LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Bylaag 4: Gesprek 4 (10 September 1998) p456 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 jy 'n blanke kry wat sulke kru uitlatings maak, so kry jy die swart man wat saam met my werk, wat dit reguit vir jou sê: hy haat die blanke. Watter kant toe mens nou daaroor wil redeneer. Ek dink ons sit met mense, ons moet ophou om in kleur vas te kyk. Dit is vir my belangrik. As ons daardie bruggie kan oorkom, dan dink ek gaan ons baie ver kom met mekaar. Dit het met ons gebeur. Ek werk nou al van 1976 saam met anderskleuriges, ek is nou al gewoond daaraan om hom of haar as jou gelyke te sien. Fyn opgevoede mense, uiters beskaafde maniere, praat 'n baie goeie Engels, baie keer beter as wat ek dit kan doen. So ek dink ons moet die kleur uithaal. Albert: Hoe? Hoe gaan ons dit doen? Ons het verlede keer ook daaroor gepraat dat ons altyd dink in terme van kleur, ons dink nie anders as in terme van wit en swart nie. Hoe gaan ons dit stopsit? Ben: Ek dink dit gaan van die klein kindertjies tot so by vier jaar gaan dit maklik vorentoe wees. Albert: As ons as ouers hulle reg grootmaak. Dit is wat my baie bekommer deesdae, dat ouers hulle kinders nog steeds in daai kategorieë grootmaak. DANIE, jy het die opmerking gemaak so 'n paar gesprekke terug, wat kinders sê as hulle met swart mense praat. Hierdie artikel in Insig waarna ek verwys het, Vusi Mona is die ou wat skryf, hy was 'n oud onderwyser, en tans die redakteur van die tydskrif Tribune. Hy skryf daaroor dat rassisme iets is wat mens aanleer, dit is aangeleerde gedrag. Ek wil vir u twee paragrafies lees, ons het ook al hieroor gepraat: "Die verhouding tussen rassisme en sosialisering" hy bedoel jy leer rassisme aan deur sosialisering, by jou ouers en dit wat jy sien en so aan, "beteken egter nie dat die mense hulpelose pionne is met geen gewete of persoonlikheid nie, want dit sal neerkom op die versaking wat die rol wat menslike optrede speel. Dit is waarom baie van ons 'n probleem het met die argumente wat wit mense opper dat hulle nie bewus was van die ellende wat apartheid onder miljoene swartmense veroorsaak het nie, of dat daar nie veel was wat hulle kon doen om die ellende te stop nie. Dit is naïef om te dink dat 'n mens slegs optree op die manier waarop hy of sy gesosialiseer is, met geen onafhanklike denke of gewete nie." Danie: Ek sal daarmee saamstem, en ek hou nou al by 'n vorige geleentheid gesê dat hoe jy jou kinders grootmaak. Vir my as 'n Christen ouer, en ek het met my kinders gepraat daaroor en dit is iets interessants wat ek besef het, dat ons praat nie met ons kinders oor apartheid en oor wat gebeur het nie, die geskiedenis rondom dit en van die ontstaan hier in ons land nie. Ek as Christen ouer maak my kind groot dat hy respek

Bylaag 4: Gesprek 4 (10 September 1998) p457 109 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 het vir alle mense, en dat alle mense regverdig behandel moet word. En dit is vir my belangrik. Vanmiddag het ek vir my seun gesê, hy het besef dat hy vir swart mense oom en tannie gesê het, tot op 'n stadium dat hy sosiaal opgeneem is in die skool en maats, en daar het hy weer ander insette gekry, wat dit laat ophou het, wat veroorsaak het dat hy nie meer vir swartmense oom en tannie sê nie. Dit was insette van buite af, hy tree nog steeds met respek op teenoor die wat by ons in die huis werk, en ander swart mense wat hy raakloop. Maar met die sosialisering met ander, het dit sy gedrag definitief beïnvloed. Hanlie: Kan ek iets antwoord hierby en 'n bietjie teruggaan ook. Net nou het ons gesê, hoekom dink ons is daar nou amper meer rassisme, spreek mense hulle nou dalk sterker uit as vroeër. Ek dink van die wit kant af is dit omdat mense meer bedreig voel nou as vroeër. Baie blankes is bewustelik of onbewustelik meer bedreig, hulle besef dat hulle nie meer die baas is nie, en dit volgens my speel 'n rol wat maak dat hulle makliker miskien hulle humeur verloor, wat vir hulle dalk vroeër nie nodig was nie. Albert: Was dit dalk vroeër nie nodig om sulkes goeters te sê nie, want die hele sisteem was so. Hanlie: Ja, of almal het buitendien gedink almal dink saam met jou. Jy het gedink die ander ou voel ook maar soos ek, en nou kom jy dalk agter, of by jou werk is jy dalk in 'n situasie. En dan dink ek al die frustrasies rondom finansies op die oomblik, rondom korrupsie, mense wat hulle werk verloor het, of mense wat aangestel is wat nie goed gekwalifiseer is nie, en al daardie dinge. Dit het ook gemaak dat mense wat nou met daardie omstandighede gekonfronteer word, sê nou word ek rassisties, ek was nooit een nie, maar nou word ek een. Nou sit ek miskien in omstandighede waar ek moet saamwerk met iemand wat dieselfde salaris as ek verdien, of meer, en wat ek sien kan nie die werk doen nie, en ek het nie genade of geduld meer nie. Ek dink dit is 'n baie groot frustrasie. Die nuus is 'n baie groot frustrasie omdat ons, al weet ons dat daar vroeër jare baie korrupsie was en ons nou besef dat SA, veral finansieel, is in 'n baie groot gemors. Iemand moet 'n mens blameer. Karin: Ek sien dit weer heeltemal uit 'n ander perspektief. Waar ek vir die afgelope tien jaar betrokke was in gemeenskapsontwikkeling in die swart gemeenskappe, waar ons hard gewerk het, ons het in 'n garage vergadering gehou, onder bome vergadering gehou, aan die gang gekom, regtig hard gewerk om iets te bereik. Ek het ook baie negatiewe belewenisse gehad, ek praat nou van my eie gevoelens. Waar jy absoluut

Bylaag 4: Gesprek 4 (10 September 1998)

p457

109

110

111

112

113

114

115

116

117

118

119

120

121

122

123

124

125

126

127

128

129

130

131

132

133

134

135

136

137

138

139

140

141

142

143

144

145

het vir alle mense, en dat alle mense regverdig behandel moet word. En dit is vir my

belangrik. Vanmiddag het ek vir my seun gesê, hy het besef dat hy vir swart mense

oom en tannie gesê het, tot op 'n stadium dat hy sosiaal opgeneem is in die skool en

maats, en daar het hy weer ander insette gekry, wat dit laat ophou het, wat veroorsaak

het dat hy nie meer vir swartmense oom en tannie sê nie. Dit was insette van buite af,

hy tree nog steeds met respek op teenoor die wat by ons in die huis werk, en ander

swart mense wat hy raakloop. Maar met die sosialisering met ander, het dit sy gedrag

definitief beïnvloed.

Hanlie: Kan ek iets antwoord hierby en 'n bietjie teruggaan ook. Net nou het ons gesê,

hoekom dink ons is daar nou amper meer rassisme, spreek mense hulle nou dalk

sterker uit as vroeër. Ek dink van die wit kant af is dit omdat mense meer bedreig voel

nou as vroeër. Baie blankes is bewustelik of onbewustelik meer bedreig, hulle besef

dat hulle nie meer die baas is nie, en dit volgens my speel 'n rol wat maak dat hulle

makliker miskien hulle humeur verloor, wat vir hulle dalk vroeër nie nodig was nie.

Albert: Was dit dalk vroeër nie nodig om sulkes goeters te sê nie, want die hele

sisteem was so.

Hanlie: Ja, of almal het buitendien gedink almal dink saam met jou. Jy het gedink die

ander ou voel ook maar soos ek, en nou kom jy dalk agter, of by jou werk is jy dalk in 'n

situasie. En dan dink ek al die frustrasies rondom finansies op die oomblik, rondom

korrupsie, mense wat hulle werk verloor het, of mense wat aangestel is wat nie goed

gekwalifiseer is nie, en al daardie dinge. Dit het ook gemaak dat mense wat nou met

daardie omstandighede gekonfronteer word, sê nou word ek rassisties, ek was nooit

een nie, maar nou word ek een. Nou sit ek miskien in omstandighede waar ek moet

saamwerk met iemand wat dieselfde salaris as ek verdien, of meer, en wat ek sien kan

nie die werk doen nie, en ek het nie genade of geduld meer nie. Ek dink dit is 'n baie

groot frustrasie. Die nuus is 'n baie groot frustrasie omdat ons, al weet ons dat daar

vroeër jare baie korrupsie was en ons nou besef dat SA, veral finansieel, is in 'n baie

groot gemors. Iemand moet 'n mens blameer.

Karin: Ek sien dit weer heeltemal uit 'n ander perspektief. Waar ek vir die afgelope tien

jaar betrokke was in gemeenskapsontwikkeling in die swart gemeenskappe, waar ons

hard gewerk het, ons het in 'n garage vergadering gehou, onder bome vergadering

gehou, aan die gang gekom, regtig hard gewerk om iets te bereik. Ek het ook baie

negatiewe belewenisse gehad, ek praat nou van my eie gevoelens. Waar jy absoluut

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!