LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Bylaag 9: Opvolggesprek met Elsa en Frans p574 479 480 481 482 483 484 485 486 487 488 489 490 491 492 493 494 495 496 497 498 499 500 501 502 503 504 505 506 507 508 509 510 511 512 513 514 515 sy kop te trap nie. Dit is ʼn liedjie waarmee ons saam groot geword het. Goed miskien het hulle aanvanklik, het daai liedjie so in die struggle ontstaan. Albert: Maar dan sal die vraag wees, het die tyd dalk nie al verby gegaan nie? Moet ʼn mens nie maar sê, daar was ʼn tyd en ʼn plek wat ons dit dalk moes gesing het, of dalk gesing het. Maar daai tyd en plek is nou verby. Dit is my frustrasie met daai tipe van goeters. Goed ek verstaan dat dit nie noodwendig dat – daai een wat Zuma ook gesing het – dit beteken maak apartheid dood. Fine, maar gegewe die konteks waarin ons nou is sou dit beter wees om dit nie te sing nie. Wat wen jy deur dit te sing? Al wat jy reg kry is om ʼn klomp wit ouens wat gematig kon wees het, jy nou de hel in gemaak het. Moenie gaan roer waar dit rustig is nie. Elsa: Maar Albert ek moet vir jou sê as ek as ʼn swart mens in hierdie land moes groot geword het sou ek baie meer rebels gewees as baie van hulle. Frans: Hy meen die nag van die lang messe kan dalk waar word? Elsa: Ek sal baie kwater gewees het. Want ek meen ek het in my hart persoonlik begrip vir ʼn Julius Malema. Ek sou net so kwaad gewees het. Ek sou net so graag wou hê hierdie wit mense wat van ons iets gemaak het wat anders is as ʼn mens, ek sou ook graag iets aan hulle wou doen. Albert: Dink jy dit is ʼn algemene standpunt of is hy in die minderheid. Of is daar meer mense wat soos hy dink, of is daar meer mense wat sê, ja dit was sleg maar kom ons probeer om aan te gaan? Elsa: Ek kan nie vir jou sê of dit meer of minder is nie, maar as ek nou moet skat sal ek sê die helfte-helfte. Daar is baie swart mense wat regtig nie ʼn vreeslike issue meer het met apartheid of die wit mense nie. Maar ek dink tog daar is nog van hulle wat baie kwaad is vir ons Frans: Ek weet nie, dit is nou moeilik om ʼn getal persentasie of wat ook al daaraan te koppel. Maar ek kan amper sien soos jy vandag nog Afrikaans sprekende ouens kry wat kwaad is vir die Engelse oor wat hulle aan ons gedoen het in die Boere-oorlog nè. En ons ken sulke mense, en jy ken hulle ook, maar kom ons los die name net daar. So dink ek is die Malema’s. Want ek meen wanneer is Malema gebore? Hoe oud was hy in 1994... behoort hy eintlik ʼn heeltemal nuwe geslag wees. Maar hy dra ook ʼn klomp

Bylaag 9: Opvolggesprek met Elsa en Frans p575 516 517 518 519 520 521 522 523 524 525 526 527 528 529 530 531 532 533 534 535 536 537 538 539 540 541 542 543 544 545 546 547 548 549 550 551 552 oorgeërfde bagasies dink ek. So ek weet nie of dit helfte-helfte kan wees nie, dit mag so wees. Maar dat dit bestaan, is wel so. Elsa: Ek dink van die jonger mense, veral nou die, ek sal nou nie sê die skoolgaande of miskien selfs nie die wat nou op universiteit is nie, maar van die jonger swart mense is wrewelrig omdat hulle ouers so ʼn ja baas, nee baas houding nog steeds het. Dit is dalk hoekom hulle meer uit-reageer want pa en ma doen niks nie hulle aanvaar nou maar... Albert: Die ander ding wat deesdae ʼn rol speel is die geweldige verskil in rykdom tussen wit en swart in Suid-Afrika. ʼn Geweldige klomp swart mense wat werkloos is, dan sien hulle dit lyk asof die blankes meer as genoeg geld het, hulle het werke en so aan wat ook weer ʼn stuk wrewel op sigself na vore bring. Frans: Maar ek dink dit gaan verder as dit, dit is enersyds waar. Ek dink hulle dieselfde wrewel ook met hulle upper class. Ek meen daar is ryk, ryk swartes wat absoluut in weelde leef terwyl op grondvlak... Nou sê die president nou die aand, waar was hy gewees? Waar hy gaan besoek aflê het en in die plakkers huisies was en skielik spreek hy homself daarteen oor uit. Ek dink dit is omdat ons nader aan die verkiesing kom, maar wat het hy en sy trawante die afgelope jare gedoen? Elsa: Maar nou aan die ander kant die mense kan dalk nou kwaad wees daaroor en daar kan ook dalk mense wees wat trots is, want kyk waar het ons mense uitgestyg wat eers niks was nie. Want kyk hoe het hulle die trappies geklim. Kyk hoe goed gaan dit met party van ons swart mense. Frans: Maar voel hulle dalk soos hoe ek voel oor Anton Rupert hulle? Hy het baie verder gestyg as ek? Ek wil net sê so ʼn tyd gelede het ouens hier by die swart hoërskool, het hul klaskamers aan die brand gesteek. Dit was nou weliswaar tydelike klaskamers. Nou is daar al hoe lank beloof deur die groot onderwys departement en ander politici van die ANC dat die skool kom. Nuwe klaskamers kom. Dit is tydelike strukture, maar dit is tydelike strukture wat oor tien, twaalf jaar hier staan. So staan daar al toilette wat nie chemiese werk nie, met ander woorde dit is net toilette wat opgekoppel moet word soos hulle by die skoue en daai tipe van goed. Die goed staan al drie jaar daar en word net nie opgekoppel nie. So ek het ook begrip vir daai frustrasie. Ek sê nie ʼn mens moet vernietig nie, allermins. Dit werk nie so nie, maar dit trek aandag. Skielik was hier hooggeplaasde ouens gewees en die toilette is gekoppel ten minste.

Bylaag 9: Opvolggesprek met Elsa en Frans

p575

516

517

518

519

520

521

522

523

524

525

526

527

528

529

530

531

532

533

534

535

536

537

538

539

540

541

542

543

544

545

546

547

548

549

550

551

552

oorgeërfde bagasies dink ek. So ek weet nie of dit helfte-helfte kan wees nie, dit mag

so wees. Maar dat dit bestaan, is wel so.

Elsa: Ek dink van die jonger mense, veral nou die, ek sal nou nie sê die skoolgaande of

miskien selfs nie die wat nou op universiteit is nie, maar van die jonger swart mense is

wrewelrig omdat hulle ouers so ʼn ja baas, nee baas houding nog steeds het. Dit is dalk

hoekom hulle meer uit-reageer want pa en ma doen niks nie hulle aanvaar nou maar...

Albert: Die ander ding wat deesdae ʼn rol speel is die geweldige verskil in rykdom

tussen wit en swart in Suid-Afrika. ʼn Geweldige klomp swart mense wat werkloos is,

dan sien hulle dit lyk asof die blankes meer as genoeg geld het, hulle het werke en so

aan wat ook weer ʼn stuk wrewel op sigself na vore bring.

Frans: Maar ek dink dit gaan verder as dit, dit is enersyds waar. Ek dink hulle dieselfde

wrewel ook met hulle upper class. Ek meen daar is ryk, ryk swartes wat absoluut in

weelde leef terwyl op grondvlak... Nou sê die president nou die aand, waar was hy

gewees? Waar hy gaan besoek aflê het en in die plakkers huisies was en skielik

spreek hy homself daarteen oor uit. Ek dink dit is omdat ons nader aan die verkiesing

kom, maar wat het hy en sy trawante die afgelope jare gedoen?

Elsa: Maar nou aan die ander kant die mense kan dalk nou kwaad wees daaroor en

daar kan ook dalk mense wees wat trots is, want kyk waar het ons mense uitgestyg

wat eers niks was nie. Want kyk hoe het hulle die trappies geklim. Kyk hoe goed gaan

dit met party van ons swart mense.

Frans: Maar voel hulle dalk soos hoe ek voel oor Anton Rupert hulle? Hy het baie

verder gestyg as ek? Ek wil net sê so ʼn tyd gelede het ouens hier by die swart

hoërskool, het hul klaskamers aan die brand gesteek. Dit was nou weliswaar tydelike

klaskamers. Nou is daar al hoe lank beloof deur die groot onderwys departement en

ander politici van die ANC dat die skool kom. Nuwe klaskamers kom. Dit is tydelike

strukture, maar dit is tydelike strukture wat oor tien, twaalf jaar hier staan. So staan

daar al toilette wat nie chemiese werk nie, met ander woorde dit is net toilette wat

opgekoppel moet word soos hulle by die skoue en daai tipe van goed. Die goed staan

al drie jaar daar en word net nie opgekoppel nie. So ek het ook begrip vir daai

frustrasie. Ek sê nie ʼn mens moet vernietig nie, allermins. Dit werk nie so nie, maar dit

trek aandag. Skielik was hier hooggeplaasde ouens gewees en die toilette is gekoppel

ten minste.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!