LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Bylaag 4: Gesprek 4 (10 September 1998) p464 366 367 368 369 370 371 372 373 374 375 376 377 378 379 380 381 382 383 384 385 386 387 388 389 390 391 392 393 394 395 396 397 398 399 400 401 402 Danie: Ek wil daarby aansluit, kyk maar in die Ou Testament: die Israeliete, hoe suiwer moes hulle wees. Waar moes hulle vir hulle gaan vrouens soek het? Albert: Dit was om godsdienstige redes, nie om rassistiese redes nie. Hanlie: Omdat hulle nie met afgodsaanbidders as vrouens trou nie. Danie: Was die Moabiete nie ook 'n donker vel nie? Hanlie: Wil julle 'n groot klip hê? Ek dink die Here was baie donker van kleur, en ek dink sy hare was werklik soos wol, soos dit in die Bybel beskryf word. Danie: Ek het baie daaraan ook al gedink, hoe visualiseer ons God? Ons het tog 'n pretjie van die Opperwese en aanvanklik het ek nooit gedink dat God byvoorbeeld swart kan wees nie. Die swartman dink God is swart. Die witman dink Hy is wit. Hanlie: Mag ek vir jou sê: die swart kinders in die RI (religious instruction) klasse wat ek mee gepraat het, hulle het grootgeword met ons Engelse Kinderbybels waarin Christus wit is. En eers wanneer hulle geweldig ouer word en hier by graad 11 kom, of hulle het 'n politiese huis gehad, wat polities standpunt ingeneem het, dan het hulle eers die vrae begin vra. Ook wat dít betref het ons sendelinge Christus ingedra in Afrika dat hy wit is. Ons het vir hulle prentjies gewys asof hy wit was. Danie: Ek dink nie dit was met opset gedoen nie. Hanlie: Natuurlik nie, dit is die manier waarop jy in jou binneste gedink het. Johan: Wat sou realisties wees? Hoeveel swart Jode is daar? Die geslag van Dawid wat ons lees, was rooi van gelaat gewees. Dis nie vir my belangrik nie, maar … (Almal praat saam – onduidelik). Albert: Ek hoor wat jy sê, dat God ons wittes en swartes en geles en rooies en sulke kleure gemaak het. God het ons so gemaak in sy alwetendheid en sy wysheid. Die dilemma lyk vir my, het ingekom toe ons hulle uitmekaar gedwing het. Nou vra ek weer die vraag, wat lê aan die grondslag van apartheid? Ek neig nou in 'n ander rigting. Jy het laas week die woord gebruik “verontmens”, die Engelse “dehumanising”. Ds. Skosana se M-skripsie wat hy vir my gegee het, beklemtoon juis weer daai punt. Die

Bylaag 4: Gesprek 4 (10 September 1998) p465 403 404 405 406 407 408 409 410 411 412 413 414 415 416 417 418 419 420 421 422 423 424 425 426 427 428 429 430 431 432 433 434 435 436 437 438 feit dat swart mense nie as mense gesien is nie. Ek het nou die dag 'n gesprek gehad met twee mense wat vir my iets soortgelyks gesê het, dit was hulle ervaring uit die anderkant van die kleurgrens. Hulle is nie as mense, as gelyke mense gereken nie. Dit is waarom 'n mens die aanhalings kry van dit is nie net 'n bona-fide blaps nie, hierdie ding is 'n kettery. Wat is 'n kettery? 'n Kettery is 'n standpunt wat jy inneem wat so in stryd is met die kern van jou geloof, dat jy nie aan altwee kan vashou nie, dit is twee teenstrydige goeters. En daai laaste aanhaling wat ek gelees het kom van die Wêreldbond van gereformeerde Kerke, wat 'n baie behoudende wêreldliggaam is. Ons sou nou sê iemand soos die Wêreldraad van kerke is baie liberaal. Hierdie ouens is alles behalwe liberaal, hulle is baie meer behoudend in baie opsigte. Hulle sê jy kan nie vashou aan Christus se verdienste wat vir alle mense daar is en in dieselfde tyd 'n onderskeid tref tussen mense dat een ras hoër is, beter is as 'n ander ras nie. Jy kan nie altwee doen nie. Dit is kettery. Dit was vir ons 'n geweldige ding toe ouens dit gesê het. En dit is nog steeds. Dis is 'n groot issues by ons as blankes. Hoe kon die kleurlingkerk dit destyds van ons gesê het? Danie: Hier staan in hierdie laaste een force separation, so dit is forced. Daarom bly ek nog steeds by my standpunt van groepvorming sal ons nooit kan keer nie. Dit gaan hier oor forced separation. En daarmee stem ek saam. Albert: Dit is wat apartheid was. Dit wás forced separation. Johan: Dit oplossing vorentoe, om mense bymekaar of meer lief vir mekaar te laat kry, is dan nou om groepvorming vrywilliglik toe te laat. Dan moet daar juis nie nou wetgewing wees wat my wil verplig om my kind in 'n Engelse skool te sit, terwyl ek wil hê hy moet in 'n Afrikaanse skool wees. Gemengde skole gaan tog uiteindelik Engels as 'n spreektaal hê. Die oplossing is dan, laat vrywillige assosiasie plaasvind, wat nie nou gebeur in die na-apartheid era nie. Danie: En dis reeds die minderheidsgroepe wat daaronder ly, en dit wat ek nou sê was vir my deel van die vrees gewees, die minderheidsgroepe. Want die Vryheidsfront gaan ook nou aan oor die internasionale regte van die minderheidsgroepe. So dit is deel van die bedreiging. Ek wil tog net hê dat ons die persepsie in ons agterkoppe moet hou as ons vra waar kom die vandaan, die motief van apartheid. Ek hou daarvan om dit verder terug te vat. Selfs die effek van die 2de wêreldoorlog op die huisgesinne, die liberalisme binne huisgesinne. Dit is soos 'n vloedgolf wat aangespoel kom, en

Bylaag 4: Gesprek 4 (10 September 1998)

p465

403

404

405

406

407

408

409

410

411

412

413

414

415

416

417

418

419

420

421

422

423

424

425

426

427

428

429

430

431

432

433

434

435

436

437

438

feit dat swart mense nie as mense gesien is nie. Ek het nou die dag 'n gesprek gehad

met twee mense wat vir my iets soortgelyks gesê het, dit was hulle ervaring uit die

anderkant van die kleurgrens. Hulle is nie as mense, as gelyke mense gereken nie. Dit

is waarom 'n mens die aanhalings kry van dit is nie net 'n bona-fide blaps nie, hierdie

ding is 'n kettery. Wat is 'n kettery? 'n Kettery is 'n standpunt wat jy inneem wat so in

stryd is met die kern van jou geloof, dat jy nie aan altwee kan vashou nie, dit is twee

teenstrydige goeters. En daai laaste aanhaling wat ek gelees het kom van die

Wêreldbond van gereformeerde Kerke, wat 'n baie behoudende wêreldliggaam is. Ons

sou nou sê iemand soos die Wêreldraad van kerke is baie liberaal. Hierdie ouens is

alles behalwe liberaal, hulle is baie meer behoudend in baie opsigte. Hulle sê jy kan nie

vashou aan Christus se verdienste wat vir alle mense daar is en in dieselfde tyd 'n

onderskeid tref tussen mense dat een ras hoër is, beter is as 'n ander ras nie. Jy kan

nie altwee doen nie. Dit is kettery. Dit was vir ons 'n geweldige ding toe ouens dit gesê

het. En dit is nog steeds. Dis is 'n groot issues by ons as blankes. Hoe kon die

kleurlingkerk dit destyds van ons gesê het?

Danie: Hier staan in hierdie laaste een force separation, so dit is forced. Daarom bly ek

nog steeds by my standpunt van groepvorming sal ons nooit kan keer nie. Dit gaan hier

oor forced separation. En daarmee stem ek saam.

Albert: Dit is wat apartheid was. Dit wás forced separation.

Johan: Dit oplossing vorentoe, om mense bymekaar of meer lief vir mekaar te laat kry,

is dan nou om groepvorming vrywilliglik toe te laat. Dan moet daar juis nie nou

wetgewing wees wat my wil verplig om my kind in 'n Engelse skool te sit, terwyl ek wil

hê hy moet in 'n Afrikaanse skool wees. Gemengde skole gaan tog uiteindelik Engels

as 'n spreektaal hê. Die oplossing is dan, laat vrywillige assosiasie plaasvind, wat nie

nou gebeur in die na-apartheid era nie.

Danie: En dis reeds die minderheidsgroepe wat daaronder ly, en dit wat ek nou sê was

vir my deel van die vrees gewees, die minderheidsgroepe. Want die Vryheidsfront

gaan ook nou aan oor die internasionale regte van die minderheidsgroepe. So dit is

deel van die bedreiging. Ek wil tog net hê dat ons die persepsie in ons agterkoppe

moet hou as ons vra waar kom die vandaan, die motief van apartheid. Ek hou daarvan

om dit verder terug te vat. Selfs die effek van die 2de wêreldoorlog op die huisgesinne,

die liberalisme binne huisgesinne. Dit is soos 'n vloedgolf wat aangespoel kom, en

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!