LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Bylaag 5: Gesprek 5 (6 Oktober 1998) p492 661 662 663 664 665 666 667 668 669 670 671 672 673 674 675 676 677 678 679 680 681 682 683 684 685 686 687 688 689 690 691 692 693 694 695 696 697 Johan: Maar dan moet ons nie sê ons is nie-rassisties nie. As ek nou 'n swart leier is, dan moet ek erken ek is 'n rassis as ek wil voortgaan met hierdie tipe wetgewing, dan moet ons nie oneerlik wees oor die hele storie nie. Albert: Wat is die verskil tussen regstellende aksie en omgekeerde rassisme, of is die twee dieselfde. Johan: Met ons wetgewing is daar geen verskil nie, dit is nie gebaseer op meriete nie, dis gebaseer op ras. Karin: Vir my leer ons nie uit mekaar se foute nie, die boere het nie by die Engelse geleer dat as jy 'n volk onderdruk, dan kook daai pot oor nie. En ons het dit nie geleer nie, en die swartes het dit ook nie van die situasie met die Engelse en nou met die situasie met die boere geleer nie. So daai pot gaan weer oorkook. Isak: Ons kan dalk in die toekoms wetgewing kry wat sê dat blankes dalk 'n pos gaan kry, minderheidsgroepe se regte ook beskerm word. Dit is vir my 'n geval, ons leer nie uit mekaar se foute nie. Ons loop nou 'n pad wat vir niemand iets in die sak gaan bring nie. Moet ons dit nou aanvaar, my kinders is nog in die bevoorregte posisie, hulle is nog in 'n bevoorregte skool, wat moet ek as individu doen? Moet ek hulle uit die skool uithaal, dis vir my die probleem. Ek dink elkeen van ons hier, net soos die swartmense, moet die pad vorentoe loop. Diskriminasie is veronderstel om weg te wees, maar dit het op 'n manier weer ingekom. Maar wat jy sê is reg, die eerste groot regstellende aksie het in '48 begin. Ons moet die pad begin loop met mekaar, dit gaan nie help ek gaan nog 'n R10 of R20 per maand afstaan wat ek in elk geval nie het nie. Ek sien 'n oplossing daarin dat ons as gelyke mense die pad kan loop. Naomi: Ek glo nie dit het veel te doen met dit wat ons hier bespreek nie, maar ek het net 'n opmerking wat ek wil maak, en dit gaan oor ons bedelaartjies op straat. Hoekom bedel hulle nie in Thabong nie? Hoekom is ons strate vol swart bedelaars, wit bedelaars? Want dit is die witmense wat vir hulle gee. Ek het al by 'n winkelsentrum gesit en gekyk, hulle gaan vra nie vir hulle eiekleuriges nie, maar die blanke kom vra by die blanke en die swarte kom vra by blanke. Hulle skud net hulle koppe en loop verder. Albert: Ek het nou die dag iewers gelees van 'n ou wat skryf, oor die swart koerantverkopertjies in die Kaap. Hulle is hoofsaaklik kleurlinge, maar hy sê hy het daar 'n swart seuntjie gesien wat koerante verkoop. Hy het toevallig by die outjie

Bylaag 5: Gesprek 5 (6 Oktober 1998) p493 698 699 700 701 702 703 704 705 706 707 708 709 710 711 712 713 714 715 716 717 718 719 720 721 gestop en gepraat met hom. Toe vra hy hom hoekom hy koerante verkoop – veral omdat dit 'n swarte is, die ander is almal kleurlinge. Toe sê hy hy is die enigste broodwinner in die gesin, ek kan nie onthou of sy ouma by hulle bly nie, maar sy ma is kreupel, die hele sad storie, en met sy koerantverkopery onderhou hy die hele gesin. Hy het sy naam ook gekry en waar hy bly en so aan. Toe 'n dag of twee later lees hy 'n berig in die koerant van 'n swart koerantverkoper wat doodgery is, hy gaan doen toe navrae en dit is toe presies die outjie. En hy gaan kyk toe waar bly die outjie en kom toe agter dit wat hy hom vertel het is regtig waar, hy was die enigste broodwinner gewees in die gesin in hierdie moeilike omstandighede. Toe maak hy die opmerking, dat as dit wit kinders was wat so koerante verkoop het, sou die VLU en wat ook al, al wat 'n vroue aksie en 'n koeksister-tannie was, al lankal iets daaraan gedoen het. Enige laaste opmerkings? Frans: Miskien is hierdie gesprek van vanaand nie klaar nie. En miskien moet ons as ons van ons ander vriende hier het, die gesprek voortsit. Albert: Dit is belangrik, dit is onvermydelik dat hierdie gesprek sal voortgaan as die swart mense hier is, want dit is die goed waaroor die toekoms gaan. Kan ons dit voorlopig op die eis hou sodat ons volgende week uit en uit praat oor die rol van die kerk, watter leiding het die kerk gegee in dié verband, die alternatiewe stemme wat daar was. As julle iets soek om daaroor te lees, kan julle met my praat. Ek het hordes boeke om te lees in die verband. {Einde van die gesprek}.

Bylaag 5: Gesprek 5 (6 Oktober 1998)

p492

661

662

663

664

665

666

667

668

669

670

671

672

673

674

675

676

677

678

679

680

681

682

683

684

685

686

687

688

689

690

691

692

693

694

695

696

697

Johan: Maar dan moet ons nie sê ons is nie-rassisties nie. As ek nou 'n swart leier is,

dan moet ek erken ek is 'n rassis as ek wil voortgaan met hierdie tipe wetgewing, dan

moet ons nie oneerlik wees oor die hele storie nie.

Albert: Wat is die verskil tussen regstellende aksie en omgekeerde rassisme, of is die

twee dieselfde.

Johan: Met ons wetgewing is daar geen verskil nie, dit is nie gebaseer op meriete nie,

dis gebaseer op ras.

Karin: Vir my leer ons nie uit mekaar se foute nie, die boere het nie by die Engelse

geleer dat as jy 'n volk onderdruk, dan kook daai pot oor nie. En ons het dit nie geleer

nie, en die swartes het dit ook nie van die situasie met die Engelse en nou met die

situasie met die boere geleer nie. So daai pot gaan weer oorkook.

Isak: Ons kan dalk in die toekoms wetgewing kry wat sê dat blankes dalk 'n pos gaan

kry, minderheidsgroepe se regte ook beskerm word. Dit is vir my 'n geval, ons leer nie

uit mekaar se foute nie. Ons loop nou 'n pad wat vir niemand iets in die sak gaan bring

nie. Moet ons dit nou aanvaar, my kinders is nog in die bevoorregte posisie, hulle is

nog in 'n bevoorregte skool, wat moet ek as individu doen? Moet ek hulle uit die skool

uithaal, dis vir my die probleem. Ek dink elkeen van ons hier, net soos die swartmense,

moet die pad vorentoe loop. Diskriminasie is veronderstel om weg te wees, maar dit

het op 'n manier weer ingekom. Maar wat jy sê is reg, die eerste groot regstellende

aksie het in '48 begin. Ons moet die pad begin loop met mekaar, dit gaan nie help ek

gaan nog 'n R10 of R20 per maand afstaan wat ek in elk geval nie het nie. Ek sien 'n

oplossing daarin dat ons as gelyke mense die pad kan loop.

Naomi: Ek glo nie dit het veel te doen met dit wat ons hier bespreek nie, maar ek het

net 'n opmerking wat ek wil maak, en dit gaan oor ons bedelaartjies op straat. Hoekom

bedel hulle nie in Thabong nie? Hoekom is ons strate vol swart bedelaars, wit

bedelaars? Want dit is die witmense wat vir hulle gee. Ek het al by 'n winkelsentrum

gesit en gekyk, hulle gaan vra nie vir hulle eiekleuriges nie, maar die blanke kom vra by

die blanke en die swarte kom vra by blanke. Hulle skud net hulle koppe en loop verder.

Albert: Ek het nou die dag iewers gelees van 'n ou wat skryf, oor die swart

koerantverkopertjies in die Kaap. Hulle is hoofsaaklik kleurlinge, maar hy sê hy het

daar 'n swart seuntjie gesien wat koerante verkoop. Hy het toevallig by die outjie

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!