LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Bylaag 4: Gesprek 4 (10 September 1998) p470 585 586 587 588 589 590 591 592 593 594 595 596 597 598 599 600 601 602 603 604 605 606 607 608 609 610 611 612 613 614 615 616 617 618 619 620 621 Albert: Dit is van die mites waarmee ons grootgeword het, ons het altyd iets gehad om teen te wees. Ons kan dit baie goed doen. Ons is téén kommunisme, téén die swart gevaar, téén misdaad. As ons iets het om téén te wees, dan is ons amper gelukkiger. Danie: Is dit nie deel van 'n mens se oorlewing nie? Albert: Maar in die proses is mens totaal en al misbruik, ons het hierdie, kommunisme is vir ons geteken as hierdie bedreiging, in die proses is die legitieme besware van swartmense wat gewoonlik met kommunisme geassosieer was, wat hulle teen die stelsel gehad het, is van die tafel afgevee. Dit is nie raakgesien nie. Dit is alles ingekleur onder die noemer "kommunisme". As ouens beswaar maak teen die gedwonge verskuiwing van mense byvoorbeeld, dan het ons die etiket daaraan gesit: dit is kommunisties geïnspireerd, of dit is kommuniste wat dit doen. En daarmee is dit afgehandel, nou hoef jy nie verder te dink daaroor nie, daar is klaar vir jou gedink. Einde van die storie. Danie: Ons moet net 'n feit beklemtoon, dat kommunisme, sosialisme, kapitalisme, al hierdie -ismes is finansiële instellings, in die eerste plek. Dit moet ons besef. Dit was vir my 'n openbaring gewees. En nie in die eerste plek 'n politieke of godsdienstige instelling nie. Albert: Hoekom het die swartes aanklank gevind by kommunisme? Juis omdat hulle aan die agterspeen gesuig het, ekonomies gesproke. Elsa: Ek weet nie veel van kommunisme nie, maar ek wonder of hierdie kommunisme nie vir die swartmense 'n rytuig was, 'n sisteem om hulle te help met hulle vryheidstryd. Dat dit nie vir hulle regtig oor die kommunisme gegaan het nie, hulle het iemand gesoek om hulle te help, finansieel en op watter manier ook al. Johan: Ek sê juis die teenoorgestelde, die kommuniste het apartheid gebruik om 'n atmosfeer in hierdie land te skep. Ek meen, wat was hulle beleid gewees? Dit was ekspansionisme, hulle wou hierdie land vat vir sy grondstowwe. Dit is presies waarop dit neerkom. Ekonomies van aard ja, maar … Hulle het die stelsel wat hier was, 'n baie nuttige rytuig gevind om te gebruik. Ek kan nie glo, na al my jare in die weermag, om te hoor dat kommunisme aanvaarbaar is vir Suid-Afrika nie. Danie: Julle het albei vir my 'n goeie standpunt wat dit betref.

Bylaag 4: Gesprek 4 (10 September 1998) p471 622 623 624 625 626 627 628 629 630 631 632 633 634 635 636 637 638 639 640 641 642 643 644 645 646 647 648 649 650 651 652 653 654 655 656 657 658 Hanlie: Na watter regering verwys jy? Rusland, Kuba? Johan: Wat ook al. Die politieke stelsel van kommunisme, uiteindelik was dit almal, want hulle het apartheid gebruik. Rusland, Kuba, China. Wie was nie almal betrokke in Angola nie? Hanlie: Die kapitalisme wou Suid-Afrika hê. Of Amerika, of Frankryk wou Reunion hê. Enige politieke stelsel wou 'n land hê en het daarvoor gaan veg, maar nou dwaal ons ver af. Die feit as jy sou sê "kommunisme wou SA vat", ek meen kapitalisme wou in 1900 SA vat. Johan: Dit was mense van buite af. Ons wou maar net dit wat ons het, verdedig teen iemand van buite af wat dit wou vat. Hanlie: Die iemand het van buite af gekom, ja, maar kapitalisme wou in 1900 SA van buite af vat. (Danie: Dit was Britse imperialisme.) Of imperialisme, maar dit is kapitalisme. Danie: Die vryemark stelsel, dit is kapitalisme. En op 'n breë grondslag werk dit, behalwe waar … Hanlie: … waar die mens by betrokke raak. Julle het net nou gesê van wie het wie gebruik, logies het die swartmense aanklank gevind by kommunisme, ook vanweë 'n halwe waarheid of 'n kwart waarheid, wat weer gesê het almal sal ewe veel hê, en logies daarom, daarom glo Cosatu nou nog hierdie mense. Danie: Net soos wat die mense geglo het daar sal yskaste uit die hemel uit reën. Hanlie: Ja, net so. En net soos wat ons ander dwaashede geglo het. Albert: Was dit nie 'n handige instrument in die hande van óns leiers om hulle volgelinge, óns, agter hulle geskaar te kry nie? In die proses ons almal te verenig teen hierdie bedreiging van die kommunisme wat ons gesê het op die noordgrens van Namibië was; waar ons gaan oorlog maak het: Angola en die plekke. En in die proses het ons maar weer bo-oor die eintlike probleem gekyk. Ons kleur hom in en ons veg teen hierdie prentjie wat ons ingekleur het, maar die eintlike prentjie wat daaragter sit,

Bylaag 4: Gesprek 4 (10 September 1998)

p470

585

586

587

588

589

590

591

592

593

594

595

596

597

598

599

600

601

602

603

604

605

606

607

608

609

610

611

612

613

614

615

616

617

618

619

620

621

Albert: Dit is van die mites waarmee ons grootgeword het, ons het altyd iets gehad om

teen te wees. Ons kan dit baie goed doen. Ons is téén kommunisme, téén die swart

gevaar, téén misdaad. As ons iets het om téén te wees, dan is ons amper gelukkiger.

Danie: Is dit nie deel van 'n mens se oorlewing nie?

Albert: Maar in die proses is mens totaal en al misbruik, ons het hierdie, kommunisme

is vir ons geteken as hierdie bedreiging, in die proses is die legitieme besware van

swartmense wat gewoonlik met kommunisme geassosieer was, wat hulle teen die

stelsel gehad het, is van die tafel afgevee. Dit is nie raakgesien nie. Dit is alles

ingekleur onder die noemer "kommunisme". As ouens beswaar maak teen die

gedwonge verskuiwing van mense byvoorbeeld, dan het ons die etiket daaraan gesit:

dit is kommunisties geïnspireerd, of dit is kommuniste wat dit doen. En daarmee is dit

afgehandel, nou hoef jy nie verder te dink daaroor nie, daar is klaar vir jou gedink.

Einde van die storie.

Danie: Ons moet net 'n feit beklemtoon, dat kommunisme, sosialisme, kapitalisme, al

hierdie -ismes is finansiële instellings, in die eerste plek. Dit moet ons besef. Dit was vir

my 'n openbaring gewees. En nie in die eerste plek 'n politieke of godsdienstige

instelling nie.

Albert: Hoekom het die swartes aanklank gevind by kommunisme? Juis omdat hulle

aan die agterspeen gesuig het, ekonomies gesproke.

Elsa: Ek weet nie veel van kommunisme nie, maar ek wonder of hierdie kommunisme

nie vir die swartmense 'n rytuig was, 'n sisteem om hulle te help met hulle vryheidstryd.

Dat dit nie vir hulle regtig oor die kommunisme gegaan het nie, hulle het iemand

gesoek om hulle te help, finansieel en op watter manier ook al.

Johan: Ek sê juis die teenoorgestelde, die kommuniste het apartheid gebruik om 'n

atmosfeer in hierdie land te skep. Ek meen, wat was hulle beleid gewees? Dit was

ekspansionisme, hulle wou hierdie land vat vir sy grondstowwe. Dit is presies waarop

dit neerkom. Ekonomies van aard ja, maar … Hulle het die stelsel wat hier was, 'n baie

nuttige rytuig gevind om te gebruik. Ek kan nie glo, na al my jare in die weermag, om te

hoor dat kommunisme aanvaarbaar is vir Suid-Afrika nie.

Danie: Julle het albei vir my 'n goeie standpunt wat dit betref.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!