25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bylaag 6: Gesprek 6 (27 Oktober 1998)

p501

257

258

259

260

261

262

263

264

265

266

267

268

269

270

271

272

273

274

275

276

277

278

279

280

281

282

283

284

285

286

287

288

289

290

291

292

293

daaroor dat elke ou moet sê jammer dat hy wit is nie, ek dink glad nie dit is in die

prentjie nie. Dat mense verwag dat almal wat wit is nou moet sê hulle is jammer nie.

Mike: Ek praat onder die standpunt van as 'n mens nie kyk na die evils wat gepleeg

was nie. Jy sê apartheid was nou 'n fout, jy is vreeslik jammer, dit was 'n sonde. Maar

ek voel nie sleg omdat ek daai swarte so behandel het nie, jy kan nie sê jy kyk verby

die punt as jy net kyk na die dade nie. Die dade is 'n uitvloeisel. Ek kan maklik verkeerd

verstaan word. Ons moet hom as 'n geheel uitbring, en dit sluit in die dade van alle

kante af. Ou Dingaan het daar in sy kraal gebly, hy het geen blankes gehad wat in sy

kraal gebly het nie, so hy het apartheid gehad. Hy het toe die boere wat ingekom het

vermoor, maar die dade wat hy gepleeg is niks nie, die feit dat hy nie witmense in sy

kraal gehad het nie, dit was sonde. Kan julle sien? Ek sien die ding as 'n geheel, wat

gebeur het en die beleid wat ons gehad het, het veroorsaak dat mense minderwaardig

behandel is, miskien van alle kante vermoor was, ens.

Elsa: Is dit nou nie juis die beleid wat dan die sonde is nie? Ek is oortuig daarvan dat

as jy met swartmense praat en hulle moet vir jou sê wat hulle die seerste gemaak het,

sal dit nie wees omdat hulle in hulle eie woongebiede gebly het of na hulle eie skool

toe moes gaan nie. Dit sou wees die feit dat ons gemaak het asof hulle minder mens is

as ons.

Mike: Ja, dan is jy weer by die dade.

Elsa: Nee, juis nie die dade nie Mike. Die hele idee dat hulle minder is as ons, dat hulle

nie dieselfde tipe mense is nie, deur ons hele houding en ons manier van lewe.

Mike: Dis hoe ons opgetree het, dit is nie apartheid nie. So dit is nie die sisteem nie.

Hanlie: Dan is jy inderdaad weer terug by, indien die sisteem oraait was …

Mike: Die sisteem was ook nie oraait nie …

Hanlie: Alles was verkeerd, ons baklei dan nou net oor wie was die eier en wie was die

hoender.

Mike: Ons kom terug na die stelling wat sê deur net te kyk na die dade, mis ons die

punt. (Onduidelik).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!