25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bylaag 7: Gesprek 7 (4 November 1998)

p516

Lewe na apartheid – Gesprek 7: 4 November 1998

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10

11

12

13

14

15

16

17

18

19

20

21

22

23

24

25

26

27

28

29

30

31

32

33

34

Albert: Kan ek miskien net weer sê wat ek aan die begin gesê het, ons groep weet dit

nou al, maar ter wille van ons besoekers. Ons neem alles op band op, as dit reg is,

wanneer ek die bande transkribeer verander ek al die name sodat niemand weet wie

wat gesê het nie, daar is net 'n Albert, Ben of Charlie in, so daar is geen

identifiseerbare getuienis nie. Is dit goed so?

Ek het aanvanklik gesê toe ek ons besoekers genooi het, dat ons oor twee goeters

gaan praat, eers oor apartheid, veral uit die swart en bruin perspektief oor apartheid,

wat het apartheid aan julle gedoen, wat was julle belewing daarvan. En dan gaan ons

in die tweede gedeelte praat oor die pad vorentoe, hoe gaan ons 'n sukses maak van

hierdie nuwe SA waarin ons almal deel het. Ek het al in die groep een en ander gesê

oor my gesprek wat ek en Quincy gehad het. Die een ding waaroor ons gepraat het,

julle sal onthou van die hond wat in die bakkie ry. Daardie storie wat jy vertel het, dit

het nogal 'n indruk op my gemaak. Waar gaan ons afskop, wil iemand iets sê?

Frans: Ek het nou agtergekom jy het reeds met Quincy gepraat. Wat van Rose? Hoe

ingelig is hulle oor waaroor ons regtig praat, het hulle 'n bietjie agtergrond?

Albert: Miskien moet ek eers 'n bietjie verduidelik, ek het nou al vir Rose en haar man,

van ons transkripsies gegee van die eerste vier gesprekke. (Steve sluit by die groep

aan en word voorgestel aan elkeen in die groep). Welkom aan Steve. Can we use

Afrikaans and if you want to say something you are welcome to do it in English, or if

you don't understand we can say it in English. (Steve is tevrede met so 'n reëling).

Rose-hulle het nou al iets gelees van die begin van die gesprekke, so hulle is redelik

op hoogte, en ek het al iets van hulle ervarings aan julle deurgegee. Ek het met Quincy

gesels, hy het nog nooit van die transkripsies gelees nie, maar ek het vir hom redelik

breedvoerig vertel en wat my indrukke was tot op daardie stadium, Steve het ook al

van die transkripsies gelees en ek het gisteraand ook met hom 'n gesprek gehad en

verduidelik dat ons darem al heelwat verder is as wat ons in die eerste paar gesprekke

was. So dis wat ons besoekers weet. Miskien moet ons dan nou maar voor begin met

die vraag, vanuit hulle eie perspektief, as jy dink aan die woord "apartheid", wat dink

jy? Ons het ons idees, maar ons sal graag julle idees wil hoor.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!