LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem p42 9.3 Metodologie Metodologie verwys na die navorser se siening oor hoe kennis oor die nagevorsde onderwerp op die beste moontlike wyse versamel kan word (Schurink 1998:240). Die metodes waarop die navorser uiteindelik besluit, word onder andere bepaal deur die onderwerp wat ondersoek word asook die paradigma en epistemologie wat die navorser kies. In die voorafgaande paragrawe is 'n keuse gemaak vir postmoderniteit en 'n sosiale konstruksie diskoers. In die lig van hierdie benadering word 'n keuse gemaak vir kwalitatiewe navorsing wat volgens Payze (2001:271) goed geskik is vir die ondersoek van sosiale prosesse, eerder as vir 'n kwantitatiewe studie. Die fokus van die navorsing was om te bepaal hoe wit Afrikaanse Christene, gegewe hulle spesifieke verlede soos onthul voor die WVK, in die nuwe Suid-Afrika leef. 9.3.1 Literatuurstudie Tradisioneel begin navorsing dikwels eers met 'n literatuurstudie, maar nie altyd nie. Hierdie navorsing begin ook nie daar nie. Soos Browning (1991) dit met sy praktykteorie-praktyk benadering verduidelik, het hierdie ondersoek ook begin met 'n praktiese situasie waarin die navorser en die mede-navorsers persoonlik betrokke was. Hieruit het die behoefte ontstaan om ook te wete te kom wat ander mense oor die navorsingsonderwerp skryf en geskryf het. Voor en tydens die reeks gesprekke is daar ’n uitvoerige literatuurstudie oor die sienings van wit en swart mense oor die beleid van apartheid gedoen. Dit het ingesluit die kwessies van rassisme, die vraag na wit mense se kollektiewe of individuele skuld en aanspreeklikheid, en die gepaardgaande restitusie soos uitgedruk in die beleid van regstellende aksie. Die literatuurstudie het ook gefokus op die rol van die NG Kerk in die apartheidsbedeling, van die aanvanklike teologiese regverdiging tot die ommekeer in 1986 en finaal in 1998 (Retief & Jackson 1998:1). Die aanvanklike navorsing is in 1998 gedoen in die tyd net voor en tydens die bekendmaking van die WVK se verslag. Die gebeure van die WVK het dus ’n groot rol gespeel in die denke van die deelnemers op daardie tyd.
Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem p43 Sedertdien het daar meer as ’n dekade verloop – en nie sonder bepaalde storms nie. In die aanloop tot die tweede fase, die longitudinale studie, is daar ten opsigte van die literatuur veral gekyk na die groot debatte in Afrikaanse en kerklike geledere. Reeds tydens, en kort na die WVK, was daar verskeie reaksies op die proses, soos Asmal, Asmal en Roberts se Reconciliation through truth (1996) en James en Van de Vijver se After the TRC (2000). In sy Die nuwe toekoms (Du Toit 1999) bekyk die skrywer die rol en posisie van die Afrikaners wat “in ʼn toestand van feitlik totale verlies van politieke inspraak beland het en hoe hy met vernude selfrespek daar kan uitkom” (De Villiers 1999:8). Met etnisiteit en kultuur as belangrikste dryfkragte (Du Toit 1999:13), bekyk hy die posisie van minderhede en hulle regte in Suid-Afrika. Tien jaar na die aanbreek van die demokratiese Suid-Afrika gee sestien meningsvormers hulle opinie van die eerste dekade en die pad vorentoe (World Economic Forum 2004). Dit sluit in ekonome, politici en gemeenskapsleiers. Op ʼn heelwat ligter trant skryf ervare politikus Pieter Mulder (2008) oor sy eie ervarings in die parlement en post-apartheid Suid-Afrika in die algemeen. Rian Malan (2011), ondersoekende joernalis en sosiale kommentator, volg sy vroeëre My traitor’s heart op met Resident Alien waarin hy alles en almal ondersoek en aanspreek. Hy beweer die enigste waar woord wat hy nog oor Suid-Afrika geskryf het, is: “We yaw between terror and ecstasy. Sometimes we complete the round trip in just fifteen minutes” (Malan 2011:xii). In die geledere van die wit Afrikaners was daar die hele Boetman-debat wat Chris Louw (2001a) met sy ope brief aan die gang gesit het. Hierop het ʼn omvangryke reaksie van tientalle lesers wat briewe oor dieselfde onderwerp geskryf het gevolg. Die kwessie van skuld en skuldbelydenis is op die voorgrond geplaas deur oud-minister Adriaan Vlok wat eerwaarde Frank Chikane se voete gaan was het (De Lange 2006:1). Die skiet-voorval by Skielik, waar ’n jong wit man swart mense doodskiet het (Mouton 2008a:1) en die debakel oor die Reitz-video (Cloete 2008:1), het die verhouding tussen wit mense en swart mense opnuut in die kollig geplaas. Al hierdie gebeure speel af teen die agtergrond van ’n land met toenemende misdaad en geweld, swart-beheerde munisipaliteite wat al minder en minder slaag in dienslewering, grondhervormings wat op baie plekke misluk en regstellende aksie wat deur baie wit mense as omgekeerde rassisme ervaar (Hermann 2007:30) en selfs deur swart mense as diskriminerend
- Page 7 and 8: INHOUDSOPGAWE HOOFSTUK 1 APARTHEID
- Page 9 and 10: Inhoudsopgawe p3 HOOFSTUK 2 DIE OOR
- Page 11 and 12: Inhoudsopgawe p5 3.4 Paternalisme 1
- Page 13 and 14: Inhoudsopgawe p7 4.7.2 Bekommerd oo
- Page 15 and 16: Inhoudsopgawe p9 8.1.3 Begelei lidm
- Page 17 and 18: HOOFSTUK 1 APARTHEID ONDER DIE LOEP
- Page 19 and 20: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 21 and 22: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 23 and 24: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 25 and 26: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 27 and 28: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 29 and 30: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 31 and 32: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 33 and 34: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 35 and 36: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 37 and 38: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 39 and 40: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 41 and 42: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 43 and 44: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 45 and 46: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 47 and 48: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 49 and 50: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 51 and 52: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 53 and 54: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 55 and 56: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 57: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 61 and 62: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 63 and 64: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 65 and 66: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 67 and 68: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 69 and 70: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 71 and 72: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 73 and 74: HOOFSTUK 2 DIE OORSPRONG VAN DIE AP
- Page 75 and 76: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 77 and 78: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 79 and 80: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 81 and 82: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 83 and 84: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 85 and 86: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 87 and 88: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 89 and 90: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 91 and 92: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 93 and 94: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 95 and 96: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 97 and 98: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 99 and 100: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 101 and 102: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 103 and 104: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 105 and 106: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 107 and 108: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p42

9.3 Metodologie

Metodologie verwys na die navorser se siening oor hoe kennis oor die nagevorsde

onderwerp op die beste moontlike wyse versamel kan word (Schurink 1998:240). Die

metodes waarop die navorser uiteindelik besluit, word onder andere bepaal deur die

onderwerp wat ondersoek word asook die paradigma en epistemologie wat die

navorser kies.

In die voorafgaande paragrawe is 'n keuse gemaak vir postmoderniteit en 'n sosiale

konstruksie diskoers. In die lig van hierdie benadering word 'n keuse gemaak vir

kwalitatiewe navorsing wat volgens Payze (2001:271) goed geskik is vir die ondersoek

van sosiale prosesse, eerder as vir 'n kwantitatiewe studie. Die fokus van die navorsing

was om te bepaal hoe wit Afrikaanse Christene, gegewe hulle spesifieke verlede soos

onthul voor die WVK, in die nuwe Suid-Afrika leef.

9.3.1 Literatuurstudie

Tradisioneel begin navorsing dikwels eers met 'n literatuurstudie, maar nie altyd nie.

Hierdie navorsing begin ook nie daar nie. Soos Browning (1991) dit met sy praktykteorie-praktyk

benadering verduidelik, het hierdie ondersoek ook begin met 'n praktiese

situasie waarin die navorser en die mede-navorsers persoonlik betrokke was. Hieruit

het die behoefte ontstaan om ook te wete te kom wat ander mense oor die navorsingsonderwerp

skryf en geskryf het. Voor en tydens die reeks gesprekke is daar ’n

uitvoerige literatuurstudie oor die sienings van wit en swart mense oor die beleid van

apartheid gedoen. Dit het ingesluit die kwessies van rassisme, die vraag na wit mense

se kollektiewe of individuele skuld en aanspreeklikheid, en die gepaardgaande

restitusie soos uitgedruk in die beleid van regstellende aksie. Die literatuurstudie het

ook gefokus op die rol van die NG Kerk in die apartheidsbedeling, van die aanvanklike

teologiese regverdiging tot die ommekeer in 1986 en finaal in 1998 (Retief & Jackson

1998:1).

Die aanvanklike navorsing is in 1998 gedoen in die tyd net voor en tydens die

bekendmaking van die WVK se verslag. Die gebeure van die WVK het dus ’n groot rol

gespeel in die denke van die deelnemers op daardie tyd.