25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p35

and intricate networking... (Silverman 1989:12).

In hierdie navorsing sal die weefwerk van die mede-navorsers gerek en gekrimp,

gevoel en gevou word ten einde te hoor wat nie gesê word nie, om te sien wat nie

geskryf is nie. Dekonstruksie se bedoeling is om die bestaande kennis uit te daag en

omver te werp. In die woorde van White (1992:136):

He achieved this by developing deconstructive methods that: a)

brought forth the hidden contradictions in texts, and rendering visible

the repressed meanings – the "absent but implied" meanings, b) give

prominence to those knowledges ‘on the other side’, those considered

to be secondary, derivative and worthless.

Die navorsing sal dus besig wees met die teks, die hele teks en niks buiten die teks

nie, ten einde te hoor wat dalk nie in woorde gesê is nie en te verstaan hoekom sekere

dinge wel gesê word. In terme van die aard van hierdie navorsing, is dekonstruksie dus

'n belangrike grenspaal of “horison-lyn” vir die navorser se plasing binne die

postmoderniteit.

9.2 Epistemologie

Wat is kennis? Hoe kry 'n mens kennis? En, wat maak mense met kennis? Dit is die

vrae van die epistemologiese diskoers. Op die oog af eenvoudige vrae, maar die

antwoorde op hierdie vrae bepaal die navorser se werk. Die epistemologie stel belang

in hoe mense tot kennis kom (Dill & Kotzé 1997:3). Die navorser se epistemologie sal

dus sy of haar denkraamwerk en interpretasie bepaal. Dit sal die antwoord bepaal op

Müller, Van Deventer en Human (2001:93) se vraag: “How are you going to gather,

compile, and report the stories...?” Janse van Rensburg (2000:2) sluit aan by sy beeld

van 'n skildery en sê oor die epistemologie dat dit verwys na “how the paint should be

organised on the canvas to fit the paradigm... how the knowledge should be gathered

and organised.”

In 'n latere artikel bevraagteken Janse van Rensburg (2007:62) die moontlikheid om 'n

postmoderne epistemologie in die praktiese teologie te volg sonder om Bybelse en

geloofsuitgangspunte in gedrang te bring. Hy voer aan dat 'n postmoderne

epistemologie wat van 'n sosiaal-konstruksionistiese metodologie gebruik maak,

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!