LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Bylaag 4: Gesprek 4 (10 September 1998) p466 439 440 441 442 443 444 445 446 447 448 449 450 451 452 453 454 455 456 457 458 459 460 461 462 463 464 465 466 467 468 469 470 471 472 473 474 475 iewers is jy op daardie brander wat aangevoer kom totdat dit op die strand uitgespoel kom. Albert: Dan is ons weer terug by wat Vusi Mona in daai artikel sê dit is goed en wel, hierdie dinge wat hy noem sosialisering, dit speel 'n rol, die nagevolg van die 2de wêreldoorlog, die armblanke vraagstuk, al daai goed speel 'n rol om ons in 'n bepaalde manier ingedruk het sodat ons by die beleid van apartheid uitgekom het. Danie: Onthou net, apartheid het in 1660 begin. Albert: Rassisme. Die werklike beleid van apartheid, was 'n wetgewing van '48 af. Danie: Nee, die wetgewing was al vroeër gewees. Dit het ek bewys. Albert: Die feit van die saak is, ons het in 'n situasie beland waar ons doelbewus gediskrimineer het, in die negatiewe sin van die woord, tussen mense, bloot op grond van die velkleur wat die persoon gehad het. Ons het so grootgeword, ons het die redes daarvoor aangevoer in die eerste twee gesprekke, wat maak 'n mens met hierdie ding wat Vusi hier sê: elkeen van ons het tog 'n eie manier van dink daaroor gehad? Dit krap my om as mens sulke goeters lees. Hier is van die anders goeters wat die kerk byvoorbeeld gesê het: "apartheid het op so 'n wyse begin funksioneer, dat 'n gedeelte van die landsbevolking dit ervaar het as 'n onderdrukkende sisteem, 'n gedwonge skeiding tussen mense in werklikheid een groep onregmatig bo die ander bevoordeel". Dit het ons eers in 1990 gesê. Hanlie: Is ons nou by die kerk? Waarheen is jy nou op pad? Danie: Oor die aan die slaap van die kerk, dit wil ek nou op 'n baie mooi en respekvolle wyse sê, en ek weet nie hoe om dit uit te druk nie, maar die kerk is vir my op baie, baie terreine vas aan die slaap. Met elke keer as daar iets, 'n ontploffing plaasvind, dan sê die kerk maar dit moes so gewees het. As daar iets is oor aborsie, skrik die kerk te laat wakker. As daar iets is oor pornografie, skrif die kerk te laat wakker. Dis my persoonlike ervaring hoe ek die kerk ervaar, dis altyd net te laat. Albert: Hanlie, om jou vraag te antwoord, nee, ek is nie by die kerk as sulks nie, maar in die breë.

Bylaag 4: Gesprek 4 (10 September 1998) p467 476 477 478 479 480 481 482 483 484 485 486 487 488 489 490 491 492 493 494 495 496 497 498 499 500 501 502 503 504 505 506 507 508 509 510 511 512 Hanlie: Ek volg nie vanaand so lekker jou gedagtegang nie. Ons praat 'n bietjie so. (beduie deurmekaar). Danie: Hanlie is vanaand haastig. Elsa: Jy wil weet wat daar agter sit, Albert, en dat ons elkeen ook ons eie denke gehad het. Maar ek dink dit is maar ons mense se inherente gierigheid, of boosheid of wat ook al. Ek meen as jy in 'n bevoorregte posisie is staan jy dit nie sommer so maklik af vir iemand anders nie. Ons het in ons agterkoppe geweet dit is verkeerd, maar ons het die bevoorregte posisie gehad. Ons het lekker gelewe, en dié mense het vir ons al die werk gedoen, en al die voorregte wat daarmee gepaard gaan, hoekom sal ons dit nou wil afstel dan? Hoekom sal ons dan wil prysgee wat ons het? Albert: Die eerste aanhalings gaan juis daaroor, oor die goedkoop arbeid, die stryd tussen die mielieboere en die mynbase. Dan is ons terug by wat Johan vroeër gesê het: die vrees, die angs, die bedreiging. Destyds was die bedreiging aanvanklik dat ons Westerse beskawing in SA oorspoel sou word deur swart mense. Later van tyd het ons gedink dat as ons sou ingee of verander, dan verloor ons dit wat ons het. Ek hoor nog steeds by baie van ons witmense dat ons nog steeds nie wil saamstem nie en sê daar was ook iets verkeerd nie. Johan: Ek wil nog steeds sê, jy het my nou aan die lees. Boeke wat ek nie wil lees nie, ek is veronderstel om te studeer. Ek het 'n boek gelees "Verwoerd aan die woord", wat my Broederbond oupa lank terug vir my gegee het, wat al sy toesprake van 1948 tot '62 in het. Daai man het nie sleg bedoel met apartheid nie, nêrens is daar gesê hulle is so sleg of so nie. Dit was vir die behoud van Suid-Afrikaner gewees wat self deur die tweede vryheidsoorlog is, wat deur die depressie is, wat gewerk het vir wat hy geword het. Wat nie hand-outs gevra het nie. Hy het nooit sleg bedoel nie, die sleg het later gekom. Dis 'n ander ding wat ek wil sê, het iemand al ooit – ek het dit nog nie hier gehoor nie – die invloed van die kommunisme op ons beeld van dat apartheid so sleg is, gaan bepaal. As ons nou vat dat kommunisme deur die duiwel geïnspireer is … Danie: En die Amerikaners … Hanlie: Ek wil jou dadelik opponeer, die suiwer kommunistiese filosofie is vir my heeltemal aanvaarbaar.

Bylaag 4: Gesprek 4 (10 September 1998)

p467

476

477

478

479

480

481

482

483

484

485

486

487

488

489

490

491

492

493

494

495

496

497

498

499

500

501

502

503

504

505

506

507

508

509

510

511

512

Hanlie: Ek volg nie vanaand so lekker jou gedagtegang nie. Ons praat 'n bietjie so.

(beduie deurmekaar).

Danie: Hanlie is vanaand haastig.

Elsa: Jy wil weet wat daar agter sit, Albert, en dat ons elkeen ook ons eie denke gehad

het. Maar ek dink dit is maar ons mense se inherente gierigheid, of boosheid of wat

ook al. Ek meen as jy in 'n bevoorregte posisie is staan jy dit nie sommer so maklik af

vir iemand anders nie. Ons het in ons agterkoppe geweet dit is verkeerd, maar ons het

die bevoorregte posisie gehad. Ons het lekker gelewe, en dié mense het vir ons al die

werk gedoen, en al die voorregte wat daarmee gepaard gaan, hoekom sal ons dit nou

wil afstel dan? Hoekom sal ons dan wil prysgee wat ons het?

Albert: Die eerste aanhalings gaan juis daaroor, oor die goedkoop arbeid, die stryd

tussen die mielieboere en die mynbase. Dan is ons terug by wat Johan vroeër gesê

het: die vrees, die angs, die bedreiging. Destyds was die bedreiging aanvanklik dat ons

Westerse beskawing in SA oorspoel sou word deur swart mense. Later van tyd het ons

gedink dat as ons sou ingee of verander, dan verloor ons dit wat ons het. Ek hoor nog

steeds by baie van ons witmense dat ons nog steeds nie wil saamstem nie en sê daar

was ook iets verkeerd nie.

Johan: Ek wil nog steeds sê, jy het my nou aan die lees. Boeke wat ek nie wil lees nie,

ek is veronderstel om te studeer. Ek het 'n boek gelees "Verwoerd aan die woord", wat

my Broederbond oupa lank terug vir my gegee het, wat al sy toesprake van 1948 tot

'62 in het. Daai man het nie sleg bedoel met apartheid nie, nêrens is daar gesê hulle is

so sleg of so nie. Dit was vir die behoud van Suid-Afrikaner gewees wat self deur die

tweede vryheidsoorlog is, wat deur die depressie is, wat gewerk het vir wat hy geword

het. Wat nie hand-outs gevra het nie. Hy het nooit sleg bedoel nie, die sleg het later

gekom. Dis 'n ander ding wat ek wil sê, het iemand al ooit – ek het dit nog nie hier

gehoor nie – die invloed van die kommunisme op ons beeld van dat apartheid so sleg

is, gaan bepaal. As ons nou vat dat kommunisme deur die duiwel geïnspireer is …

Danie: En die Amerikaners …

Hanlie: Ek wil jou dadelik opponeer, die suiwer kommunistiese filosofie is vir my

heeltemal aanvaarbaar.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!