LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
Bylaag 3: Gesprek 3 (27 Augustus 1998) p442 510 511 512 513 514 515 516 517 518 519 520 521 522 523 524 525 526 527 528 529 530 531 532 533 534 535 536 537 538 539 540 541 542 543 544 545 546 kom ons by hierdie swart stadsklerk uit. Ons moes hom eers laat verstaan wat is 'n estate agency. Is hier iewers in hierdie dorpie 'n eiendomsagent. As ek dan iewers 'n gebou kan kry om te huur, dan huur ons dit. Ja, daar is een. Nou ry ons soontoe. Ons kom daar, maak die deur oop. Die dame is agter haar lessenaar besig op die telefoon. Nou sit ons maar en wag dat sy klaarmaak op die telefoon dan kan ons nou met haar praat. Sy het klaar gepraat, die telefoon neergesit, na my gekyk en gesê kan ek julle help? Oor so 'n afstand. Toe staan ons op, toe gaan staan ons voor haar lessenaar waar daar twee stoele is. Sy het ons nou nog genooi om te sit. En sy het net met my gepraat. Sy het nie met die swart vrou lang my gepraat nie. Toe sy ons telefoonnommers neem om ons te skakel, sê ek maar neem gerus mev W se telefoonnommer ook dat jy haar kan skakel want ek is baie minder op kantoor as sy. O ja, wat is jou selfoonnommer? Ons het daar uitgestap en in die motor geklim. Toe sê sy: meneer kyk, hierdie mense hierso moet nog 'n bietjie verander! Daar is nog mense wat so dink. Mike: Daai stuk wat julle gelees het, as jy nou nog met die ouer geslag praat sal hulle sê die jonger geslag het nie vir hulle respek nie. Die mense sê die ouer geslag het beheer oor die jonger geslag verloor, daarom dat die jeug nou so rebels is ens. Dis niks anders as daai nie. Hierdie seun het al klaar gerebelleer omdat sy ma in die guns van die blankes probeer bly, dis die comfort zone waarin hulle gelewe het – moenie doen wat verkeerd is nie, dan bly jy uit die moeilikheid uit. En die kinders het daai tyd al gesê maar ma hoekom praat jy saam met die blankes. Dit het verander oor die jare. Nou, dink ek het die jeug 'n paar dinge aan hulle kant : skoolopleiding, die media en so meer, en nou sê hulle, nee kyk, ons ouers was miskien die witman se vloerlap, maar ons gaan nie wees nie. So dit kom die heeltyd terug na wat daar gebeur het, gebeur nou nog. Nou het die jeug net gesê ons ouers was basies slapgat maar ons gaan nie wees nie. Albert: Hou sou jy gereageer het as jy swart was in hierdie storie? As jy Karel was in die storie? Dis altyd my vraag. Ek dink as ons daai vraag eerlik kan antwoord sal ons baie meer begrip hê vir wat Karel byvoorbeeld gesê het in die storie. Iets daarvan tel ek wel op by ons blankes. Karel hier in die storie is die benadeelde en hy rebelleer teen hierdie benadeling van homself. Ek hoor dit by my eie mense as ons praat oor Afrikaans op TV, ons weier om TV lisensies te betaal, want hulle gee nie meer ons programme nie. Al hierdie goeters wat ons as vanselfsprekend aanvaar het oor die jare wat nou nie meer so vanselfsprekend is nie. Ons rebelleer soos wat ek vir Karel hoor rebelleer in hierdie storie. Presies dieselfde ding hoor ek nou, omdat ons ten opsigte
Bylaag 3: Gesprek 3 (27 Augustus 1998) p443 547 548 549 550 551 552 553 554 555 556 557 558 559 560 561 562 563 564 565 566 567 568 569 570 571 572 573 574 575 576 577 578 579 580 581 582 583 van sekere goeters nou uit ons oogpunt gesien aan die "benadeelde" kant staan. Het julle ook al die droom gedroom al die blankes is swart en al die swartes is blank. Is dit nie min of meer wat gebeur het nie? Mike: Ek dink nie dit is moontlik om jou regtig in te dink in hulle sitasie nie. Ek dink dit is impossible. Dis dieselfde as wat ek my nou indink ek in die Gestapo en ek vermoor Jode, ek kan myself nie daarin indink nie. Waarin ek wel myself kan indink, is die manier waarop ons hulle behandel het … Ek meen hoe kon ek nou anders opgetree het in die busstorie met die streep. As hy nie in my skool mag wees nie, nege-uur in die aand moet hy uit die dorp wees. Hoekom sal 'n streep in 'n bus nou vir my snaaks wees. Die res van die goed is erger, hy mag nie eers vanaand in die straat wees nie. Nou moet ek worry oor 'n bus. En dit is hoekom ek sê, daai busstorie, en net blankes op die stoele… Ek kan dit nog onthou. Laat daar nou net 'n flappie op daai bank loop sit, dan moet jy sien hoe word hy daar afgeneuk. Isak: Ek stem met jou saam. Ons het dit gehad as standaard praktyk vir jare. Ons het dit so aanvaar. Die gemiddelde wit Afrikaner, by name die blanke Afrikaner, het dit aanvaar. Dit is reg so, dit is goed so. Niemand van ons het ooit gedink dit is verkeerd nie. As jy jouself nou moet vat, op jou ouderdom, afgesien van jou intellek, jou ouderdom, wat ook al, net omdat jy wit is moet jy nou vir 'n swart persoon, 'n kleintjie sê "my kleinbaas". Verstaan jy. Al die jare het ons dit aanvaar. Elsa: Ons weet nou eers dit was verkeerd. Albert: Dis is wat hulle gisteraand vir my vra, die wit mens lees sy Bybel, maar glo hy aan God, want God is dan 'n God van liefde, en hierdie goeters, ons weet dan nie dis verkeerd nie. Een ou vertel hy was 'n polisieman in Hammanskraal. Daar was 'n kennisgewing teen 'n muur "elke blanke polisieman is die meerdere van 'n swart polisieman, ongeag sy rang". As 'n wit ou vir 'n swarte, selfs wat 'n hoër rang het, iets sê, dan moet hy dit doen. Wil jy vir my sê, ons het nie geweet dit is verkeerd nie? Iemand het gepraat van ou Bet se comfort zone. Was dit nie ook maar ons comfort zone gewees nie? Ek lees Antjie Krog se boek The country of my skull. Dit gaan oor die WVK, sy skryf van 'n professor wat iewers hier uit Sentraal-Afrika kom. Hy praat nie van victims of apartheid en "perpetrators of apartheid" nie, maar hy praat van victims en beneficiaries. Bevoordeeldes. Ons kan miskien onsself troos en sê maar ons het nooit iemand doelbewus benadeel nie. Ons was nie Eugene de Kok of die BSB nie, dit is weliswaar waar, maar daai beneficiaries spook by ons. Is ons nie maar só gemaklik
- Page 407 and 408: Bylaag 1: Gesprek 1 (30 Julie 1998)
- Page 409 and 410: Bylaag 1: Gesprek 1 (30 Julie 1998)
- Page 411 and 412: Bylaag 1: Gesprek 1 (30 Julie 1998)
- Page 413 and 414: Bylaag 1: Gesprek 1 (30 Julie 1998)
- Page 415 and 416: Bylaag 1: Gesprek 1 (30 Julie 1998)
- Page 417 and 418: Bylaag 1: Gesprek 1 (30 Julie 1998)
- Page 419 and 420: Bylaag 1: Gesprek 1 (30 Julie 1998)
- Page 421 and 422: Bylaag 1: Gesprek 1 (30 Julie 1998)
- Page 423 and 424: Bylaag 1: Gesprek 1 (30 Julie 1998)
- Page 425 and 426: Bylaag 2: Gesprek 2 (13 Augustus 19
- Page 427 and 428: Bylaag 2: Gesprek 2 (13 Augustus 19
- Page 429 and 430: Bylaag 2: Gesprek 2 (13 Augustus 19
- Page 431 and 432: Bylaag 2: Gesprek 2 (13 Augustus 19
- Page 433 and 434: Bylaag 2: Gesprek 2 (13 Augustus 19
- Page 435 and 436: Bylaag 2: Gesprek 2 (13 Augustus 19
- Page 437 and 438: Bylaag 2: Gesprek 2 (13 Augustus 19
- Page 439 and 440: Bylaag 2: Gesprek 2 (13 Augustus 19
- Page 441 and 442: Bylaag 2: Gesprek 2 (13 Augustus 19
- Page 443 and 444: Bylaag 2: Gesprek 2 (13 Augustus 19
- Page 445 and 446: Bylaag 3: Gesprek 3 (27 Augustus 19
- Page 447 and 448: Bylaag 3: Gesprek 3 (27 Augustus 19
- Page 449 and 450: Bylaag 3: Gesprek 3 (27 Augustus 19
- Page 451 and 452: Bylaag 3: Gesprek 3 (27 Augustus 19
- Page 453 and 454: Bylaag 3: Gesprek 3 (27 Augustus 19
- Page 455 and 456: Bylaag 3: Gesprek 3 (27 Augustus 19
- Page 457: Bylaag 3: Gesprek 3 (27 Augustus 19
- Page 461 and 462: Bylaag 3: Gesprek 3 (27 Augustus 19
- Page 463 and 464: Bylaag 3: Gesprek 3 (27 Augustus 19
- Page 465 and 466: Bylaag 3: Gesprek 3 (27 Augustus 19
- Page 467 and 468: Bylaag 3: Gesprek 3 (27 Augustus 19
- Page 469 and 470: Bylaag 3: Gesprek 3 (27 Augustus 19
- Page 471 and 472: Bylaag 4: Gesprek 4 (10 September 1
- Page 473 and 474: Bylaag 4: Gesprek 4 (10 September 1
- Page 475 and 476: Bylaag 4: Gesprek 4 (10 September 1
- Page 477 and 478: Bylaag 4: Gesprek 4 (10 September 1
- Page 479 and 480: Bylaag 4: Gesprek 4 (10 September 1
- Page 481 and 482: Bylaag 4: Gesprek 4 (10 September 1
- Page 483 and 484: Bylaag 4: Gesprek 4 (10 September 1
- Page 485 and 486: Bylaag 4: Gesprek 4 (10 September 1
- Page 487 and 488: Bylaag 4: Gesprek 4 (10 September 1
- Page 489 and 490: Bylaag 4: Gesprek 4 (10 September 1
- Page 491 and 492: Bylaag 5: Gesprek 5 (6 Oktober 1998
- Page 493 and 494: Bylaag 5: Gesprek 5 (6 Oktober 1998
- Page 495 and 496: Bylaag 5: Gesprek 5 (6 Oktober 1998
- Page 497 and 498: Bylaag 5: Gesprek 5 (6 Oktober 1998
- Page 499 and 500: Bylaag 5: Gesprek 5 (6 Oktober 1998
- Page 501 and 502: Bylaag 5: Gesprek 5 (6 Oktober 1998
- Page 503 and 504: Bylaag 5: Gesprek 5 (6 Oktober 1998
- Page 505 and 506: Bylaag 5: Gesprek 5 (6 Oktober 1998
- Page 507 and 508: Bylaag 5: Gesprek 5 (6 Oktober 1998
Bylaag 3: Gesprek 3 (27 Augustus 1998)

p443

547

548

549

550

551

552

553

554

555

556

557

558

559

560

561

562

563

564

565

566

567

568

569

570

571

572

573

574

575

576

577

578

579

580

581

582

583

van sekere goeters nou uit ons oogpunt gesien aan die "benadeelde" kant staan. Het

julle ook al die droom gedroom al die blankes is swart en al die swartes is blank. Is dit

nie min of meer wat gebeur het nie?

Mike: Ek dink nie dit is moontlik om jou regtig in te dink in hulle sitasie nie. Ek dink dit is

impossible. Dis dieselfde as wat ek my nou indink ek in die Gestapo en ek vermoor

Jode, ek kan myself nie daarin indink nie. Waarin ek wel myself kan indink, is die

manier waarop ons hulle behandel het … Ek meen hoe kon ek nou anders opgetree

het in die busstorie met die streep. As hy nie in my skool mag wees nie, nege-uur in die

aand moet hy uit die dorp wees. Hoekom sal 'n streep in 'n bus nou vir my snaaks

wees. Die res van die goed is erger, hy mag nie eers vanaand in die straat wees nie.

Nou moet ek worry oor 'n bus. En dit is hoekom ek sê, daai busstorie, en net blankes

op die stoele… Ek kan dit nog onthou. Laat daar nou net 'n flappie op daai bank loop

sit, dan moet jy sien hoe word hy daar afgeneuk.

Isak: Ek stem met jou saam. Ons het dit gehad as standaard praktyk vir jare. Ons het

dit so aanvaar. Die gemiddelde wit Afrikaner, by name die blanke Afrikaner, het dit

aanvaar. Dit is reg so, dit is goed so. Niemand van ons het ooit gedink dit is verkeerd

nie. As jy jouself nou moet vat, op jou ouderdom, afgesien van jou intellek, jou

ouderdom, wat ook al, net omdat jy wit is moet jy nou vir 'n swart persoon, 'n kleintjie

sê "my kleinbaas". Verstaan jy. Al die jare het ons dit aanvaar.

Elsa: Ons weet nou eers dit was verkeerd.

Albert: Dis is wat hulle gisteraand vir my vra, die wit mens lees sy Bybel, maar glo hy

aan God, want God is dan 'n God van liefde, en hierdie goeters, ons weet dan nie dis

verkeerd nie. Een ou vertel hy was 'n polisieman in Hammanskraal. Daar was 'n

kennisgewing teen 'n muur "elke blanke polisieman is die meerdere van 'n swart

polisieman, ongeag sy rang". As 'n wit ou vir 'n swarte, selfs wat 'n hoër rang het, iets

sê, dan moet hy dit doen. Wil jy vir my sê, ons het nie geweet dit is verkeerd nie?

Iemand het gepraat van ou Bet se comfort zone. Was dit nie ook maar ons comfort

zone gewees nie? Ek lees Antjie Krog se boek The country of my skull. Dit gaan oor

die WVK, sy skryf van 'n professor wat iewers hier uit Sentraal-Afrika kom. Hy praat nie

van victims of apartheid en "perpetrators of apartheid" nie, maar hy praat van victims

en beneficiaries. Bevoordeeldes. Ons kan miskien onsself troos en sê maar ons het

nooit iemand doelbewus benadeel nie. Ons was nie Eugene de Kok of die BSB nie, dit

is weliswaar waar, maar daai beneficiaries spook by ons. Is ons nie maar só gemaklik