LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Bylaag 2: Gesprek 2 (13 Augustus 1998) p426 623 624 625 626 627 628 629 630 631 632 633 634 635 636 637 638 639 640 641 642 643 644 645 646 647 648 649 650 651 652 653 654 655 656 657 658 659 toe 'n klomp boere wat dadelik afstig. Dié wat Brandfort se kant toe bly gaan daar kerk toe, party gaan na die AGS toe, nou is daar vreeslike ongelukkigheid daaroor. Omdat die dominee nie toestemming by die kerkraad gevra het nie. Albert: Nou is ons weer by die Nat en Sap kerk van destyds. Naomi: Ek wil net graag aansluit by Isak, wat hy gesê het van die verantwoordelikheidsin as mens op dieselfde vlak is. Op hierdie stadium is Distriksgesondheidsdienste heeltemal so uitgefaseer, dat almal wat in 'n hoë posisie sit, is almal swart. En myself kon ek nog nie so ver gekry het om iemand wat in 'n posisie hoër as ek is, op sy naam te noem nie. En hoeveel keer is ek nou al oor die vingers gehaal omdat ek vir die dame, wat dan nou my hoof is bly mevrou sê, en sy bly vir my sê om haar op haar naam te noem, maar ek myself net nie sover kry om dit te doen nie, en dit is nie omdat ek voel ek wil dit nie doen nie, ek respekteer haar vir haar posisie waarin sy is. Ek het net daai selfde gevoel teenoor dominee Albert, ek kan nie net sê Albert nie, dit pas net nie vir my nie, dis hoe ek grootgeword het. Iemand wat in die posisie bokant jou is, of dit 'n man of vrou is wat ouer as jy is, sê jy tannie, so as die persoon dan sit in 'n posisie bokant my, dan respekteer ek hom daarvoor en spreek ek hom aan as mnr of mev of dominee. Vandag word dit van jou verwag om informeel te wees in formaliteit uit te skakel. George: Sondagaand het dokter Anton Prinsloo oor RSG, 'n besprekingsprogram gehad oor die hoflikheidsvorm van aanspreekwyse. Toe het die spesifiek gegaan oor die aanspreekvorm van dominee, as die ou jonger as jy is en jy ken hom goed, noem jy hom op sy naam of spreek jy hom nog aan as dominee? En ek het al lankal 'n probleem daarmee, dat ampte, amptelike ampte word vervlak. Hulle lees nuus, dan sê hulle, die minister van Arbeid, Tito Mboweni, hulle sê nie meneer nie. Die eerste minister, of die president, Bill Clinton, as is die ou wat die amp beklee, nie altyd eer waardig nie, dan moet die amp nog altyd gerespekteer word. Dit net so terloops. Mike: Daar is baie mense wat praat van skuldgevoelens, en christendom, ek wil graag my opinie lig. Ek sien rassisme en apartheid as twee totale issues. Apartheid was miskien 'n regeringsbeleid wat jy deur wetgewing kan wegvat of nie wegvat nie, maar dit was 'n vrye keuse. Rassisme is 'n ingebore karaktertrek. As jy iemand haat, jy is 'n rassis, ek haat iemand van 'n ander ras, het dit niks met apartheid te doen nie, en ek dink baie mense ken nie die skeiding nie. Ek voel nie skuldig as 'n rassis nie, want ek het hulle nooit gehaat of benadeel nie. Maar ek was deel van die apartheidstorie, maar

Bylaag 2: Gesprek 2 (13 Augustus 1998) p427 660 661 662 663 664 665 666 667 668 669 670 671 672 673 674 675 676 677 678 679 680 681 682 683 684 685 686 687 688 689 690 691 692 693 694 695 dit is nie vir my rassisme nie. Ek dink in my eie gemoed, as ek daai twee kan skei, dan maak dit dinge vir my soveel makliker. Soos ek sê, rassisme is nie iets wat 'n regering my leer of 'n politieke party my leer of enige iemand nie, rassisme kom van binne. Albert: Ons gaan daai saak weer aanspreek as ons praat oor die rol van die kerk, godsdiens, skuld en die tipe van goeters. Enige laaste opmerkings? Danie: Die ontstaan van die naam Afrikaner, die inligting wat ek kon bekom is dat dit die eerste keer gebruik is vir mense wat besluit het dat hulle bly in die Kaap, hulle het hulleself Afrikaners genoem. George: Net in aansluiting by die aanmerking dat dit 'n leefwyse is. 'n Leefwyse is nie 'n ding wat binne 'n paar maande of paar jaar gaan regkom nie. As hy nou sê 'n leefwyse, dan sien ek daar is reeds by my kinders, as ons praat oor die verlede toe ek 'n kind was, dan sê hulle, maar kan 'n mens so wees. So hulle is klaar is klaar gekondisioneer, hulle is reeds in hierdie nuwe fase, vir party mense is dit moeiliker om daai aanpassing te maak en deel van die nuwe SA te wees, terwyl daardie word in hierdie nuwe era groot, dit is nie vir hulle 'n gedwonge ding nie, dit is vir hulle normaal, hulle het nie nodig om van iets afskeid te neem, en na 'n nuwe era oor te gaan nie. Danie: Ons praat van die paradigma skuif. Albert: Ons het nou vanaand rond en bont gesels. Ek wil graag hê ons moet volgende week spesifiek aandag gee, aan hoe ons dink swartmense apartheid beleef het, watter ervarings ons daarvan beleef het, miskien eerstehandse ervarings, of miskien om dalk iets te gaan lees wat swartmense geskryf het, daar is heelwat boeke wat geskryf is deur swart Suid-Afrikaners van hulle belewenisse van apartheid. Dis waaroor ons volgende week moet praat, die effek van apartheid op swart mense, hoe ons gedink het, hulle dit beleef het. Hier is nou twee kante: hoe ons gedink het hulle dit beleef het en hoe hulle dit self ook beleef het in terme van wat hulle geskryf het. Ek dink nou aan 'n boekie wat ek onlangs gelees het van Simon Farisani wat vir my aangrypend was. 'n Ou kan net nie glo nie, soos jou dogter gevra het – kan 'n mens sulke goeters doen? Gaan dink 'n bietjie daaroor en gaan lees daaroor en dan praat ons volgende keer verder. {Einde van die gesprek}.

Bylaag 2: Gesprek 2 (13 Augustus 1998)

p427

660

661

662

663

664

665

666

667

668

669

670

671

672

673

674

675

676

677

678

679

680

681

682

683

684

685

686

687

688

689

690

691

692

693

694

695

dit is nie vir my rassisme nie. Ek dink in my eie gemoed, as ek daai twee kan skei, dan

maak dit dinge vir my soveel makliker. Soos ek sê, rassisme is nie iets wat 'n regering

my leer of 'n politieke party my leer of enige iemand nie, rassisme kom van binne.

Albert: Ons gaan daai saak weer aanspreek as ons praat oor die rol van die kerk,

godsdiens, skuld en die tipe van goeters. Enige laaste opmerkings?

Danie: Die ontstaan van die naam Afrikaner, die inligting wat ek kon bekom is dat dit

die eerste keer gebruik is vir mense wat besluit het dat hulle bly in die Kaap, hulle het

hulleself Afrikaners genoem.

George: Net in aansluiting by die aanmerking dat dit 'n leefwyse is. 'n Leefwyse is nie 'n

ding wat binne 'n paar maande of paar jaar gaan regkom nie. As hy nou sê 'n leefwyse,

dan sien ek daar is reeds by my kinders, as ons praat oor die verlede toe ek 'n kind

was, dan sê hulle, maar kan 'n mens so wees. So hulle is klaar is klaar gekondisioneer,

hulle is reeds in hierdie nuwe fase, vir party mense is dit moeiliker om daai aanpassing

te maak en deel van die nuwe SA te wees, terwyl daardie word in hierdie nuwe era

groot, dit is nie vir hulle 'n gedwonge ding nie, dit is vir hulle normaal, hulle het nie

nodig om van iets afskeid te neem, en na 'n nuwe era oor te gaan nie.

Danie: Ons praat van die paradigma skuif.

Albert: Ons het nou vanaand rond en bont gesels. Ek wil graag hê ons moet volgende

week spesifiek aandag gee, aan hoe ons dink swartmense apartheid beleef het, watter

ervarings ons daarvan beleef het, miskien eerstehandse ervarings, of miskien om dalk

iets te gaan lees wat swartmense geskryf het, daar is heelwat boeke wat geskryf is

deur swart Suid-Afrikaners van hulle belewenisse van apartheid. Dis waaroor ons

volgende week moet praat, die effek van apartheid op swart mense, hoe ons gedink

het, hulle dit beleef het. Hier is nou twee kante: hoe ons gedink het hulle dit beleef het

en hoe hulle dit self ook beleef het in terme van wat hulle geskryf het. Ek dink nou aan

'n boekie wat ek onlangs gelees het van Simon Farisani wat vir my aangrypend was. 'n

Ou kan net nie glo nie, soos jou dogter gevra het – kan 'n mens sulke goeters doen?

Gaan dink 'n bietjie daaroor en gaan lees daaroor en dan praat ons volgende keer

verder.

{Einde van die gesprek}.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!