LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Bylaag 6: Gesprek 6 (27 Oktober 1998) p512 661 662 663 664 665 666 667 668 669 670 671 672 673 674 675 676 677 678 679 680 681 682 683 684 685 686 687 688 689 690 691 692 693 694 695 696 697 Elsa: Ek hoor wat jy sê, miskien is ek net baie fyngevoelig oor sulke goed. Mike: Ek dink nie jy is nie, ek dink jy is soos 'n roker, wat opgehou rook het. Hy haat dit as iemand langs hom staan en rook. Albert: Net so kortliks, het die kerk 'n rol in die pad van versoening, ek dink ons is dit eens ons moet 'n manier van versoening kry sodat ons nie op 'n burgeroorlog of op chaos afstuur nie. Die vraag is het die kerk 'n funksie, wat is sy funksie, hoe moet hy hierdie rol speel. Ben: Hier is nog baie mense in ons gemeente wat nie gelukkig is om te sê dit was verkeerd nie, hulle het allerhande redenasies en die Bybel, hulle praat nou meer van die Ou Testament. Albert: Hoe gaan mens daai ouens se koppe gedraai kry? Dit is soos wat jy gesê het 'n ruk terug met jou koor wat hier gesing het, Unitas se koor het ook 'n tyd gelede hier gesing, lank terug. Hanlie: Ek het mos nou-die-aand vir jou gevra, of ek iemand kan bring, en nou toe sy praat toe dink ek nee dankie, ek sal nie. Karin: Ek wil vir jou die positiewe belewenis gee van na die tyd, toe koor nou uitgegaan het bussie toe, het baie van die gemeente rondom hulle saamgedrom en hulle bedank en gehoor wie het hulle afgerig, dit was regtig vir hulle 'n positiewe belewenis. Hulle het my na die tyd bedank vir die voorreg dat hulle kon kom. Ek was baie teleurgesteld dat hulle nie uitgekom het en voor gaan staan het nie, maar toe het ek besef dat hulle het miskien te bedreig gevoel, dat hulle eerder bymekaar gebly het en vorentoe gesing het. Die gemeente se reaksie na die tyd was baie positief gewees. Albert: Ek is baie bly daaroor, maar ek is nog baie bekommerd oor die anderkant van die reaksie, die negatiewe reaksie, toe Unitas se koor 'n paar jaar terug gesing het, was daar nog maar minder swartmense in die koor as wat daar nou is. Toe was daar kerkraadslede wat ongelukkig was daaroor en beswaar gemaak het daaroor. Ons het wel al die reaksie gehad, maar dit was jare terug, dat blanke lidmate uitstap wanneer daar swart persone die erediens inkom, maar ek dink daar is nog 'n klomp lidmate is wat nie vrede het as die swart mense die kerk inkom nie.

Bylaag 6: Gesprek 6 (27 Oktober 1998) p513 698 699 700 701 702 703 704 705 706 707 708 709 710 711 712 713 714 715 716 717 718 719 720 721 722 723 724 725 726 727 728 729 730 731 732 733 734 Hanlie: Jy het net-nou gevra hoe moet 'n mens dit doen. Ek dink dat die leiers sterk moet standpunt stel, en is daar miskien blootstelling. Miskien is dit omdat ons nie geleentheid gehad het in die verlede om te meng met Christene van ander kleure nie, miskien moet ons juis uitgaan van die standpunt dat ons sulke dae of byeenkomste moet reël, wat vrywillig bygewoon word deur ons gemeente se mense, waar ons dan ander mense nooi om te kom, en hoe meer ons dan blootstelling het en met mekaar kommunikeer, dink ek sal dit tog dalk 'n invloed hê. Miskien moet ons van anderskleurige predikante gebruik maak wat Afrikaans is, want daar is wel tog pragtige mense wat net so 'n wonderlike diens kan doen. Ek voel dat die apart hou, ek het baie begrip vir wat hy gesê het van die taal en die formaat van die diens, die manier waarop dit gedoen word, maar daar is tog maniere waarop 'n mens meer blootstelling aan lidmate kan gee om hulle soort van gewoond te maak dat hulle kan agterkom, daar is nie so 'n verskil nie, daar is nie so 'n verskil tussen die dinge waarvoor ons bid nie, daar is nie so 'n verskil tussen die dinge wat ons nodig het nie, my emosionele toestand is miskien te wyte daaraan, ons het vanmiddag 'n memorial service gehad vir 'n Standerd sewe kind wat homself geskiet het, en ek het gesit en kyk na die familie. Daar is nie 'n verskil in die smart en die seerkry en in die hartseer en die ma-wees of pa-wees nie. Ons het te min blootstelling. Albert: Weer die ding van die twee wêrelde waarin ons lewe wat gelukkig nader aan mekaar kom, maar nog ver vanmekaar af is. Hanlie: Ek weet nie hoe gaan die mense reageer as hulle Sondag-oggend in die kerk inkom en jy het 'n swart ds. wat preek nie. Ek weet nie hoe gaan hulle reageer as twee kerke besluit ons doen 'n spesiale diens vanaand, want was vir my ook baie erg was, is ek het altyd gegaan na die afsluiting van die Pinksterdienste wat dan NG kerk afsluiting was. En die hoeveelheid wit mense wat gekom het was baie min, en wat my erg gepla het, die predikante wat dit bygewoon het was geweldig min en in baie gevalle het sommige gemeentes hulle aanddienste gekanselleer maar dan is die afkondiging byvoorbeeld gemaak, daar is 3 uur 'n diens, by dit en dit se gemeente, maar ons finale afsluiting van ons reeks, vind nog vanaand om 7 uur plaas. Ek het gedink dit was verkeerd gedoen, dan sien ek omtrent 5 mense uit ons gemeente en dan sien ek nie ons predikante nie. Mike: Ek wil net gou antwoord op die vraag, wat kan die kerk doen. Hier sit ons, ons is sewe mense, en ek dink nie twee van ons stem saam oor dieselfde ding nie, oor alles. Ons sal oor punte verskil, dit is logies ook. En wanneer die kerk wil voorskryf, volgens

Bylaag 6: Gesprek 6 (27 Oktober 1998)

p513

698

699

700

701

702

703

704

705

706

707

708

709

710

711

712

713

714

715

716

717

718

719

720

721

722

723

724

725

726

727

728

729

730

731

732

733

734

Hanlie: Jy het net-nou gevra hoe moet 'n mens dit doen. Ek dink dat die leiers sterk

moet standpunt stel, en is daar miskien blootstelling. Miskien is dit omdat ons nie

geleentheid gehad het in die verlede om te meng met Christene van ander kleure nie,

miskien moet ons juis uitgaan van die standpunt dat ons sulke dae of byeenkomste

moet reël, wat vrywillig bygewoon word deur ons gemeente se mense, waar ons dan

ander mense nooi om te kom, en hoe meer ons dan blootstelling het en met mekaar

kommunikeer, dink ek sal dit tog dalk 'n invloed hê. Miskien moet ons van

anderskleurige predikante gebruik maak wat Afrikaans is, want daar is wel tog pragtige

mense wat net so 'n wonderlike diens kan doen. Ek voel dat die apart hou, ek het baie

begrip vir wat hy gesê het van die taal en die formaat van die diens, die manier waarop

dit gedoen word, maar daar is tog maniere waarop 'n mens meer blootstelling aan

lidmate kan gee om hulle soort van gewoond te maak dat hulle kan agterkom, daar is

nie so 'n verskil nie, daar is nie so 'n verskil tussen die dinge waarvoor ons bid nie,

daar is nie so 'n verskil tussen die dinge wat ons nodig het nie, my emosionele

toestand is miskien te wyte daaraan, ons het vanmiddag 'n memorial service gehad vir

'n Standerd sewe kind wat homself geskiet het, en ek het gesit en kyk na die familie.

Daar is nie 'n verskil in die smart en die seerkry en in die hartseer en die ma-wees of

pa-wees nie. Ons het te min blootstelling.

Albert: Weer die ding van die twee wêrelde waarin ons lewe wat gelukkig nader aan

mekaar kom, maar nog ver vanmekaar af is.

Hanlie: Ek weet nie hoe gaan die mense reageer as hulle Sondag-oggend in die kerk

inkom en jy het 'n swart ds. wat preek nie. Ek weet nie hoe gaan hulle reageer as twee

kerke besluit ons doen 'n spesiale diens vanaand, want was vir my ook baie erg was, is

ek het altyd gegaan na die afsluiting van die Pinksterdienste wat dan NG kerk afsluiting

was. En die hoeveelheid wit mense wat gekom het was baie min, en wat my erg gepla

het, die predikante wat dit bygewoon het was geweldig min en in baie gevalle het

sommige gemeentes hulle aanddienste gekanselleer maar dan is die afkondiging

byvoorbeeld gemaak, daar is 3 uur 'n diens, by dit en dit se gemeente, maar ons finale

afsluiting van ons reeks, vind nog vanaand om 7 uur plaas. Ek het gedink dit was

verkeerd gedoen, dan sien ek omtrent 5 mense uit ons gemeente en dan sien ek nie

ons predikante nie.

Mike: Ek wil net gou antwoord op die vraag, wat kan die kerk doen. Hier sit ons, ons is

sewe mense, en ek dink nie twee van ons stem saam oor dieselfde ding nie, oor alles.

Ons sal oor punte verskil, dit is logies ook. En wanneer die kerk wil voorskryf, volgens

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!