “Drawing on the empirical research of scholars” (Osmer 2008:41) het verskeie bydraes ’n invloed op my eie navorsing gehad. Die eerste is Liese Meiring (2000) se M.Th.-studie Renouncing racism in a Dutch Reformed Congregation. Sy voer 'n reeks gesprekke met lidmate van die NG Kerk waartydens Antjie Krog se boek Country of my skull (1998a) bespreek word. Dié boek is ook relevant in hierdie navorsing en dieselfde temas is met die mede-navorsers bespreek en vind neerslag in hierdie navorsingsverslag. ʼn Tweede is Shena Hess (2003) se A pastoral response to some of the challenges of reconciliation in South Africa following on from the truth and reconciliation Commission. Hess werk met 'n groep vroue wat hulle mans of kinders verloor het in die apartheidjare. Na die onthullings voor die WVK werk sy ook met diegene wat die dade gepleeg het waarin die mans of kinders vermoor is. Sy poog dan om 'n veilige konteks te skep waarin hierdie oortreders verantwoordelikheid neem vir hulle dade en sodoende tot heling begelei kan word. Haar temas van skuld en verantwoordelikheid resoneer met die inhoud van hierdie navorsing. Die doktorale studie van Neels Els (2008), waarvan ʼn gedeelte in ʼn populêre vorm in ʼn koerantartikel (Els 2010) verskyn het, plaas belangrike sake op die tafel wat ook in hierdie navorsing aan die orde kom. Onder die opskrif Was David Bosch reg?, sluit Els (2010) aan by twaalf stellings wat David Bosch reeds in 1985 gemaak het oor die versoeningsproses in Suid-Afrika. Hierin wys Bosch onder andere daarop dat ware versoening nie goedkoop is nie; versoening nie gebeur sonder belydenis en vergifnis nie; en dat die ergste skuld dié is waarvan ons nie weet nie. In die onlangse verlede het daar ook verskeie artikels verskyn wat relevant is vir hierde studie. Thesnaar (2010 en 2011) skryf oor die werk wat hy gedoen het oor die rol van herinnerings in die bevryding van die trauma van die verlede. Hierin sluit hy ook aan by die werk van die WVK en beklemtoon die belang van die gemeente as veilige plek waar hierdie trauma hanteer kan word. Meer onlangs was daar die reeks artikels van Kruger en Hofmeyr (2009a, 2009b, 2011) oor ʼn era van verandering vir die NG Kerk sedert 1990. In hierdie reeks kyk die skrywers na die “NG Kerk se erfenis van burgerlike godsdiens en apartheids-teologie,

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p44

beskryf word (Buthelezi 2004:elektroniese bron).

Hermann (2011) skryf ook later “ʼn brief aan my dogters” waarin hy sy (en daarmee

saam Afrikaners in die breë) se posisie in Suid-Afrika verdedig. Hy begin sy verhaal by

die eerste familielid wat in 1658 reeds in die Kaap aangekom het. Dan vertel hy die

verhaal van elf opeenvolgende geslagte wat geworstel het om as Afrikane ʼn bestaan te

maak in hulle gekose kontinent. Sy polemiek is teen ʼn “verdraaide geskiedenis”

(Hermann 2011:7) wat daarop gemik is “om ons Afrikaners in ʼn permanente posisie

van skuld te plaas.”

Een van die meer onlangse bronne oor die rol en posisie van wit Afrikaners in die postapartheid

Suid-Afrika is Knowledge in the blood van Jansen (2009). Hierin vertel hy van

sy ervarings met studente aan die Universiteit van Pretoria. Alhoewel hy primêr fokus

op wat hy noem “second generation” (Jansen 2009:171) Afrikaners, is sy ontledings net

so relevant vir wit Afrikaners van alle generasies.

Op kerklike terrein verskyn prof. Willie Jonker se boek Selfs die kerk kan verander in

1998. Hierin maak hy dit duidelik dat die NG Kerk só met die politiek vereenselwig het,

dat sy nie aan “haar profetiese roeping getrou kon bly nie” (Jonker 1998:3) en dat die

NG Kerk se steun vir apartheid slegs gedien het “om die bevoorregte posisie van die

blanke minderheid moreel te legitimeer” (Jonker 1998:42). Hy deel sy ontnugtering toe

hy vir die eerste maal besef “hoe verwerplik ons vir die swart mense van Afrika was”

(Jonker 1998:153). Die debat in die NG Kerk oor kerkhereniging en lidmate se

skynbare weerstand daarteen noodsaak 'n ernstige selfondersoek onder wit Afrikaners

wat lidmate van die NG Kerk is. Dit is teen hierdie agtergrond dat die opvolgnavorsing

gedoen word.

In 2010 stel die uitvoerende direkteur en een van die senior navorsers van die Instituut

vir Geregtigheid en Versoening ʼn boek saam oor versoening (Du Toit & Doxtader

2010). Hierin skryf sewentien prominente Suid-Afrikaners oor die ingewikkelde en

“persistent” kwessie van versoening wat sestien jaar in die post-apartheid bedeling

steeds relevant bly. Hulle sluit aan by die WVK wat ons baie geleer het oor die waarde

van versoening, maar “did not teach us much about how to carry on the process for

ourselves” (Du Toit & Doxtader 2010:ix).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!