LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Bylaag 5: Gesprek 5 (6 Oktober 1998) p484 368 369 370 371 372 373 374 375 376 377 378 379 380 381 382 383 384 385 386 387 388 389 390 391 392 393 394 395 396 397 398 399 400 401 402 403 Albert: Dit is jammer Danie is nie hier nie, want hy het by sy werk so 'n situasie beleef. Frans: Interessant wat Naomi gesê het. Ek het nog nie so daaraan gedink nie. Toe jy praat van die referendum, toe kliek dit skielik. Eintlik het ons alreeds die pad vorentoe begin loop. Meer as twee-derdes van die mense het "ja" gestem en in die daaropvolgende verkiesing het die grootste gedeelte van die blankes gestem dat die proses moet voortgaan. Onbewustelik het die individu deel geraak van die proses wat nie noodwendig 'n boetedoeningsproses was nie. Miskien moet ons in ons harte besef dat ons besig is met 'n proses en dat ons nie werklik besef wat daai proses regtig te weeg sou bring nie. Dit pad vorentoe het ons dus lankal begin loop. Dit is die een ding. Ek verskil met Elsa oor wat sy sê van boetedoening. Ek as persoon is moreel skuldig. Dit is nie altemit nie. Maar ek het op 'n punt in my lewe gekom waar ek dit voor God bely het en gesê het dit is sonde gewees en ek erken dit. Vir my aandeel. Al was dit dan nou net 'n indirekte of morele aanspreeklikheid wat ek gehad het, ek het daarvoor vergifnis gevra. En nou moet 'n ou jou gesindheid verander en 'n ligdraer wees waar jy ook met ander omgaan. Ek het 'n kleintjie daaraan door, en dit het ek al aan die begin ook gesê, om elke dag voor my kop gegooi te word jy is skuldig, sy is skuldig, jy is skuldig. Dit is nie vir my die proses van vergifnis nie. Dis nie wat ek in die Woord van God leer nie. As ek as individu my sonde bely, sê die Here, dan begin ek op 'n skoon, wit bladsy en Hy dink nie eers weer daaraan nie. Maar goed, daar is voorwaardes daaraan. Ek moet omdraai en 'n ander pad loop. Die pad waar jy die ligdraer moet wees. Albert: Ek wou nou juis vir jou rondom daardie ander pad vir jou vra: Sou dit kon beteken dat 'n mens werklik op 'n punt in jou lewe kom en sê nou bely ek my skuld voor die Here en ek aanvaar sy vergifnis daarvoor soos wat Hy in sy Woord belowe en nou is dit klaar. 'n Ou wat van oorkant die straat staan en kyk, vir hom leef ek nog presies dieselfde lewe as voorheen: Ek is nie uitgesproke rassisties nie, ek doen nie ooglopend goed wat verkeerd is nie, maar ek leef vir alles praktiese doeleindes dieselfde lewe as wat ek verlede week nog geleef het. Ek lees vanmiddag 'n klompie toesprake van dr. Emelio Castro, die hoof van die WRK en dan praat hy ook van vrugte dra wat by die bekering pas en dan trek hy dit deur na SA: Dan sê hy ons het nou op 'n punt gekom dat as ons sê ons het 'n aandeel gehad aan die verlede, 'n verkeerde aandeel, en ons bely dit, dan moet ons nou vrug dra wat by daardie bekering pas. Hy spel dit nie uit wat dit presies beteken nie, maar ek wonder daaroor.

Bylaag 5: Gesprek 5 (6 Oktober 1998) p485 404 405 406 407 408 409 410 411 412 413 414 415 416 417 418 419 420 421 422 423 424 425 426 427 428 429 430 431 432 433 434 435 436 437 438 439 440 Isak: As hy nou sê ons moet vrug dra wat by die bekering pas, wat moet ek as individu dan doen? Moet ek maak soos Elsa sê, moet ek 'n motor gee? Moet ek 'n deel van my huis gee? Wat moet ek gee? Moet ek 'n deel van my salaris afstaan? Dit is my vraag. Al wat ek ervaar het, en my pad loop in Thabong reeds van 1987 af … Na wat ek ervaar het, het ek telkens weer teruggegaan. Ek is uitgejaag en ek het teruggegaan. Ek kon al op tien verhoë gestaan het… Dit oggend wat Mandela vrygelaat is, het ek in 'n saal gestaan. Ek kon daardie oggend gesê het "ek is jammer". En ek kan op tien ander verhoë gestaan het en gesê het "ek is jammer", bly "ek is jammer" of wat ook al. Maar dit wat ek gedoen het van daardie tyd tot nou toe, waar ek 80 tot 90% – ek kan nie sê ek word onvoorwaardelik aanvaar nie – maar waar ek wel aanvaarding geniet binne daai gemeenskap waar ek werk. Ek dink net as gevolg van my gesindheid, my commitment vir die werk wat ek in daai gemeenskap wil doen tot voordeel van daardie mense. Ek dink ek het meer bereik as sou ek op tien verhoë staan en sê "ek is jammer" of as ek tien motors gehad het, nog tien motors ook geskenk het. Dis hoe ek voel. Wat word dan van ons verwag? Ek is nie aggressief daaroor nie, dit is net "wat word van my verwag?" Johan: En wie gaan nou besluit dit is nou genoeg? Isak: Dit is reg ja. Johan: En wie is daardie persoon? Hanlie: Jy self? Johan: Nee, maar iemand wil nou al ons karre en ons geld hê. Wie gaan nou besluit "julle het nou genoeg betaal"? Albert: Daar was op 'n stadium voorgestel dat ons in Suid-Afrika sogenaamde wealthtax moet hê: 'n Rykdomsbelasting, welgesteldheidsbelasting. Die syfer wat genoem is, is 30%. Dit is een ding wat byvoorbeeld al op die tafel is. Sou dit kosmeties wees, of sou dit waarde hê? Isak: Ek sou sê dat dit kosmeties is. Op die oomblik is daar 'n swart middelklas wat ontstaan het, en daai ouens is meer welgesteld as wat ek en jy is, of kan hoop om te wees. Waar kry hy in hierdie kort tydjie daardie tipe welstand? Gaan hy dit betaal?

Bylaag 5: Gesprek 5 (6 Oktober 1998)

p484

368

369

370

371

372

373

374

375

376

377

378

379

380

381

382

383

384

385

386

387

388

389

390

391

392

393

394

395

396

397

398

399

400

401

402

403

Albert: Dit is jammer Danie is nie hier nie, want hy het by sy werk so 'n situasie beleef.

Frans: Interessant wat Naomi gesê het. Ek het nog nie so daaraan gedink nie. Toe jy

praat van die referendum, toe kliek dit skielik. Eintlik het ons alreeds die pad vorentoe

begin loop. Meer as twee-derdes van die mense het "ja" gestem en in die

daaropvolgende verkiesing het die grootste gedeelte van die blankes gestem dat die

proses moet voortgaan. Onbewustelik het die individu deel geraak van die proses wat

nie noodwendig 'n boetedoeningsproses was nie. Miskien moet ons in ons harte besef

dat ons besig is met 'n proses en dat ons nie werklik besef wat daai proses regtig te

weeg sou bring nie. Dit pad vorentoe het ons dus lankal begin loop. Dit is die een ding.

Ek verskil met Elsa oor wat sy sê van boetedoening. Ek as persoon is moreel skuldig.

Dit is nie altemit nie. Maar ek het op 'n punt in my lewe gekom waar ek dit voor God

bely het en gesê het dit is sonde gewees en ek erken dit. Vir my aandeel. Al was dit

dan nou net 'n indirekte of morele aanspreeklikheid wat ek gehad het, ek het daarvoor

vergifnis gevra. En nou moet 'n ou jou gesindheid verander en 'n ligdraer wees waar jy

ook met ander omgaan. Ek het 'n kleintjie daaraan door, en dit het ek al aan die begin

ook gesê, om elke dag voor my kop gegooi te word jy is skuldig, sy is skuldig, jy is

skuldig. Dit is nie vir my die proses van vergifnis nie. Dis nie wat ek in die Woord van

God leer nie. As ek as individu my sonde bely, sê die Here, dan begin ek op 'n skoon,

wit bladsy en Hy dink nie eers weer daaraan nie. Maar goed, daar is voorwaardes

daaraan. Ek moet omdraai en 'n ander pad loop. Die pad waar jy die ligdraer moet

wees.

Albert: Ek wou nou juis vir jou rondom daardie ander pad vir jou vra: Sou dit kon

beteken dat 'n mens werklik op 'n punt in jou lewe kom en sê nou bely ek my skuld

voor die Here en ek aanvaar sy vergifnis daarvoor soos wat Hy in sy Woord belowe en

nou is dit klaar. 'n Ou wat van oorkant die straat staan en kyk, vir hom leef ek nog

presies dieselfde lewe as voorheen: Ek is nie uitgesproke rassisties nie, ek doen nie

ooglopend goed wat verkeerd is nie, maar ek leef vir alles praktiese doeleindes

dieselfde lewe as wat ek verlede week nog geleef het. Ek lees vanmiddag 'n klompie

toesprake van dr. Emelio Castro, die hoof van die WRK en dan praat hy ook van vrugte

dra wat by die bekering pas en dan trek hy dit deur na SA: Dan sê hy ons het nou op 'n

punt gekom dat as ons sê ons het 'n aandeel gehad aan die verlede, 'n verkeerde

aandeel, en ons bely dit, dan moet ons nou vrug dra wat by daardie bekering pas. Hy

spel dit nie uit wat dit presies beteken nie, maar ek wonder daaroor.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!