25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bylaag 8: Gesprek 8 (19 November 1998) p547

145

146

147

148

149

150

151

152

153

154

155

156

157

158

159

160

161

162

163

164

165

166

167

168

169

170

171

172

173

174

175

176

177

178

179

180

181

Naomi: Ek wil net iets sê oor die gesondheidsaspek by die Staatsdiens, daar by ons

het verskriklik baie skuiwe plaasgevind, op so 'n manier dat dit 80 – 20% is, 80% swart,

20% wit. En my persoonlike gevoel is, dat swartmense wat in 'n magsposisie geplaas

is, daai mag baie maklik verkeerdelik gebruik teenoor die blankes. Dit is nie net my

gevoel nie, dit is reg deur die Staatsdiens waar ek nou op die oomblik werk. Ons voel

dit aan ons en ons het elke dag daarmee te doen. Ons word bedreig en ons word

gedreig. Jy word uitgewerk uit jou posisie uit, dat jy nie meer daar wil werk nie, jy is half

gedwing om ander werk te gaan soek.

Mike: Ek kan simpatiseer met wat Naomi sê, want regstellende aksie wat te ver gedryf

word is gevaarlik. Ek het dit beleef by my. Ek het 'n voorman onder my wat ons ingesit

het reeds deur regstellende aksie. Hy is nou twee jaar daar, en sy hele werkspan is

swart. Hy het seker gemaak dat hulle uitgewerk is en party van die blankes het nie

daarvan gehou om vir hom te werk nie en daarom het hulle noodwendig uitgeskuif. Hy

het nou wat hy wou gehad het, so wanneer hulle regstellende aksie te ver dryf, dat die

meerderheid nou weer 'n ander ras is, is die kanse baie groot dat die blanke heeltemal

verstoot word. Maar die teenoorgestelde is by ons ook waar, ek vind dat in laer klasse

van werk, wat altyd tradisioneel net swart was, dat ons nou blanke, werkloses kinders

uit die skole uit, kinders wat miskien op skool nie so goed kon vorder nie, in daai

posisies aangestel, met ander woorde daar was regstellende aksie in die

teenoorgestelde rigting. So regstellende aksie is nie net van blank na swart nie, dit kan

ook in die teenoorgestelde rigting wees. As die regering se redes vir regstellende aksie

edel is, behoort dit nooit 'n probleem te word nie. Maar ons weet nie of van die mense

wat in hoë posisie is, soos by Naomi, dalk nou doelbewus die blankes so probeer

afbreek dat hulle noodwendig uit die gesondheidsbedryf sal probeer padgee, en dit

word naderhand 'n swart bedryf.

Elsa: As ek nou so luister na ons almal, is dit ironies, as ons vat wat vroeër jare gebeur

het. Ons het vir ons eie mense gesorg, ons het nie swartmense toegelaat in posisie

nie, en noudat hulle dieselfde doen – goed ons het nou so 'n halwe meerderwaardige

houding, en seker met reg ook, want ons mense is wel beter opgelei – maar dit is nie

vir ons lekker nie, en ons kla nou daaroor, maar die mense doen nou eintlik wat ons

vroeër jare gedoen het.

Mike: Jy is 100% reg, maar die groot verskil is dit het verander, ons wil net nie hê dit

moet na die teenoorgestelde verander nie, want dan gaan die land maar presies wees

waar hy was, miskien net erger. Wat ons sê is die balans moet gehandhaaf word. Ek is

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!