25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p29

lei: die kernbom, industrialisasie, gepaardgaande ekologiese vernietiging” (Van der

Walt 2006:elektroniese bron).

9.1.2 Postmodernisme / postmoderniteit

Diegene met ʼn méér radikale sienswyse verstaan die postmodernisme as 'n “totale

chronologiese en ideologiese breuk met die vorige paradigma...” (Van Aarde

2004a:1107). Uit Janse van Rensburg (2000:39ev) se kritiek op Van Aarde, Steenkamp

en Dill, asook sy latere kritiek (Janse van Rensburg 2007) op Van den Berg, blyk dit dat

sy kritiek gerig is op só 'n radikale verstaan van die term postmodernisme.

Meer gematigde voorstaanders voer aan dat 'n kritiese dialoog met die moderne

paradigma moontlik is. “Postmodernism is in no way trans- or anti-modern... I thus

interpret postmodernism as reflection on the nature, potential, shortcomings and darker

sides of modernity” (Lötter 1995:37). Ook Rossouw (1995b:76) beskou dit so as hy die

postmoderne kultuur noem die “critical companion” van die moderne kultuur. Hy verkies

ook, nes Van Aarde (2004b:505), om eerder te praat van “postmoderniteit” as

beskrywende term vir diegene met 'n meer gematigde benadering.

Postmoderniteit word gekenmerk deur 'n kritiese ingesteldheid. Niks word sonder meer

aanvaar nie en alle waarheidsaansprake word bevraagteken (Van Aarde 2004b:519).

Verder is die postmoderniteit baie sensitief vir die “power-conviction in any absolute

truths” (Terre Blanche 1997:155).

Om die postmodernisme in sy volle omvang te aanvaar as paradigma vir die praktiese

teologie sou 'n onhoudbare situasie teweegbring, soos Janse van Rensburg (2000)

aantoon. As ons egter Van Aarde (2004b:505) se uitgangspunt aanvaar dat die

postmoderniteit nie 'n “totale alternatiewe denksisteem” is nie, maar 'n sisteem wat

“transversaal” ten opsigte van die moderniteit kan staan, maak dit baie deure oop. Dan

neem dit “selektief afskeid van die slegte gewoontes en onaanvaarbare waardes van

die moderne paradigma” (Van Aarde 2004b:505). Presies hoe lyk hierdie postmoderniteit

as paradigma vir hierdie navorsing?

Postmoderniteit het nie net 'n enkelvoudige beeld nie en vertoon verskillende gestaltes.

Die woord (en die verwante vorm postmodernisme wat dikwels as sinoniem gebruik

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!