LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Bylaag 6: Gesprek 6 (27 Oktober 1998) p504 367 368 369 370 371 372 373 374 375 376 377 378 379 380 381 382 383 384 385 386 387 388 389 390 391 392 393 394 395 396 397 398 399 400 401 402 403 Albert: Mens kan op twee vlakke werk, mens kan vra na die amptelike standpunte van die kerk en dan kan mens kyk na wat in individuele mense se lewens gebeur het. Mike: Het die NG Kerk die regering ondersteun, of was hulle anti, dit is die vraag wat jy vra. In 'n mate het die sinode. Daar het selfs mense uit die NG Kerk padgegee omdat hulle nie saamstem met die beleid nie. Maar oorwegend dink ek, soos ek grootgeword het, het die NG kerk het hom al gedistansieer van politieke besluite. Johan: Dit sal interessant wees, die 380 afgevaardigdes by die sinode, stem al 380 saam of aanvaar hulle dit nou maar eenmaal omdat die meerderheid dit besluit het. Weer eens elke ou gaan sy lewe lank 'n persepsie verskil het van die ou langs hom. Albert: Ek kan nie spesifiek onthou wat die stemming se uitslag was nie, maar dit was met 'n oorweldigende meerderheid aanvaar. Daar sal ouens wees wat anders dink daaroor, maar… Johan: Ons lewe lank sal daar ouens wees wat anders dink daaroor, hy diskrimineer nie omdat hy wil seermaak nie, maar hy sien dit nie as sonde nie. Hy stem nie saam met die definisie nie, vir een of ander rede is hy daarteen. Albert: Ek het julle mos vertel van die ou oom by wie ek gekom het op huisbesoek wat al in die 70 is, wat nog steeds kwaad is vir die Engelse oor destyds. Daar sal altyd sulke mense wees. Maar as die kerk, binne-in die kultuur waarin hulle beweeg het, waarin die lidmate beweeg het, was dit seker 'n gangbare ding. Hoekom het dit ons so lank gevat om op die punt te kom waar ons twee weke gelede gekom het, hoekom het die kerk so lank gevat om in die openbaar te kom sê maar ons benadeel mense in hierdie land van ons. In daai stukkie wat ek vir julle uitgedeel het, die 5de paragraaf, daar staan ook "Die NG Kerk het baie jare lank al te teoreties na die saak bly kyk." Hoekom het die kerk dan vir jare der jare net so aangegaan. Gaan dit maar saam met die feit dat ons die bevoorregtes was? Hanlie: Ja, ek dink so. Net nou toe ons begin het, het jy gesê hoe jy gevoel het toe jy die artikel gelees het, nou ek het dit gevoel wat jy nou vra. Ek het gevoel, uiteindelik, moes dit julle so lank gevat het om net soos Tutu gesê het simply to say I’m sorry. Het dit julle nou wragtig so lank gevat om dit te sê? En gelukkig moet ek sê stem ek baie saam met wat hy gesê het dat individue in die kerk het almal verskillend opgetree deur die afgelope klomp jare en daar was mense wat die saak en nog in die toekoms die

Bylaag 6: Gesprek 6 (27 Oktober 1998) p505 404 405 406 407 408 409 410 411 412 413 414 415 416 417 418 419 420 421 422 423 424 425 426 427 428 429 430 431 432 433 434 435 436 437 438 439 440 saak verskillend gaan interpreteer, maar ten minste het die kerk nou 'n beleidsrigting stap geneem. Ek wou net graag dit sê, ek dink die onderwerp is vir my die swaarste van al die onderwerpe wat ons ooit aangeraak het. Want my persoonlik raak dit geweldig, ek het totale kontak met my kerk verloor, en dit is een van die redes. Ek het gevoel dat ek elke keer dat ek oor sulke onderwerpe praat, in doodloopstrate uitkom, en miskien het ek dit baie moeilik gevind om te besef dat elke ou sy eie opinie moet hê en dat ek gevoel het, ek kan nie meer maak, saam in die kerk sit en maak asof alles reg is, terwyl ek weet dit is nie reg nie. En nou was dit ironies so dat ek gisteraand by iemand iets moet gaan afgee, 'n lidmaat van ons kerk, en ek bloot sê, o ek sien jy’t ook M-Net, ja want ek kan die bleddie kafferprogramme nie kyk nie, dis 'n persoon wat gereeld by ons in die kerk sit. Ek sê nou vir julle ek kan nie meer na Welkom-Suid se kerk toe kom nie, ek weet ek is verkeerd, maar ek bely net dit is op die oomblik my probleem. A weet van baie dinge, ek kan al jare nie meer daar kom sit en hoor hoe pragtig sing die mense en hoor hoe wonderlik doen mense baie dinge vir barmhartigheid wat ek nie eers doen nie, en ek weet dieselfde mense kyk met 'n ander oog na hulle bediendes. Ek het baie ernstig daaroor gevoel, dis hoekom ek jou net-nou oor taal uitgevra het, ek stem saam dat ek ook graag die Here se woord in my taal hoor. Ek wil sê dat daar min kerke is waar ek op die musiek terrein enigsins tuis voel, omdat ek baie klassiek georiënteerd is, is dit vir my moeilik om by baie ander kerke die Here te prys op die manier waarop hulle dit doen, alhoewel ek dit doen omdat ek dit saam met kinders by die skool doen. Ek sou die Here graag met Bach en Händel wou prys, ek is nou maar Europees georiënteerd wat by kultuur betref. Ek het meer gesien van duidelike bewyse teen apartheid by ons ander kerke as wat ek in ons NG kerk gesien het, en ek voel nog steeds daar is baie mense wat bediendes het, wat Afrikaans magtig is, en wat geen moeite doen om hulle bediendes saam kerk toe te bring nie. En ek voel baie sterk oor die feit dat ons selfs 'n aparte, dat op ons programmetjie op 'n stadium gestaan het biduur vir huisbediendes. Nie biduur vir Sotho vroue byvoorbeeld nie, of biduur vir vroue nie. Ek weet julle sê dit is omdat dit bedoel was om die mense te help, maar dit is reg en goed, maar sien julle hoe sensitief het ek nou geword, dat ek is so bewus van apartheid, ek leef in so 'n ander wêreld dat as ek in ons kerk instap, dan dink ek hel maar dit is wit, is hier dan niemand wat eers 'n bietjie kleur het nie? Mike: Iemand het eendag vir my gesê, jy kan vir die res van jou lewe doodstil staan, niks doen nie, eenkant. Die kans is goed dat niemand jou sal raaksien nie, maar gee een tree, dan is die kanse goed dat mense jou gaan kritiseer dat jy in die verkeerde rigting geloop het. Wat ek sê, dit is baie maklik om opsy te staan en te sê ek bly uit hierdie ding uit, want as ek dit daar doen dan doen ek dit verkeerd, ek voel net dat wat

Bylaag 6: Gesprek 6 (27 Oktober 1998)

p505

404

405

406

407

408

409

410

411

412

413

414

415

416

417

418

419

420

421

422

423

424

425

426

427

428

429

430

431

432

433

434

435

436

437

438

439

440

saak verskillend gaan interpreteer, maar ten minste het die kerk nou 'n beleidsrigting

stap geneem. Ek wou net graag dit sê, ek dink die onderwerp is vir my die swaarste

van al die onderwerpe wat ons ooit aangeraak het. Want my persoonlik raak dit

geweldig, ek het totale kontak met my kerk verloor, en dit is een van die redes. Ek het

gevoel dat ek elke keer dat ek oor sulke onderwerpe praat, in doodloopstrate uitkom,

en miskien het ek dit baie moeilik gevind om te besef dat elke ou sy eie opinie moet hê

en dat ek gevoel het, ek kan nie meer maak, saam in die kerk sit en maak asof alles

reg is, terwyl ek weet dit is nie reg nie. En nou was dit ironies so dat ek gisteraand by

iemand iets moet gaan afgee, 'n lidmaat van ons kerk, en ek bloot sê, o ek sien jy’t ook

M-Net, ja want ek kan die bleddie kafferprogramme nie kyk nie, dis 'n persoon wat

gereeld by ons in die kerk sit. Ek sê nou vir julle ek kan nie meer na Welkom-Suid se

kerk toe kom nie, ek weet ek is verkeerd, maar ek bely net dit is op die oomblik my

probleem. A weet van baie dinge, ek kan al jare nie meer daar kom sit en hoor hoe

pragtig sing die mense en hoor hoe wonderlik doen mense baie dinge vir

barmhartigheid wat ek nie eers doen nie, en ek weet dieselfde mense kyk met 'n ander

oog na hulle bediendes. Ek het baie ernstig daaroor gevoel, dis hoekom ek jou net-nou

oor taal uitgevra het, ek stem saam dat ek ook graag die Here se woord in my taal

hoor. Ek wil sê dat daar min kerke is waar ek op die musiek terrein enigsins tuis voel,

omdat ek baie klassiek georiënteerd is, is dit vir my moeilik om by baie ander kerke die

Here te prys op die manier waarop hulle dit doen, alhoewel ek dit doen omdat ek dit

saam met kinders by die skool doen. Ek sou die Here graag met Bach en Händel wou

prys, ek is nou maar Europees georiënteerd wat by kultuur betref. Ek het meer gesien

van duidelike bewyse teen apartheid by ons ander kerke as wat ek in ons NG kerk

gesien het, en ek voel nog steeds daar is baie mense wat bediendes het, wat Afrikaans

magtig is, en wat geen moeite doen om hulle bediendes saam kerk toe te bring nie. En

ek voel baie sterk oor die feit dat ons selfs 'n aparte, dat op ons programmetjie op 'n

stadium gestaan het biduur vir huisbediendes. Nie biduur vir Sotho vroue byvoorbeeld

nie, of biduur vir vroue nie. Ek weet julle sê dit is omdat dit bedoel was om die mense

te help, maar dit is reg en goed, maar sien julle hoe sensitief het ek nou geword, dat ek

is so bewus van apartheid, ek leef in so 'n ander wêreld dat as ek in ons kerk instap,

dan dink ek hel maar dit is wit, is hier dan niemand wat eers 'n bietjie kleur het nie?

Mike: Iemand het eendag vir my gesê, jy kan vir die res van jou lewe doodstil staan,

niks doen nie, eenkant. Die kans is goed dat niemand jou sal raaksien nie, maar gee

een tree, dan is die kanse goed dat mense jou gaan kritiseer dat jy in die verkeerde

rigting geloop het. Wat ek sê, dit is baie maklik om opsy te staan en te sê ek bly uit

hierdie ding uit, want as ek dit daar doen dan doen ek dit verkeerd, ek voel net dat wat

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!