25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Bylaag 3: Gesprek 3 (27 Augustus 1998)

p429

35

36

37

38

39

40

41

42

43

44

45

46

47

48

49

50

51

52

53

54

55

56

57

58

59

60

61

62

63

64

65

66

67

68

69

70

71

praat, of dat hulle (swartmense en kleurlinge) verkies om nie daaroor te praat nie. Ek

kan 'n paar gedagtes van hulle ook weergee.

Albert: Dit is vir my interessant. Ek wonder wat is julle ervaring daarvan?

Johan: Ek wonder of hier nie nou 'n afkoeltydperk ingetree het nie, van 1994 – eintlik

van 1990 af. Hulle het ook begin dink in 8 jaar se tyd wat het hier aangegaan? Hulle

emosies is dalk nie meer so sterk daaroor nie.

Albert: Johan, dit sou een antwoord kon wees – en ek dink daar is waarheid daarin,

daar het darem al 'n paar jaar verloop van 1994 af. Maar daar is 'n ander ding, in watter

mate is ons nog steeds by vóór 1994, in watter mate het die gedagte van blank / nieblank,

die minderwaardigheid / meerderwaardigheid element, speel dit nie ook dalk 'n

rol daarin nie? Toe ek gisteraand met die mense daar anderkant gepraat het, hulle is

vreemdes en hulle het eerlik en openlik met my gepraat oor hierdie goeters, en die

hartroerendste verhale. Maar ek het ook vir hulle gevra om eerlik te wees. Ek wonder

of daai ding nie tog ook 'n rol speel nie.

Naomi: Ek wonder of dit nie ook vir hulle makliker is om in groepsverband, as hulle die

ondersteuning van mekaar het, opinies te kan lug, as wat dit is om enkel mense

daaroor uit te vra nie.

Elsa: Ek weet nie of die swartmense ons regtig so vertrou met hulle emosies en hulle

gevoelens, dat hulle dit met ons kan deel nie, want jy moet iemand vertrou voordat jy

vir hom seer goed van jou lewe vertel. Ek glo nie ons kan naastenby begin besef regtig

wat die swartmense deurgemaak het nie.

Mike: Dit is wel waar wat sy netnou genoem het, mense wat op die grens was wat nie

maklik daaroor praat nie – is wel so totdat jy 'n paar kry wat op die grens was. En hulle

sit en gesels, dan gesels hulle te lekker oor die grensdae, en ek dink dieselfde geld

hier, hulle praat nie daaroor nie, want hulle weet ons weet nie hoe hulle voel

daaromtrent nie. Ek het van my werkmense met wie ek oor die jare al gesels het, 'n

bietjie oor hierdie onderwerp uitgevra. Die oueres onder hulle se gevoel was basies

soos wat ons nou die aand gepraat het dat, hulle het so grootgeword, dit was vir hulle

'n lewenswyse, hulle het niks anders geken nie. Die jonger geslag, wat groot geword

het waar die media sterker was, die TV het uitgekom, koerante het vryer spraak gehad.

Hulle het dinge gehoor, gelees en gesien en hulle het begin sê hoekom, hulle het begin

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!