25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Bylaag 8: Gesprek 8 (19 November 1998) p544

35

36

37

38

39

40

41

42

43

44

45

46

47

48

49

50

51

52

53

54

55

56

57

58

59

60

61

62

63

64

65

66

67

68

69

70

71

Isak: (Onduidelik) … teikens in 'n spesifiek 100% raamwerk nie, ek kan nogal… ek

stem saam, dit maak seer, dit het ons almal al op een of ander manier geraak. Daar is

'n ander sy ook, ek weet nie of jou kollektiewe verantwoordelikheid teenoor die swartes

hier inkom nie, ons gaan nou onderhoude hou vir drie poste. Een pos is nie 'n

probleem nie, daar is net swart kandidate. Ander pos gaan dit oor mense met rekenaar

opleiding, daar is baie min swartes wat oor die vaardigheid besit om rekenaar opleiding

te doen. Daar kan 'n blanke dalk die pos kry en kan geen vrae vra nie. Maar die derde

een is daar volop aansoekers, dit gaan oor taal, en daar is volop kandidate van die

swart gemeenskap. Een van die aansoeke is 'n blank persoon, en in ons terme is hy

definitief die beste persoon vir die pos, dan is daar drie, vier ander swart persone wat

nog jonk is, wat hierdie jaar begin onderwys gee het. As jy kyk uit 'n swart perspektief,

kan ek verstaan hoekom sal die mense regstellende aksie wil hê, want die blanke

persoon kom met 'n duur Duitse motor kollege toe elke dag, dis 'n getroude vrou, en sy

het tien teen een nie die pos nodig nie, of sy het dalk, ek weet nie. Terwyl die ander

mense almal jonk is, almal het uit die sogenaamde deprived communities gekom en

die verwagting, en ek kan verstaan as die swart gemeenskap sê maar hoe kan julle vir

haar die pos gee, sy het dit nie nodig nie. Terwyl die ander mense wat 'n loopbaan

moet bou in die nuwe SA, wat min geleenthede gehad het, dit is waar mens dinge sien

binne-in 'n raamwerk, dit is wat hulle van ons verwag ook. As jy moet voluit gaan weet

jy wie is die beste persoon, maar daar is ander emosies wat ook bykom, en dit maak

dit moeilik.

Frans: Om aan te sluit dit is wet, dit gaan deur Wetgewing op ons afgedwing word. Dit

is klaar daar, dit moet nog net geïmplementeer word, waar die groot maatskappye

moet sê wat is hulle plan van aksie, hoe gaan hulle dit implementeer. Hoe ons dit gaan

hanteer is 'n ander probleem.

Mike: Daar is egter baie wat saamgaan met regstellende aksie. Dit is in die begin, soos

enige iets anders, is dit teen-produktief, en dit sal nog so wees vir nog lank. Ek werk vir

'n maatskappy wat al vir seker twintig jaar regstellende aksie as deel van hulle beleid

het, en dit het hulle 'n groot klomp geld gekos, want opleiding vir anderskleuriges het

hulle baie geld gekos. En omtrent 80% van daai mense wat opgelei is deur die

maatskappy, is opgeraap deur buite maatskappye wat hulle meer geld aangebied het,

sodat hulle kan sê ons het ook regstellende aksie as beleid, maar hulle was nie bereid

om die opleiding daarvan te betaal nie. So dit gaan, as die groot maatskappye nie

bereid is om die opleiding te doen nie, wat hulle geld gaan kos nie, dan gaan gebeur

wat ons groot vrees is, dat mense in poste ingesit gaan word sonder die nodige

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!