25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p41

foundationalism” (Müller 2005). Dit is natuurlik so dat hierdie ontwikkeling nie alleen

verband hou met teorievorming in die pastoraat nie, maar ook wyer gaan. Vir die doel

van hierdie navorsing word hierdie ander aspekte nie hier verder bespreek nie.

Müller (2005:73) sê dat die praktiese teologie gedurende die afgelope eeu hard gewerk

het om wetenskaplike status te verwerf en as aparte akademiese dissipline erken te

word. Ongelukkig het dit in die proses 'n elitistiese akademiese saak geword met te min

kontak met die informele vorme van praktiese teologiese refleksie. Praktiese teologie

het volgens hom verwyderd geraak van die plaaslike en informele vlakke van die vak.

Juis daarom kies hy vir postfoundationalist praktiese teologie. Vir hom verteenwoordig

dit 'n herontdekking van die basiese vorme van praktiese teologie en is dit 'n poging om

verby die modernistiese grense van praktiese teologie te beweeg. Terselfdertyd is dit

ook 'n poging om die relativisme van anti-foundationalist teorieë te ontsnap.

Post-foundationalist praktiese teologie kan gesien word as deel van die hermeneutiese

benadering, maar beweeg verby hermeneutiek as metafoor vir die praktiese teologie

(Müller 2005:75). Dit gaan verder en vra vir 'n baie spesifieke verstaan, naamlik 'n

verstaan wat nie net die plaaslike konteks as een van die hermeneutiese sirkels insluit

nie, maar 'n verstaan wat slegs binne en vanuit die plaaslike konteks kan ontstaan. Die

“postfoundationalist approach forces us to firstly listen to the stories of people

struggling in real life situation. It does not merely aim to describe a general context, but

we are confronted with a specific and concrete situation” (Müller 2005:76).

In die lig van die onderwerp en die werkswyse gevolg in hierdie navorsing is hierdie

postfoundational benadering relevant. Die verhale wat vertel word deur wit Afrikaanse

Christene oor hulle ervaring van en oordeel oor die beleid van apartheid kan net reg

verstaan word in die lig van die baie spesifieke konkrete situasie waarin hulle geleef het

en tans steeds leef. In Müller (2009:204) se woorde: “The post-foundationalist

approach forces us to firstly listen to the stories of people in real-life situations. It hasn’t

got the aim of merely describing a general context, but of confronting us with a specific

and concrete situation.”

Ter afsluiting van hierdie gedeelte oor die pastoraat wil ek graag aansluit by 'n

aanhaling van Browning (1991:ix) wat in die lig van postmoderniteit sy en my posisie

goed weergee as hy sê: “Although I do contrast my view with other perspectives, I do

not claim that others are wrong.”

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!