25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bylaag 5: Gesprek 5 (6 Oktober 1998)

p483

331

332

333

334

335

336

337

338

339

340

341

342

343

344

345

346

347

348

349

350

351

352

353

354

355

356

357

358

359

360

361

362

363

364

365

366

367

geleentheid om deur ons dade te wys wat ons voel. En dit is vir my amper 'n bietjie

soos godsdiens. As jy sê jy glo in die Here, maar jy doen niks nie, al hang jou geloof

nie af van jou dade nie, dan kom jou geloof nie tot uiting in jou dade nie. Ons wat sê

dat ons gelukkig is met die basiese begrip van die nuwe SA, moet deur die dinge wat

ons doen, moet ons dit wys. En dit is as't ware die manier waarop ek probeer om – dit

wat jy gesê het: waar moet ek gaan staan, vir wie moet ek dit sê – ek probeer deur wat

ek doen, te sê ek is jammer. En dan gebeur dit dat jy in jouself dinge agterkom wat jy

doen, wat jy nooit vantevore gedoen het nie, al was jy teen apartheid gewees, miskien

omdat die geleentheid nie daar was nie, omdat jy in 'n ander aparte wêreld geleef het.

En dat ek nou agterkom dat ek baie maklik fisiese kontak kan hê met 'n persoon wat 'n

swart persoon is. En dit gebeur net op 'n dag spontaan sonder dat ek daaroor gedink

het. Maar dit hang van 'n mens se omstandighede af. As jy werk met siek mense het jy

meer fisiese kontak met hulle. Terwyl in sommige ander beroepe het ons net nog nie

daartoe gekom nie.

Albert: Ek het laas keer vir julle gesê van die twee, drie outjies wat net voor die

sluitingsdatum by die WVK ingestorm het en gesê het hulle wil aansoek doen om

amnestie omdat hulle niks gedoen het nie. Die aand van die afsnydatum het die ouens,

swart mense, in die kroeg gesit en praat oor wat gebeur het. En net daar het hulle hulle

vorms ingevul om amnestie want hulle het 'n aandeel aan die verlede juis deurdat hulle

niks daarteen gedoen het nie.

Elsa: By my is daar geen twyfel dat elkeen van ons skuld het nie. Of ons nou iets

probeer doen het of nie. Ons is almal op 'n manier skuldig. Maar my gevoel is, en dit

het met my geaardheid te make, dat 'n mens half iets moet doen, of iets moet afstaan

om daai skuld van jou los te koop. Ek weet dit is seker onbybels, die Here straf ons nie

vir wat ons verkeerd gedoen het nie. Ek en Frans het amper vanoggend 'n argument

daaroor gehad, want ek sê ons moet op 'n manier boete doen. Daaroor is daar by my

geen twyfel nie. En miskien doen ons dit al klaar, omdat ons manier van lewe

heeltemal verander het en dit miskien nie heeltemal so lekker gaan soos in die verlede

nie. Frans voel anders daaroor, maar dit voel vir my nog steeds ek moet op 'n manier

boete doen. En ek dink as dit op die ou end werklik van my gevra word, gee jou huis af,

of gee een van jou motors, of so iets, dan sal ek dalk anders voel daaroor. Frans sê vir

my as daar nou regstellende aksie is en hy word afbetaal en hulle stel 'n swart persoon

in sy plek aan, hoe sal ek dan daaroor voel? Vir seker sal dit nie vir my lekker wees

nie. Maar ek voel ons moet iets teruggee.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!