LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Bylaag 9: Opvolggesprek met Elsa en Frans p564 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 146 Albert: Ek dink met verkiesings kry ʼn mens iets van teen die ANC stem en die een [party] wat die beste teen hulle skop is heelwaarskynlik die DA. Mense stem maklik DA, maar dit beteken nie hulle is heeltemal DA nie. Frans: Ja, maar hier is tog... Elsa as jy nou dink aan C en die groep manne, Christen mans wat hier is en die biduur wat hulle hou. Hhulle is nou weer almal ACDP ouens, of die meeste van hulle behoort ook dan aan ander kerke, maar hulle ondersteun die ACDP as dit nou by stemmery kom. Maar nog steeds, dit is nie ʼn verregse stem nie. Elsa: Nee dit is nie ʼn wit party nie. Frans: En dan nou die ander ding wat Elsa gesê het, is dat ons nader gekom het aan die kleurlingmense. Ek het my so ʼn bietjie begeef in die bou-rigting in toe ons nou daai huis daaronder gebou het en die afdak en so het hulle my ook al ʼn paar keer gehelp. Ons het agtergekom die verhoudings... dit is makliker in ʼn werksverhoudings vir ons en die tipe beroep wat ons gedoen het om met die swart mense klaar te kom wat van die Transkei en Oos-Kaap af kom, as met die kleurlinge. Die kleurlinge is in ʼn baie moeilike situasie hier in die Kaap. Hulle sien die swart nasie as ʼn bedreiging en hulle sê ook die swartes is skelms. Elsa: Daar is baie rassisme onder die kleurlinge. Frans: Hulle is baie rassisties, die kleurlinge teenoor die swartes. Albert: So dit is nie net ons alleen nie. Frans: Nee, nee dit is nie net ons nie. En dan sê baie van hulle, die swartes en kleurlinge, dat dit het baie beter gegaan voor 1994. Daar was meer duidelike strukture gewees en het geweet nee is nee en ja is ja. Vandag is daar nou hierdie groot grys gebied van ʼn hoër groep swartes wat daar bo leef en op grondvlak waar nou basis niks verander het nie. Dit is nou dit. Ten opsigte van die werksituasie is die kleurling ʼn bietjie meer uitgesproke, miskien ʼn bietjie meer arrogant, miskien ʼn bietjie meer dit en dit. Elsa: Ek dink die probleem, as jy dit sê, is die probleem eintlik aan jou kant want jy is nie gewoond daaraan om met swart en bruin mense te werk nie, wat nie hulle opinie mag uitspreek nie. Ek meen jy het vir hom gesê doen dit en hy het dit gedoen.

Bylaag 9: Opvolggesprek met Elsa en Frans p565 147 148 149 150 151 152 153 154 155 156 157 158 159 160 161 162 163 164 165 166 167 168 169 170 171 172 173 174 175 176 177 178 179 180 181 182 183 Frans: Ja maar kyk dit gaan nou verder as dit, ek kom nou daarby. Ook dat as hulle byvoorbeeld op ʼn Vrydag of op ʼn Maandag... Vrydag werk hulle nie langer as halfdag nie en Maandag werk hulle ook nie, as gevolg van die wyn. Twee dinge, hulle sowel as die swartes, hulle sê nie meer vir jou oubaas nie, die manier hoe hulle jou aanspreek is meneer en die swartes sal vir jou sê oubie wat eintlik maar oubaas beteken. Dit darem nie heeltemal baas nie al het ek nou al vir Happy en vir Paulus gesê hulle moet my naam sê, maar hulle glo maar nog in oubie en die kleurlinge se meneer. Wat ons ook nou agtergekom het en waarvoor ek deesdae baie meer begrip het as vroeër. Ons het nog altyd gehoor van die dop stelsel en die dop stelsel. Die kleurlinge is alkoholiste. Maar wie het hulle alkoholiste gemaak? Albert: Nee daar is ʼn groot probleem daar. Frans: En dit gaan aan. Self hierdie toe jy nou die dag gebel het en vir jou sê van die kleinding wat dood is... Ek meen die ouma se man het op plase gewerk en hy is vandag ʼn alkoholis. Hy bly nou in die dorp en kort-kort moet sy nou ʼn interdik teen hom kry of ʼn hofbevel of ʼn dit of ʼn dat. Maar ek het begrip daarvoor dat hy so drink, dit is nie sy skuld nie. Hy sit net in ʼn posisie waar dit vir hom baie moeilik is om op te hou. Albert: Ja dit is ʼn kultuur wat gevestig is oor ʼn baie lang tydperk wat jy nie oornag gaan verander nie. Elsa: Dit is nou onwettig, daai dop-stelsel, maar daar is steeds boere wat dit toepas. Albert: Ja dit is altyd vir my vreemd dat ʼn mens nog steeds sulke stories hoor dat ouens nie verstaan maar jy doen jouself en niemand ʼn guns as jy so is nie. Elsa: Ek het nou een dag met ʼn boer gepraat daaroor. Toe sê hy vir my ja hy hoor nou van die dop stelsel maar hy nou op ʼn Vrydag vir sy werker op die plaas ʼn vyf liter kan wyn persent gee, sodat hy ook darem nou iets het om te drink oor die naweek, is dit dan nou dieselfde as die dop-stelsel. Ek meen vyf liter is baie wyn vir een ou om op te drink oor ʼn naweek. Albert: Ja daai storie is ʼn lelike ding wat nog lank gaan vat om uit te sorteer. Maar as ek nou hoor wat julle sê, dan sê julle vir my by die blankes het daar nog nie rêrig baie gebeur in terme van transformasie nie. Dit is asof ons nog in die ou bedeling leef.

Bylaag 9: Opvolggesprek met Elsa en Frans

p565

147

148

149

150

151

152

153

154

155

156

157

158

159

160

161

162

163

164

165

166

167

168

169

170

171

172

173

174

175

176

177

178

179

180

181

182

183

Frans: Ja maar kyk dit gaan nou verder as dit, ek kom nou daarby. Ook dat as hulle

byvoorbeeld op ʼn Vrydag of op ʼn Maandag... Vrydag werk hulle nie langer as halfdag

nie en Maandag werk hulle ook nie, as gevolg van die wyn. Twee dinge, hulle sowel as

die swartes, hulle sê nie meer vir jou oubaas nie, die manier hoe hulle jou aanspreek is

meneer en die swartes sal vir jou sê oubie wat eintlik maar oubaas beteken. Dit darem

nie heeltemal baas nie al het ek nou al vir Happy en vir Paulus gesê hulle moet my

naam sê, maar hulle glo maar nog in oubie en die kleurlinge se meneer. Wat ons ook

nou agtergekom het en waarvoor ek deesdae baie meer begrip het as vroeër. Ons het

nog altyd gehoor van die dop stelsel en die dop stelsel. Die kleurlinge is alkoholiste.

Maar wie het hulle alkoholiste gemaak?

Albert: Nee daar is ʼn groot probleem daar.

Frans: En dit gaan aan. Self hierdie toe jy nou die dag gebel het en vir jou sê van die

kleinding wat dood is... Ek meen die ouma se man het op plase gewerk en hy is

vandag ʼn alkoholis. Hy bly nou in die dorp en kort-kort moet sy nou ʼn interdik teen hom

kry of ʼn hofbevel of ʼn dit of ʼn dat. Maar ek het begrip daarvoor dat hy so drink, dit is nie

sy skuld nie. Hy sit net in ʼn posisie waar dit vir hom baie moeilik is om op te hou.

Albert: Ja dit is ʼn kultuur wat gevestig is oor ʼn baie lang tydperk wat jy nie oornag gaan

verander nie.

Elsa: Dit is nou onwettig, daai dop-stelsel, maar daar is steeds boere wat dit toepas.

Albert: Ja dit is altyd vir my vreemd dat ʼn mens nog steeds sulke stories hoor dat

ouens nie verstaan maar jy doen jouself en niemand ʼn guns as jy so is nie.

Elsa: Ek het nou een dag met ʼn boer gepraat daaroor. Toe sê hy vir my ja hy hoor nou

van die dop stelsel maar hy nou op ʼn Vrydag vir sy werker op die plaas ʼn vyf liter kan

wyn persent gee, sodat hy ook darem nou iets het om te drink oor die naweek, is dit

dan nou dieselfde as die dop-stelsel. Ek meen vyf liter is baie wyn vir een ou om op te

drink oor ʼn naweek.

Albert: Ja daai storie is ʼn lelike ding wat nog lank gaan vat om uit te sorteer. Maar as

ek nou hoor wat julle sê, dan sê julle vir my by die blankes het daar nog nie rêrig baie

gebeur in terme van transformasie nie. Dit is asof ons nog in die ou bedeling leef.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!