25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bylaag 4: Gesprek 4 (10 September 1998)

p456

72

73

74

75

76

77

78

79

80

81

82

83

84

85

86

87

88

89

90

91

92

93

94

95

96

97

98

99

100

101

102

103

104

105

106

107

108

jy 'n blanke kry wat sulke kru uitlatings maak, so kry jy die swart man wat saam met my

werk, wat dit reguit vir jou sê: hy haat die blanke. Watter kant toe mens nou daaroor wil

redeneer. Ek dink ons sit met mense, ons moet ophou om in kleur vas te kyk. Dit is vir

my belangrik. As ons daardie bruggie kan oorkom, dan dink ek gaan ons baie ver kom

met mekaar. Dit het met ons gebeur. Ek werk nou al van 1976 saam met

anderskleuriges, ek is nou al gewoond daaraan om hom of haar as jou gelyke te sien.

Fyn opgevoede mense, uiters beskaafde maniere, praat 'n baie goeie Engels, baie

keer beter as wat ek dit kan doen. So ek dink ons moet die kleur uithaal.

Albert: Hoe? Hoe gaan ons dit doen? Ons het verlede keer ook daaroor gepraat dat

ons altyd dink in terme van kleur, ons dink nie anders as in terme van wit en swart nie.

Hoe gaan ons dit stopsit?

Ben: Ek dink dit gaan van die klein kindertjies tot so by vier jaar gaan dit maklik

vorentoe wees.

Albert: As ons as ouers hulle reg grootmaak. Dit is wat my baie bekommer deesdae,

dat ouers hulle kinders nog steeds in daai kategorieë grootmaak. DANIE, jy het die

opmerking gemaak so 'n paar gesprekke terug, wat kinders sê as hulle met swart

mense praat. Hierdie artikel in Insig waarna ek verwys het, Vusi Mona is die ou wat

skryf, hy was 'n oud onderwyser, en tans die redakteur van die tydskrif Tribune. Hy

skryf daaroor dat rassisme iets is wat mens aanleer, dit is aangeleerde gedrag. Ek wil

vir u twee paragrafies lees, ons het ook al hieroor gepraat: "Die verhouding tussen

rassisme en sosialisering" hy bedoel jy leer rassisme aan deur sosialisering, by jou

ouers en dit wat jy sien en so aan, "beteken egter nie dat die mense hulpelose pionne

is met geen gewete of persoonlikheid nie, want dit sal neerkom op die versaking wat

die rol wat menslike optrede speel. Dit is waarom baie van ons 'n probleem het met die

argumente wat wit mense opper dat hulle nie bewus was van die ellende wat apartheid

onder miljoene swartmense veroorsaak het nie, of dat daar nie veel was wat hulle kon

doen om die ellende te stop nie. Dit is naïef om te dink dat 'n mens slegs optree op die

manier waarop hy of sy gesosialiseer is, met geen onafhanklike denke of gewete nie."

Danie: Ek sal daarmee saamstem, en ek hou nou al by 'n vorige geleentheid gesê dat

hoe jy jou kinders grootmaak. Vir my as 'n Christen ouer, en ek het met my kinders

gepraat daaroor en dit is iets interessants wat ek besef het, dat ons praat nie met ons

kinders oor apartheid en oor wat gebeur het nie, die geskiedenis rondom dit en van die

ontstaan hier in ons land nie. Ek as Christen ouer maak my kind groot dat hy respek

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!