LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Bylaag 5: Gesprek 5 (6 Oktober 1998) p488 513 514 515 516 517 518 519 520 521 522 523 524 525 526 527 528 529 530 531 532 533 534 535 536 537 538 539 540 541 542 543 544 545 546 547 548 549 gesindheid betref. Johan, jy het nog min gesê. Is jy tevrede? Moet ons jou kans gee om iets te sê? Johan: Hier word so baie dinge gesê waarmee ek myself vereenselwig, dit is net bloot die aanvaarding van ons skuld, dit wat ons moreel skuldig voel, ons as groep – want ek dink nie een van ons het iets doelbewus gedoen nie, 'n mes uitgehaal en iemand gesteek nie, en daai tipe goed, so morele skuld – maar die aanvaarding daarvan lê nou buite ons, en dis nou weer waar 'n opmerking soos daai De Castro kom, waar opmerking van ANC leiers kom. Hulle gaan nie tevrede wees voor die laaste stukkie bloed uit ons as blankes of Afrikaners uitgetap het nie. Aan die ander kant het ek ook nou al begin agterkom: Hier is van jou gemiddelde swartman wat nou al amper jammer begin voel vir ons blankes omdat ons so gery word. En dit is 'n feit. Die aanvaarding van die skuld lê buite ons, lê verder as ons en al gee jy nou wat gaan daar iemand wees wat nie tevrede gaan wees nie. Want daar is die radikales, soos waarskynlik die meneer van die Wêreldraad van Kerke. En dit is wat ek wil weet, waar gaan dit ophou, is my skulderkenning van die laaste paar jare, wanneer gaan dit genoeg wees? Frans: Die vrugte van die apartheidsbekering is moeiliker vir die individu as vir party van ons wat daagliks met dié mense kontak het. Die ander sy van die saak is, ons sal nie regtig weet hoe daai ou wat oorkant die straat bly, wat tot die besef kom dat hy het 'n fout gemaak, al sien jy dit nie, ons weet nie hoe hanteer hy die Martha’s of Benjamin’s wat vir hom werk nie. 'n Interessante ding, toe hierdie vier direkteure nou aangestel is by die Raad, het hulle onder andere vir 'n persoon wat aansoek gedoen het 'n vraag gevra, hoe tree jy op teenoor jou huisbediendes, hoe spreek hulle jou aan. Toe vra hulle die vraag, noem hulle jou op die naam of meneer of mevrou? Wat is die situasie? Toe sê hy nee, Martha sê nog steeds baas en so. Toe sê hulle vir hom met ander woorde jy hang nog aan apartheid, jy is nog 'n rassis. Daai ou het nie die werk gekry nie. 'n Ander ou het weer vir my gesê, en dit het my nogal geraak, toe ons deur die prosesse van skuldbelydenis gegaan het, het hy die swartes wat vir hom gewerk het ingeroep – en dit is die goed wat nie sigbaar is na buite toe nie – en vir hulle gesê luister ons is nou in 'n nuwe era, my naam is sê maar Frans en Elsa, julle hoef nie meer baas en miesies te sê nie; alternatiewelik kan julle sê meneer of mevrou. Hulle het die aanspreekvorm meneer en mevrou verkies, en dit het my geraak. Maar dit pla ons, ek en Elsa praat daaroor, ek kan nie dink dat Martha vir my moet Frans noem nie, dit nog iets waarmee ek moet worstel, daar is tog mense waarvan ek weet, wat dit werklik gedoen het, wat gesê het kom ons vat die baas en die miesies storie weg.

Bylaag 5: Gesprek 5 (6 Oktober 1998) p489 550 551 552 553 554 555 556 557 558 559 560 561 562 563 564 565 566 567 568 569 570 571 572 573 574 575 576 577 578 579 580 581 582 583 584 585 586 Albert: Ek wil net gou 'n brief lees. Antjie Krog skryf van 'n brief wat Tutu gelees het, 'n brief in Afrikaans: "Dan huil ek vir dit wat gebeur het, al kan ek niks daaraan verander nie. Dan soek ek in my binneste om te verstaan hoe is dit moontlik dat daar niemand eenvoudig geweet het nie. Hoe is dit moontlik dat so min iets daaraan gedoen het, dat ek ook maar baie keer net toegekyk het. Dan wonder ek hoe is dit moontlik om met daardie skuld en skande in die binnekant te lewe. Ek weet nie wat om te sê nie, ek weet nie wat om te doen nie, ek vra u hiermee om verskoning. Ek is jammer vir al die pyn en die hartseer, ek sê dit nie maklik nie, ek sê dit met 'n hart wat stukkend is, met trane in my oë". Dis 'n blanke iewers wat dit verwoord, wat baie van ons ook dalk sê. Ek wou net nou al die opmerking maak: Dit wat dalk 'n probleem is by baie mense om op die punt te kom dat hulle suksesvol vorentoe kan aangaan, is dat hulle maar nog steeds nie 'n oog het vir die diepte van die seer, van hoe mense werklik seergekry het in die ou bedeling nie. En dan maklik hulleself regverdig – en dit is hoekom ek aanmekaar die vraag vra – deur te sê ek praat nie meer van 'n kaffer of 'n meid nie. Asof dit dan genoegsaam sou wees om te herstel dit wat verkeerd gegaan het. Dit plaas onmiddellik Elsa se vraag op die tafel: wat van die grondeise, wat van regstellende aksie, ander goed soos die kwota stelsel; die nuwe arbeidswetgewing wat sê as 'n maatskappy groter as 'n sekere aantal is, dan moet hy die bevolkingsamestelling weerspieël, met ander woorde 80%, 90% swart en die res blank. Wat maak ons daarvan? Wat maak ons met 'n kwotastelsel by die Universiteit, as ons kinders aansoek doen by die Universiteit, dan sê hulle jou punte van 80% is goed, maar ons kan net vyf blankes vat, daar is 'n klompie swartes wat se punt net 70% is, hy kry toelating en jy nie. Isak: Dit kan die vergeldingsgevoel – en ek sê dit nie negatief nie – regstel, aanspreek in 'n mate, Maar jy kan nie op grond daarvan vorentoe 'n samelewing bou nie, jy kan regstellende aksie hê en baie mense wat nie voorheen werk gehad het nie, het nou werk. En baie blankes wat voorheen net kon instap en maklik werk kry, kry dit nie meer so maklik nie – dit is reg, ons kan dit doen. Maar ons kan nie 'n samelewing vorentoe bou wat vir swart, blank en Indiër in hierdie land welvaart gaan skep, waar ons almal materieel goed kan lewe nie. Want welvaart is nie iets wat jy kan uitdeel nie. Al is daai stukkie huis so groot, is dit welvaart, dit is nie iets wat vir jou uitgedeel word nie, dit is iets wat jy moet verwerf. As Frans sy welvaart kon verwerf met 'n drie verdieping huis wat tien keer groter is as myne wat ek kon verwerf op my meriete, dan het ons 'n samelewing geskep. Maar as daar welvaart geskep word, 'n gemeenskap geskep word, om nou reg te stel wat verkeerd is, deur hand-outs, deur uitdeel, op daai manier word mense aangestel, kry mense grond, by all means. Een van die hartseerste dinge

Bylaag 5: Gesprek 5 (6 Oktober 1998)

p489

550

551

552

553

554

555

556

557

558

559

560

561

562

563

564

565

566

567

568

569

570

571

572

573

574

575

576

577

578

579

580

581

582

583

584

585

586

Albert: Ek wil net gou 'n brief lees. Antjie Krog skryf van 'n brief wat Tutu gelees het, 'n

brief in Afrikaans: "Dan huil ek vir dit wat gebeur het, al kan ek niks daaraan verander

nie. Dan soek ek in my binneste om te verstaan hoe is dit moontlik dat daar niemand

eenvoudig geweet het nie. Hoe is dit moontlik dat so min iets daaraan gedoen het, dat

ek ook maar baie keer net toegekyk het. Dan wonder ek hoe is dit moontlik om met

daardie skuld en skande in die binnekant te lewe. Ek weet nie wat om te sê nie, ek

weet nie wat om te doen nie, ek vra u hiermee om verskoning. Ek is jammer vir al die

pyn en die hartseer, ek sê dit nie maklik nie, ek sê dit met 'n hart wat stukkend is, met

trane in my oë". Dis 'n blanke iewers wat dit verwoord, wat baie van ons ook dalk sê.

Ek wou net nou al die opmerking maak: Dit wat dalk 'n probleem is by baie mense om

op die punt te kom dat hulle suksesvol vorentoe kan aangaan, is dat hulle maar nog

steeds nie 'n oog het vir die diepte van die seer, van hoe mense werklik seergekry het

in die ou bedeling nie. En dan maklik hulleself regverdig – en dit is hoekom ek

aanmekaar die vraag vra – deur te sê ek praat nie meer van 'n kaffer of 'n meid nie.

Asof dit dan genoegsaam sou wees om te herstel dit wat verkeerd gegaan het. Dit

plaas onmiddellik Elsa se vraag op die tafel: wat van die grondeise, wat van

regstellende aksie, ander goed soos die kwota stelsel; die nuwe arbeidswetgewing wat

sê as 'n maatskappy groter as 'n sekere aantal is, dan moet hy die

bevolkingsamestelling weerspieël, met ander woorde 80%, 90% swart en die res blank.

Wat maak ons daarvan? Wat maak ons met 'n kwotastelsel by die Universiteit, as ons

kinders aansoek doen by die Universiteit, dan sê hulle jou punte van 80% is goed,

maar ons kan net vyf blankes vat, daar is 'n klompie swartes wat se punt net 70% is, hy

kry toelating en jy nie.

Isak: Dit kan die vergeldingsgevoel – en ek sê dit nie negatief nie – regstel, aanspreek

in 'n mate, Maar jy kan nie op grond daarvan vorentoe 'n samelewing bou nie, jy kan

regstellende aksie hê en baie mense wat nie voorheen werk gehad het nie, het nou

werk. En baie blankes wat voorheen net kon instap en maklik werk kry, kry dit nie meer

so maklik nie – dit is reg, ons kan dit doen. Maar ons kan nie 'n samelewing vorentoe

bou wat vir swart, blank en Indiër in hierdie land welvaart gaan skep, waar ons almal

materieel goed kan lewe nie. Want welvaart is nie iets wat jy kan uitdeel nie. Al is daai

stukkie huis so groot, is dit welvaart, dit is nie iets wat vir jou uitgedeel word nie, dit is

iets wat jy moet verwerf. As Frans sy welvaart kon verwerf met 'n drie verdieping huis

wat tien keer groter is as myne wat ek kon verwerf op my meriete, dan het ons 'n

samelewing geskep. Maar as daar welvaart geskep word, 'n gemeenskap geskep

word, om nou reg te stel wat verkeerd is, deur hand-outs, deur uitdeel, op daai manier

word mense aangestel, kry mense grond, by all means. Een van die hartseerste dinge

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!