LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Bylaag 6: Gesprek 6 (27 Oktober 1998) p508 515 516 517 518 519 520 521 522 523 524 525 526 527 528 529 530 531 532 533 534 535 536 537 538 539 540 541 542 543 544 545 546 547 548 549 550 Mike: Kyk wat het hulle met Beyers Naudé gemaak. Elsa: Hulle het hom uit die kerk uit geskop. Mike: Dis hoekom ek sê, dis baie maklik om te sê, die kerk het nou besluit dis verkeerd. Ek sê mense het tot bekering gekom, nie die kerk nie. Mense wat skuldig was aan een of ander misdryf, wat ek met hom saamstem, as ek nie aan 'n misdryf skuldig was nie was ek dalk skuldig as ek deel was van 'n sisteem, en sorry as daai sisteem nou nie reg was vir ander mense nie, dan is ek ook jammer. Maar mense het dalk in hulle harte tot bekering gekom en gesê maar ek het doelbewus dit en dat gedoen, ek het gepreek apartheid is reg, want dit staan in die Bybel, mense wat hulleself dalk bekeer het as gevolg van buite invloed. Ek weet nie of daar nou ewe skielik op die sinode 'n hele klomp mense sit wat besef, jislaaik ek het gisteraand nou 'n boodskap gekry wat sê dit is sonde. Ek dink dit is gedryf deur omstandighede wat mense se oë oopmaak vir die dinge wat verkeerd is. Ek dink dis nie sommer so 'n skielike klomp mense wat …. Elsa: Steeds is dit nog nie almal in die NG kerk, die kerk se struktuur of hoofliggaam voel almal nog nie soos wat hier staan nie. Ek is verstom, ek hoor wat Hanlie sê, in 'n mate voel ek baie soos sy. Ek het ook op 'n stadium weggebly maar ek kom nou weer terug, maar so onlangs as verlede Dinsdag, iemand wat saam met ons by die vroue Bybelstudie was, 'n groot Christen mens, sy gaan doen sendingwerk by die hospitale, wel as jy haar nou so beleef dink jy sy is 'n diep gelowige Christen mens. Toe maak sy 'n stelling, soos hierdie swartetjies wat in die straat loop en groente verkoop, mens moet hulle sommer onderstebo ry, doodry. Sulke goed maak nie vir my sin, hoe kan 'n mens wat sê hy is 'n kind van die Here, hy lewe so, hy ken omtrent die Bybel uit sy kop uit, hy is by elke kerkgeleentheid, by elke bybelstudie, hy gaan doen sendingwerk, maar dan sê hy hy wil sommer die swart smouse in die straat doodry. Sulke goed verstaan ek nie. Mike: Ek dink dit is baie swaar om vir 'n Christen om 100% reg te lewe. Ek dink dit is geweldig moeilik. Ek lees van dissipels in die Bybel, ek lees van koning Dawid se dinge, mense wat saam met Jesus geleef het en die dinge gesien het, hoe moeilik was dit nie vir hulle nie. So wat jy sê is waar, weer eens sê ek ons het die genade van Bo om daai foute vir onsself te vergewe. As die kerk, hierdie Welkom-Suid, net moes

Bylaag 6: Gesprek 6 (27 Oktober 1998) p509 551 552 553 554 555 556 557 558 559 560 561 562 563 564 565 566 567 568 569 570 571 572 573 574 575 576 577 578 579 580 581 582 583 584 585 586 587 bestaan uit absolute 100% mense wat geen sonde het nie… Ek weet regtig nie, of ek daar sou kon inkom nie. Elsa: Maar ons basiese geloofsbelydenis, die kern daarvan sê, jy moet die Here jou God liefhê en jou naaste soos jouself. Mike: Jy moet hard probeer. Karin: Wat nou so deur my kop gegaan het rondom die kerk: Onlangs het ons vereniging se swart koor hier by die kerk opgetree, en op 'n stadium het ek negatiewe vibes opgetel, en toe dink ek, ek soek net nie 'n debakel op my kop nie. Baie keer het 'n mens nie die vrymoedigheid gehad om die mense met wie jy elke dag mee saamwerk… want vir my, ek sien dit nie meer raak nie. Ek word nog met situasies gekonfronteer soos wit vroue wat sê ek ry nie saam met 'n swarte in 'n voertuig alleen nie, dan moet ek ry. Dit maak dit moeilik, Daar sal altyd dit bly, of een van my swart kollegas wat sal kom sê, hulle het my alweer hier onder vier oë gehad, want hulle sê ek eet saam met die wittes. So is so kompleks, al wat ek al baie keer gewonder het, toe een van die maatskaplike werkers van 'n ander organisasie saam met my gery het, wat dink jy is die oplossing van die land, toe sê ek apartheid moes nooit daar gewees het nie, want in die Bybel staan daar geskrywe daar sal altyd rykes wees, daar sal altyd armes wees. Dan sal die rykes met die rykes, die middelklas by die middelklas en die armes by die armes gebly het, die wat wou gemeng het sou, en die wat nie wou nie, sou nie, en dan sou al hierdie dinge nie gebeur het nie. Dis my eie persoonlike mening. By my huis is my werksmense welkom, hulle kom by die voordeur in, en hulle kom sit en drink tee saam met my, dit is normale praktyk. Johan wil nie 'n inslaap bediende hê nie, reeds as gevolg van die feit dat die ma moet by haar kinders by die huis wees, so ons is besorg oor daai sake. Ek sien nie meer kleur as sulks raak nie, een middag het ek by die huis gekom, toe sien ek my bediende is glad nie lekker nie toe vat ek haar in hospitaal toe, toe trek die swart suster rang op my en sê ek moes haar kliniek toe gevat het en nie hospitaal toe gebring het nie. Ek het toe niks verder gesê nie en rustig geluister na haar storie, en toe het ek vir haar gesê van die gevare dat sy 'n "stroke" in die straat kon gekry het. Maar baie beleefd vir haar gevra. Dit is 'n groot proses wat besig is om te gebeur van alle kante af, tot die mense jou leer ken en jou eie handel en wandel aanvaar. Albert: In hierdie proses waardeur jy is die afgelope tyd, in terme van jou werk en so aan, watter rol het die kerk daarin gespeel. Het jy ooit van die kerk se kant boodskappe

Bylaag 6: Gesprek 6 (27 Oktober 1998)

p509

551

552

553

554

555

556

557

558

559

560

561

562

563

564

565

566

567

568

569

570

571

572

573

574

575

576

577

578

579

580

581

582

583

584

585

586

587

bestaan uit absolute 100% mense wat geen sonde het nie… Ek weet regtig nie, of ek

daar sou kon inkom nie.

Elsa: Maar ons basiese geloofsbelydenis, die kern daarvan sê, jy moet die Here jou

God liefhê en jou naaste soos jouself.

Mike: Jy moet hard probeer.

Karin: Wat nou so deur my kop gegaan het rondom die kerk: Onlangs het ons

vereniging se swart koor hier by die kerk opgetree, en op 'n stadium het ek negatiewe

vibes opgetel, en toe dink ek, ek soek net nie 'n debakel op my kop nie. Baie keer het

'n mens nie die vrymoedigheid gehad om die mense met wie jy elke dag mee

saamwerk… want vir my, ek sien dit nie meer raak nie. Ek word nog met situasies

gekonfronteer soos wit vroue wat sê ek ry nie saam met 'n swarte in 'n voertuig alleen

nie, dan moet ek ry. Dit maak dit moeilik, Daar sal altyd dit bly, of een van my swart

kollegas wat sal kom sê, hulle het my alweer hier onder vier oë gehad, want hulle sê ek

eet saam met die wittes. So is so kompleks, al wat ek al baie keer gewonder het, toe

een van die maatskaplike werkers van 'n ander organisasie saam met my gery het, wat

dink jy is die oplossing van die land, toe sê ek apartheid moes nooit daar gewees het

nie, want in die Bybel staan daar geskrywe daar sal altyd rykes wees, daar sal altyd

armes wees. Dan sal die rykes met die rykes, die middelklas by die middelklas en die

armes by die armes gebly het, die wat wou gemeng het sou, en die wat nie wou nie,

sou nie, en dan sou al hierdie dinge nie gebeur het nie. Dis my eie persoonlike mening.

By my huis is my werksmense welkom, hulle kom by die voordeur in, en hulle kom sit

en drink tee saam met my, dit is normale praktyk. Johan wil nie 'n inslaap bediende hê

nie, reeds as gevolg van die feit dat die ma moet by haar kinders by die huis wees, so

ons is besorg oor daai sake. Ek sien nie meer kleur as sulks raak nie, een middag het

ek by die huis gekom, toe sien ek my bediende is glad nie lekker nie toe vat ek haar in

hospitaal toe, toe trek die swart suster rang op my en sê ek moes haar kliniek toe gevat

het en nie hospitaal toe gebring het nie. Ek het toe niks verder gesê nie en rustig

geluister na haar storie, en toe het ek vir haar gesê van die gevare dat sy 'n "stroke" in

die straat kon gekry het. Maar baie beleefd vir haar gevra. Dit is 'n groot proses wat

besig is om te gebeur van alle kante af, tot die mense jou leer ken en jou eie handel en

wandel aanvaar.

Albert: In hierdie proses waardeur jy is die afgelope tyd, in terme van jou werk en so

aan, watter rol het die kerk daarin gespeel. Het jy ooit van die kerk se kant boodskappe

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!