25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Bylaag 9: Opvolggesprek met Elsa en Frans

p583

810

811

812

813

814

815

816

817

818

819

820

821

822

823

824

825

826

827

828

829

830

831

832

833

834

835

836

837

838

839

840

841

842

843

844

845

846

wil nie hê ons moet saam smelt nie want die swartes gaan oorneem. En dan is daar

natuurlik ander ouens wat sê die NG Kerk se groot storie is geld. Hy wil nie sy geld

deel met die swartes en die kleurlinge nie, want die NG Kerk is ryk en het baie

besittings. Hulle is bang en ook om die beheer te verloor. Om hulle baasskap te verloor

met ander woorde. My persoonlike siening is dat die kerk nie ʼn verskil maak nie.

Albert: Dit is nogal ʼn aanklag teen die kerk dat ons dit nie doen nie. Ons is darem seker

veronderstel om die een instansie, nee verkeerde woord, een groepering van die

samelewing te wees wat juis iets daarvan kan sigbaar maak. Net gou ʼn vraag, destyds

het die... aanvanklik van die NG Sendingkerk op ʼn stadium gekom dat as ek nou my

geskiedenis reg het dat apartheid is ʼn kettery. Nou kettery is ʼn sterk woord, dit is ʼn ding

wat sê as jy dit glo kan jy nie ook die evangelie van Jesus Christus se verlossing glo

nie. Dit wat jy glo is ʼn kettery, want dit plaas die evangelie op die spel. Nou is my vraag

hoe dink julle daaroor as ʼn mens nou terug dink? Dink julle dit is ʼn regte beskrywing?

Elsa: Ek dink verseker so. Ek dink verseker so Albert.

Albert: Hoekom sê jy so? Wat laat jou so sê dat apartheid so... Kyk, in een van die

gesprekke het ek aangehaal van een ou wat gesê het... dit was ʼn dominee van ʼn

buurdorp wat gesê het maar apartheid was net ʼn blaps. Teenoor ouens wat sê maar

apartheid is kettery.

Elsa: Albert, ek kan net... vir my maak dit absoluut nie sin dat ek doen en glo wat die

Bybel sê jy moet jou Here jou God liefhê en jou naaste soos jouself. As jy daai goed

nie doen nie, as jy mense nie beskou as mense nie, dan kan jy mos nie vir God rêrig

liefhê nie.

Frans: Met ander woorde dit is mensgemaakte strukture wat dan eintlik keer dat jy die

evangelie suiwer kan geniet. En daai mensgemaakte struktuur, die kerk, vroeër jare...

ek het nou die dag ʼn gesprek met iemand gehad, was baie dominees, baie

skoolhoofde en baie ouens was Broederbond-ouens gewees. En so was jou

parlementslede gewees. En die kerk het eintlik die staat regeer op ʼn stadium, op ʼn baie

subtiele wyse. Daar is ʼn groot kruisbevrugtiging tussen die twee goed gewees. So daai

struktuur wat die staat daar gestel het, is toe geregverdig uit die kerk uit en dit het

verhoed dat die evangelie suiwer bedien kan word. So ek het begrip daarvoor vir daai

ou wat gesê het dit is kettery, nou in aanhalings tekens né.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!