LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
Bylaag 9: Opvolggesprek met Elsa en Frans p582 773 774 775 776 777 778 779 780 781 782 783 784 785 786 787 788 789 790 791 792 793 794 795 796 797 798 799 800 801 802 803 804 805 806 807 808 809 Elsa: Ek beleef nie rêrig so iets nie. Frans sê nou vir jou ons gaan nie meer kerk toe nie, maar in die tye wat ek in die kerk gekom het, gaan jy soontoe en dit is die gewone ritueel, daar word uit die Bybel gelees en daar word vir jou gepreek. Ek het bitter min gehoor oor hoe ons onself moet verander teenoor ander rasse en moet versoen met die mense. Wat daar vir ons gesê is apartheid is ʼn euwel, ek het dit nie van die kansel af gehoor nie. Albert: Met ander woorde die kerk is nog soos altyd, dis business as usual. Elsa: Weet jy hoe voel ek oor die kerk deesdae? Dit is ʼn klub. Die NG Kerk hier is ʼn klub waaraan sekere groepe mense behoort wat graag soontoe wil gaan. Dit is nie oop vir enige ou nie. Die swart mense gaan nog steeds nie na ons kerk toe nie. Die bruin mense gaan nog steeds nie na ons kerk toe nie. Ten spyte daarvan dat die kerk jare gelede oopgestel is. Daar is nie... die gesindheid is nog nie oop nie. Ek meen die NG kerke is nog nie een nie, daar is nog steeds verskillende NG kerke vir die swartes en die bruines en die wit mense. Ek meen, wat wys dit vir die lidmate van apartheid. Albert: Nee ek hoor jou, nou daar is seker uiteraard baie wat ʼn mens daaroor kan sê, maar ek dink jy is reg om te sê die gesindheid binne die kerke nog nie oop nie. Op papier is die kerke oop. Dit is interessant, ek het nou die Sondag gepreek... Ek preek vanjaar uit en uit volgens die leesrooster wat veral by die Engelse kerke gebruik word. Die gedeelte nou die Sondag was Johannes sewentien van vers twintig waar Jesus vir die dissipels bid. Dan bid Hy pertinent vir eenheid, want hy sê dat julle eenheid sal maak dat die wêreld glo. Toe noem ek dit as ʼn voorbeeld dat die kerk in sy gesindheid ʼn oop ontvanklike houding moet hê vir mense anders is as ons. Want die eenheid in die kerk het niks te make met die eendersheid dat almal soos ek moet wees nie. Ons moet ʼn eenheid met Christus wees wat na vore moet kom en so aan. Maar toe ek daaroor preek toe dink ek ook daaroor maar ons is nie baie oop daaroor nie. Elsa: Kyk ek het vir ʼn tyd lank ʼn Bybelstudiegroep hier bygewoon. En nou luister ek maar so waaroor die vrouens praat. Ek bly liewers deesdae weg, ek kom te sterk oor met wat ek wil sê. Mense neem aanstoot daaroor. Maar dat... die groot storie vir die mense, die groepie wat ek nou daar bygewoon het, hoekom hulle nie wil hê die kerke moet saamsmelt nie. Want dan gaan die swartes ons kerke oorstroom. So dit is nog steeds hulle houding. Maar ek meen, goed wie is nou eintlik die kerk maar dit is die sinode wat op die ou einde die besluit moet neem. Ek meen die sinode bestaan maar uit lidmate en uit predikante uit. So maar dit is nog steeds die mense se houding. Hulle
Bylaag 9: Opvolggesprek met Elsa en Frans p583 810 811 812 813 814 815 816 817 818 819 820 821 822 823 824 825 826 827 828 829 830 831 832 833 834 835 836 837 838 839 840 841 842 843 844 845 846 wil nie hê ons moet saam smelt nie want die swartes gaan oorneem. En dan is daar natuurlik ander ouens wat sê die NG Kerk se groot storie is geld. Hy wil nie sy geld deel met die swartes en die kleurlinge nie, want die NG Kerk is ryk en het baie besittings. Hulle is bang en ook om die beheer te verloor. Om hulle baasskap te verloor met ander woorde. My persoonlike siening is dat die kerk nie ʼn verskil maak nie. Albert: Dit is nogal ʼn aanklag teen die kerk dat ons dit nie doen nie. Ons is darem seker veronderstel om die een instansie, nee verkeerde woord, een groepering van die samelewing te wees wat juis iets daarvan kan sigbaar maak. Net gou ʼn vraag, destyds het die... aanvanklik van die NG Sendingkerk op ʼn stadium gekom dat as ek nou my geskiedenis reg het dat apartheid is ʼn kettery. Nou kettery is ʼn sterk woord, dit is ʼn ding wat sê as jy dit glo kan jy nie ook die evangelie van Jesus Christus se verlossing glo nie. Dit wat jy glo is ʼn kettery, want dit plaas die evangelie op die spel. Nou is my vraag hoe dink julle daaroor as ʼn mens nou terug dink? Dink julle dit is ʼn regte beskrywing? Elsa: Ek dink verseker so. Ek dink verseker so Albert. Albert: Hoekom sê jy so? Wat laat jou so sê dat apartheid so... Kyk, in een van die gesprekke het ek aangehaal van een ou wat gesê het... dit was ʼn dominee van ʼn buurdorp wat gesê het maar apartheid was net ʼn blaps. Teenoor ouens wat sê maar apartheid is kettery. Elsa: Albert, ek kan net... vir my maak dit absoluut nie sin dat ek doen en glo wat die Bybel sê jy moet jou Here jou God liefhê en jou naaste soos jouself. As jy daai goed nie doen nie, as jy mense nie beskou as mense nie, dan kan jy mos nie vir God rêrig liefhê nie. Frans: Met ander woorde dit is mensgemaakte strukture wat dan eintlik keer dat jy die evangelie suiwer kan geniet. En daai mensgemaakte struktuur, die kerk, vroeër jare... ek het nou die dag ʼn gesprek met iemand gehad, was baie dominees, baie skoolhoofde en baie ouens was Broederbond-ouens gewees. En so was jou parlementslede gewees. En die kerk het eintlik die staat regeer op ʼn stadium, op ʼn baie subtiele wyse. Daar is ʼn groot kruisbevrugtiging tussen die twee goed gewees. So daai struktuur wat die staat daar gestel het, is toe geregverdig uit die kerk uit en dit het verhoed dat die evangelie suiwer bedien kan word. So ek het begrip daarvoor vir daai ou wat gesê het dit is kettery, nou in aanhalings tekens né.
- Page 547 and 548: Bylaag 7: Gesprek 7 (4 November 199
- Page 549 and 550: Bylaag 7: Gesprek 7 (4 November 199
- Page 551 and 552: Bylaag 7: Gesprek 7 (4 November 199
- Page 553 and 554: Bylaag 7: Gesprek 7 (4 November 199
- Page 555 and 556: Bylaag 7: Gesprek 7 (4 November 199
- Page 557 and 558: Bylaag 7: Gesprek 7 (4 November 199
- Page 559 and 560: Bylaag 8: Gesprek 8 (19 November 19
- Page 561 and 562: Bylaag 8: Gesprek 8 (19 November 19
- Page 563 and 564: Bylaag 8: Gesprek 8 (19 November 19
- Page 565 and 566: Bylaag 8: Gesprek 8 (19 November 19
- Page 567 and 568: Bylaag 8: Gesprek 8 (19 November 19
- Page 569 and 570: Bylaag 8: Gesprek 8 (19 November 19
- Page 571 and 572: Bylaag 8: Gesprek 8 (19 November 19
- Page 573 and 574: Bylaag 8: Gesprek 8 (19 November 19
- Page 575 and 576: Bylaag 8: Gesprek 8 (19 November 19
- Page 577 and 578: Bylaag 9: Opvolggesprek met Elsa en
- Page 579 and 580: Bylaag 9: Opvolggesprek met Elsa en
- Page 581 and 582: Bylaag 9: Opvolggesprek met Elsa en
- Page 583 and 584: Bylaag 9: Opvolggesprek met Elsa en
- Page 585 and 586: Bylaag 9: Opvolggesprek met Elsa en
- Page 587 and 588: Bylaag 9: Opvolggesprek met Elsa en
- Page 589 and 590: Bylaag 9: Opvolggesprek met Elsa en
- Page 591 and 592: Bylaag 9: Opvolggesprek met Elsa en
- Page 593 and 594: Bylaag 9: Opvolggesprek met Elsa en
- Page 595 and 596: Bylaag 9: Opvolggesprek met Elsa en
- Page 597: Bylaag 9: Opvolggesprek met Elsa en
- Page 601 and 602: Bylaag 9: Opvolggesprek met Elsa en
- Page 603 and 604: Bylaag 10: Opvolggesprek met Mike e
- Page 605 and 606: Bylaag 10: Opvolggesprek met Mike e
- Page 607 and 608: Bylaag 10: Opvolggesprek met Mike e
- Page 609 and 610: Bylaag 10: Opvolggesprek met Mike e
- Page 611 and 612: Bylaag 10: Opvolggesprek met Mike e
- Page 613 and 614: Bylaag 10: Opvolggesprek met Mike e
- Page 615 and 616: Bylaag 10: Opvolggesprek met Mike e
- Page 617 and 618: Bylaag 11: Opvolggesprek met Johan
- Page 619 and 620: Bylaag 11: Opvolggesprek met Johan
- Page 621 and 622: Bylaag 11: Opvolggesprek met Johan
- Page 623 and 624: Bylaag 11: Opvolggesprek met Johan
- Page 625 and 626: Bylaag 12: Opvolggesprek met Hanlie
- Page 627 and 628: Bylaag 12: Opvolggesprek met Hanlie
- Page 629 and 630: Bylaag 12: Opvolggesprek met Hanlie
- Page 631 and 632: Bylaag 12: Opvolggesprek met Hanlie
- Page 633 and 634: Bylaag 12: Opvolggesprek met Hanlie
- Page 635 and 636: Bylaag 12: Opvolggesprek met Hanlie
- Page 637 and 638: Bylaag 12: Opvolggesprek met Hanlie
- Page 639 and 640: Bylaag 12: Opvolggesprek met Hanlie
- Page 641 and 642: Bylaag 12: Opvolggesprek met Hanlie
- Page 643 and 644: Bylaag 12: Opvolggesprek met Hanlie
- Page 645 and 646: Bylaag 13: Opvolggesprek met Danie
- Page 647 and 648: Bylaag 13: Opvolggesprek met Danie
Bylaag 9: Opvolggesprek met Elsa en Frans

p582

773

774

775

776

777

778

779

780

781

782

783

784

785

786

787

788

789

790

791

792

793

794

795

796

797

798

799

800

801

802

803

804

805

806

807

808

809

Elsa: Ek beleef nie rêrig so iets nie. Frans sê nou vir jou ons gaan nie meer kerk toe

nie, maar in die tye wat ek in die kerk gekom het, gaan jy soontoe en dit is die gewone

ritueel, daar word uit die Bybel gelees en daar word vir jou gepreek. Ek het bitter min

gehoor oor hoe ons onself moet verander teenoor ander rasse en moet versoen met

die mense. Wat daar vir ons gesê is apartheid is ʼn euwel, ek het dit nie van die kansel

af gehoor nie.

Albert: Met ander woorde die kerk is nog soos altyd, dis business as usual.

Elsa: Weet jy hoe voel ek oor die kerk deesdae? Dit is ʼn klub. Die NG Kerk hier is ʼn

klub waaraan sekere groepe mense behoort wat graag soontoe wil gaan. Dit is nie oop

vir enige ou nie. Die swart mense gaan nog steeds nie na ons kerk toe nie. Die bruin

mense gaan nog steeds nie na ons kerk toe nie. Ten spyte daarvan dat die kerk jare

gelede oopgestel is. Daar is nie... die gesindheid is nog nie oop nie. Ek meen die NG

kerke is nog nie een nie, daar is nog steeds verskillende NG kerke vir die swartes en

die bruines en die wit mense. Ek meen, wat wys dit vir die lidmate van apartheid.

Albert: Nee ek hoor jou, nou daar is seker uiteraard baie wat ʼn mens daaroor kan sê,

maar ek dink jy is reg om te sê die gesindheid binne die kerke nog nie oop nie. Op

papier is die kerke oop. Dit is interessant, ek het nou die Sondag gepreek... Ek preek

vanjaar uit en uit volgens die leesrooster wat veral by die Engelse kerke gebruik word.

Die gedeelte nou die Sondag was Johannes sewentien van vers twintig waar Jesus vir

die dissipels bid. Dan bid Hy pertinent vir eenheid, want hy sê dat julle eenheid sal

maak dat die wêreld glo. Toe noem ek dit as ʼn voorbeeld dat die kerk in sy gesindheid

ʼn oop ontvanklike houding moet hê vir mense anders is as ons. Want die eenheid in

die kerk het niks te make met die eendersheid dat almal soos ek moet wees nie. Ons

moet ʼn eenheid met Christus wees wat na vore moet kom en so aan. Maar toe ek

daaroor preek toe dink ek ook daaroor maar ons is nie baie oop daaroor nie.

Elsa: Kyk ek het vir ʼn tyd lank ʼn Bybelstudiegroep hier bygewoon. En nou luister ek

maar so waaroor die vrouens praat. Ek bly liewers deesdae weg, ek kom te sterk oor

met wat ek wil sê. Mense neem aanstoot daaroor. Maar dat... die groot storie vir die

mense, die groepie wat ek nou daar bygewoon het, hoekom hulle nie wil hê die kerke

moet saamsmelt nie. Want dan gaan die swartes ons kerke oorstroom. So dit is nog

steeds hulle houding. Maar ek meen, goed wie is nou eintlik die kerk maar dit is die

sinode wat op die ou einde die besluit moet neem. Ek meen die sinode bestaan maar

uit lidmate en uit predikante uit. So maar dit is nog steeds die mense se houding. Hulle