25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Voorwoord

The South African dream is no quiet idyll. We have to dream with our

eyes wide open on the roller-coaster ride… So sit tight and fasten

your safety belts. But whatever you do, don’t close your eyes. The

Loop-de-Loop and the Big Dipper on this particular ride may be hairraising,

but they’ll also be the most memorable moments. And they’re

the moments you’ll recall when your grandchildren ask “What did you

do during the struggle to create a better South Africa?”

Hunt, J & Lascaris, R (1998:244).

Soos die meeste van my tydgenote het ek nie veel gedoen in die tydperk vóór 1994

nie. Hierdie navorsing probeer opmaak daarvoor met die bede dat dit sal bydra tot ʼn

beter post-apartheid Suid-Afrika.

Longitudinale navorsing is per se ʼn langtermynprojek. So lank dat mense – en soms

ek ook – begin wonder het of dit ooit sou klaarkry. Daarom is ek so dankbaar vir

mense wat my enduit ondersteun en aangemoedig het. Sonder hulle sou dit nie

gebeur het nie.

Die belangrikste van die ondersteuners is Sarie, my vrou van meer as dertig jaar.

Dankie dat jy in my glo en dat ek op jou kan steun. Dis meer werd as wat woorde kan

sê. Dankie vir jou insigte wat op meer as een plek neerslag vind in die verslag. Aan

ons drie seuns wat ook seker al gewonder het of hulle pa ooit gaan klaarkry, wil ek

sê: Leer die les: Aanhouer wen.

My ouers het oor jare geen moeite ontsien om vir my geleenthede te skep nie.

Dankie dat julle van kleinsaf vir my gehelp het om iets raak te sien wat ek dalk nie

self sou raaksien nie. Dis so jammer dat Pa nie meer hier is om die afhandeling van

die projek mee te maak nie.

Donderdae het ek en my goeie vriend en oud-kollega ds. Wim Fourie koffie gedrink

en die vordering (al dan nie) van die projek bespreek. Hy het uitgevra en geluister, en

soms voorstelle gemaak. Dankie Wim, vir jou weeklikse aanmoediging. Jy is vir my ʼn

voorbeeld en inspirasie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!