25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bylaag 6: Gesprek 6 (27 Oktober 1998)

p504

367

368

369

370

371

372

373

374

375

376

377

378

379

380

381

382

383

384

385

386

387

388

389

390

391

392

393

394

395

396

397

398

399

400

401

402

403

Albert: Mens kan op twee vlakke werk, mens kan vra na die amptelike standpunte van

die kerk en dan kan mens kyk na wat in individuele mense se lewens gebeur het.

Mike: Het die NG Kerk die regering ondersteun, of was hulle anti, dit is die vraag wat jy

vra. In 'n mate het die sinode. Daar het selfs mense uit die NG Kerk padgegee omdat

hulle nie saamstem met die beleid nie. Maar oorwegend dink ek, soos ek grootgeword

het, het die NG kerk het hom al gedistansieer van politieke besluite.

Johan: Dit sal interessant wees, die 380 afgevaardigdes by die sinode, stem al 380

saam of aanvaar hulle dit nou maar eenmaal omdat die meerderheid dit besluit het.

Weer eens elke ou gaan sy lewe lank 'n persepsie verskil het van die ou langs hom.

Albert: Ek kan nie spesifiek onthou wat die stemming se uitslag was nie, maar dit was

met 'n oorweldigende meerderheid aanvaar. Daar sal ouens wees wat anders dink

daaroor, maar…

Johan: Ons lewe lank sal daar ouens wees wat anders dink daaroor, hy diskrimineer

nie omdat hy wil seermaak nie, maar hy sien dit nie as sonde nie. Hy stem nie saam

met die definisie nie, vir een of ander rede is hy daarteen.

Albert: Ek het julle mos vertel van die ou oom by wie ek gekom het op huisbesoek wat

al in die 70 is, wat nog steeds kwaad is vir die Engelse oor destyds. Daar sal altyd

sulke mense wees. Maar as die kerk, binne-in die kultuur waarin hulle beweeg het,

waarin die lidmate beweeg het, was dit seker 'n gangbare ding. Hoekom het dit ons so

lank gevat om op die punt te kom waar ons twee weke gelede gekom het, hoekom het

die kerk so lank gevat om in die openbaar te kom sê maar ons benadeel mense in

hierdie land van ons. In daai stukkie wat ek vir julle uitgedeel het, die 5de paragraaf,

daar staan ook "Die NG Kerk het baie jare lank al te teoreties na die saak bly kyk."

Hoekom het die kerk dan vir jare der jare net so aangegaan. Gaan dit maar saam met

die feit dat ons die bevoorregtes was?

Hanlie: Ja, ek dink so. Net nou toe ons begin het, het jy gesê hoe jy gevoel het toe jy

die artikel gelees het, nou ek het dit gevoel wat jy nou vra. Ek het gevoel, uiteindelik,

moes dit julle so lank gevat het om net soos Tutu gesê het simply to say I’m sorry. Het

dit julle nou wragtig so lank gevat om dit te sê? En gelukkig moet ek sê stem ek baie

saam met wat hy gesê het dat individue in die kerk het almal verskillend opgetree deur

die afgelope klomp jare en daar was mense wat die saak en nog in die toekoms die

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!