LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Bylaag 8: Gesprek 8 (19 November 1998) p550 256 257 258 259 260 261 262 263 264 265 266 267 268 269 270 271 272 273 274 275 276 277 278 279 280 281 282 283 284 285 286 287 288 289 290 291 en sê dit is hoekom dinge is soos dit is. Want mense leer nie. Jy kry die mense wat deur wetgewing of deur sterker geaardhede dinge beheer. Die oomblik as hulle nou begin oud raak, of nie meer aan bewind is nie, of daar kom 'n ou aan bewind wat sterker is, dan bepaal hulle weer die norme en die wette. Hierdie ding wat ons nou deurgaan, as dit reg en regverdig gedoen word, dan kan dit nie weer backfire soos wat dit met ons ge-backfire het nie. Albert: Het ons as blankes nie 'n kollektiewe verantwoordelikheid teenoor die swartes as groep nie? Dit is 'n vraag wat een van die medewerkers gevra het. Dit lyk my dit is belangrik dat 'n mens daaroor praat. Mike: Kollektiewe skuld of kollektiewe verantwoordelikheid? Albert: Nee ons praat spesifiek van 'n kollektiewe verantwoordelikheid. Die Bybel sê as jy drooggemaak het moet jy om vergifnis gaan vra, maar die Bybel sê ook dat as ek iemand benadeel moet ek gaan regmaak, die gedagte van restitusie, van herstel wat verkeerd is. Nou is die vraag: het ons as blankes nie 'n kollektiewe verantwoordelikheid teenoor die swartes as 'n groep om dit wat ons as blankes verkeerd gedoen het dalk, reg te stel in 'n nuwe situasie nie. Onbekend: Moet ons politiek doen? Albert: Is dit nie wat daar besig is om te gebeur nie, dat ons deur wetgewing dit gedoen word nie. Of dit nou vrywillig is, of dit per wetgewing afgedwing word nie, is dit nie… Dink julle het ons daai verantwoordelikheid? Elsa: Ek dink definitief ons het 'n verantwoordelikheid tot restitusie as 'n groep, maar vir ons blankes kom dit nie, 'n mens gee nie maklik af wat joune is nie. Dis maklik om te sê ons het die verantwoordelikheid daarvoor, maar as dit jouself begin raak is dit bietjie moeiliker, solank dit ander raak, is dit goed. As ander moet weggee of afstaan… Albert: Solank jy net nie jou werk verloor nie. Elsa: Dis baie moeilik, maar my persoonlike siening is dat ons tog 'n verantwoordelikheid het.

Bylaag 8: Gesprek 8 (19 November 1998) p551 292 293 294 295 296 297 298 299 300 301 302 303 304 305 306 307 308 309 310 311 312 313 314 315 316 317 318 319 320 321 322 323 324 325 326 327 328 Mike: Ek sekondeer dit, ons het 'n verantwoordelikheid vir die opbou proses. Dit is ons Christelike plig om mense wat minder bevoorreg is, te help. Vir my om te sê, ek het 'n verantwoordelik om dit waarvoor ek gaan leer het op skool, op universiteit, en dit wat ek bereik het en die werk wat ek nou hard voor werk, om dit nou op te offer vir iemand anders, dis nie my verantwoordelikheid om dit wat ek het weg te gee, suiwer omdat ek iemand anders iets skuld nie. Ek moet dit liewer my verantwoordelikheid maak om hom 'n geleentheid ook te gee as wat ek gehad het. Hoe kan ek omdraai nou en sê alles wat ek voor gewerk het, verdien ek nie, want daai man het dit nie ook gehad nie. 'n Plaasboer wat op die plaas grootgeword het, wat nooit miskien op die dorp gekom het nie, wat nooit gestem het nie, hier kom hulle en vat sy plaas weg en gee dit vir 'n swartman, watse verantwoordelikheid het hy teenoor daai man? Die verantwoordelikheid wat ons het is om te kyk dat die ander mense wat swaar kry en minder gegoed is, dat ons as Christene hulle ophelp, nie ek gaan nou sy job vat en 'n ander in jou plek sit, so jy kan nou maar gaan swaarkry, dis nou jou beurt om swaar te kry. Dit maak vir my geen sin nie. Breek af en gee vir hulle sodat hulle weer kan opbou. Elsa: Dit maak nie vir ons sin nie, maar ek is oortuig daarvan die ou wat aan die ander kant staan, dit maak vir hom sin. Mike: Is dit logika om te sê ons moet hierdie mense wat nou hierdie ontwerp doen van 'n sekere ding, vat hulle nou weg en sit ander mense in dat hulle weer voor begin, dit maak geensins sin nie. Karin: Ek dink nou aan my pa-hulle waar hulle grootgeword het, dat hulle as laerskoolkinders oor 'n binnelandse meer moes roei om by die skool uit te kom, van 3km. Dan vat ek waar hy staan vandag, waarheen hy ons 5 kinders gelei het en dan luister ek na hierdie goed, dan sê ek vir myself, waar daar 'n wil is, is 'n weg. As baie van die mense net vir hulleself wil optel, en iets wil saamdoen. Ek het ook die ondervinding van waar ek vir 10 jaar saamgewerk het met mense, as jy vir hulle sê los dan val alles plat, dan is tien jaar se werk niks. Dit geen jou 'n ander perspektief, dan besef jy jy gee vir iemand 'n geleentheid wat hy nie gebruik nie, en dan dink ek hoe swaar het ons gekry, en my ouers het nooit die Engelse of iemand geblameer daarvoor nie, hulle het eenvoudig geklim en bo uitgekom. My oupa was 'n plaasarbeider gewees, dit was dieselfde as die swartes vandag Elsa: Ek hoor wat jy sê, maar ek onthou spesifiek, dit was Quincy wat gesê het, die swartmense mag nie gedink het nie. Hy mag nie die koppie opgetel en geskuif het as

Bylaag 8: Gesprek 8 (19 November 1998) p550

256

257

258

259

260

261

262

263

264

265

266

267

268

269

270

271

272

273

274

275

276

277

278

279

280

281

282

283

284

285

286

287

288

289

290

291

en sê dit is hoekom dinge is soos dit is. Want mense leer nie. Jy kry die mense wat

deur wetgewing of deur sterker geaardhede dinge beheer. Die oomblik as hulle nou

begin oud raak, of nie meer aan bewind is nie, of daar kom 'n ou aan bewind wat

sterker is, dan bepaal hulle weer die norme en die wette. Hierdie ding wat ons nou

deurgaan, as dit reg en regverdig gedoen word, dan kan dit nie weer backfire soos wat

dit met ons ge-backfire het nie.

Albert: Het ons as blankes nie 'n kollektiewe verantwoordelikheid teenoor die swartes

as groep nie? Dit is 'n vraag wat een van die medewerkers gevra het. Dit lyk my dit is

belangrik dat 'n mens daaroor praat.

Mike: Kollektiewe skuld of kollektiewe verantwoordelikheid?

Albert: Nee ons praat spesifiek van 'n kollektiewe verantwoordelikheid. Die Bybel sê as

jy drooggemaak het moet jy om vergifnis gaan vra, maar die Bybel sê ook dat as ek

iemand benadeel moet ek gaan regmaak, die gedagte van restitusie, van herstel wat

verkeerd is. Nou is die vraag: het ons as blankes nie 'n kollektiewe verantwoordelikheid

teenoor die swartes as 'n groep om dit wat ons as blankes verkeerd gedoen het dalk,

reg te stel in 'n nuwe situasie nie.

Onbekend: Moet ons politiek doen?

Albert: Is dit nie wat daar besig is om te gebeur nie, dat ons deur wetgewing dit gedoen

word nie. Of dit nou vrywillig is, of dit per wetgewing afgedwing word nie, is dit nie…

Dink julle het ons daai verantwoordelikheid?

Elsa: Ek dink definitief ons het 'n verantwoordelikheid tot restitusie as 'n groep, maar vir

ons blankes kom dit nie, 'n mens gee nie maklik af wat joune is nie. Dis maklik om te sê

ons het die verantwoordelikheid daarvoor, maar as dit jouself begin raak is dit bietjie

moeiliker, solank dit ander raak, is dit goed. As ander moet weggee of afstaan…

Albert: Solank jy net nie jou werk verloor nie.

Elsa: Dis baie moeilik, maar my persoonlike siening is dat ons tog 'n

verantwoordelikheid het.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!