25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bylaag 5: Gesprek 5 (6 Oktober 1998)

p481

257

258

259

260

261

262

263

264

265

266

267

268

269

270

271

272

273

274

275

276

277

278

279

280

281

282

283

284

285

286

287

288

289

290

291

292

293

ons het 'n rol te speel in die toekoms. Maar ons het ook 'n stuk bagasie uit die verlede,

en hoe maak ons daarmee. Laat ons dit pertinent vir die mense sê: Ons wil in daai

rigting praat, kom help julle vir ons. Dit is regtig wat hulle gaan doen. Hulle gaan ons

help deur vir ons te sê hoe gaan ons vorentoe.

Ek het net voor die vakansie toe ek Pretoria toe was, 'n afspraak gehad met professor

Piet Meiring. Hy is dosent by die Teologiese Fakulteit daar en hy was nou vir twee jaar

aan die WVK gesekondeer. Hy sê daar kom voor die einde van die jaar 'n boek uit wat

hy geskryf het oor die WVK wat ek dink baie interessant behoort te wees. Hy het op 'n

stadium oor skuld gepraat by die WVK en toe haal hy vir Karl Jaspers aan. As ons oor

skuld praat en die dinge wat rondom skuld gesê word, dan is die een groot insident

natuurlik die Duitsers en die Tweede Wêreldoorlog. En in daai tyd is daar vreeslik baie

daaroor geskryf. Professor Meiring haal vir Jaspers aan en verwys na sy vier

kategorieë van skuld. Hy onderskei tussen vier soorte skuld: Daar is kriminele skuld –

die een wat die sneller getrek het, wat die wreedhede gepleeg het. Dan is daar

politieke skuld – hulle wat die politieke opdragte gegee het. Dan is daar morele skuld –

ek is skuldig want ek het nie genoeg gedoen nie en die laaste is metafisiese skuld. Dit

is diegene wat die oorlog oorleef het, terwyl baie ander gesterf het. Hulle kon daai

mense probeer red het; hulle sou waarskynlik in die proses gesterf het, maar hulle is

skuldig omdat hulle leef. Dit is die kategorieë van skuld waaroor Jaspers praat. Maar

daar is ook ander maniere om hierna te kyk. Paul Tillich, 'n ander Duitse teoloog

onderskei vyf kategorieë wat, eenvoudig gestel, op 'n glyskaal werk van heeltemal

onskuldig – ek het niks om oor te bieg of te bely nie, tot heel aan die nader uiterste –

die ou wat die sneller getrek het. En hy sê iewers tussenin bevind ons elkeen onsself.

Ek sou graag wou hoor wat julle daarvan sê.

Een van die goed wat een van my medewerkers oor geskryf het is dit: In ons

gesprekke het ons elke keer die verantwoordelikheid vir apartheid buite onsself

geprojekteer: apartheid se wette, die Engelse, die algemene rassisme wat daar in die

wêreld is, noem maar op. Ek wil hê dat ons vanaand met onsself besig sal wees. Wat

sê ek daarvan? Wat van my?

Isak: Ek het dit 'n vorige keer gesê. As ek so luister na wat jy lees wat Jaspers sê, was

my eerste gevoel, maar dan is daar nie een van ons wat kan sê dat hy onskuldig is nie.

Jy kan dit maar self uitwerk, maak nie saak in watter kategorie jy val nie. Vir my is dit

net: hoe lank gaan jy nog loop met die skuld? Ek kan nou sê op een of ander manier

het ek skuld gehad aan die verlede. Moet ek dit nou bely? Teenoor wie moet ek bely?

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!