LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem p28 Wie in 2012 wil praat oor die wetenskap – in watter gestalte ook al – sal moet rekening hou met die tydsgees. Oor die afgelope aantal dekades is daar op velerlei terreine 'n wegbeweeg van die sogenaamde “moderne” denkklimaat na wat tans losweg bekendstaan as die “post-moderne” benadering. In dié term is reeds iets opgeneem van die reaksionêre aard van die beweging. Voor die betekenis van die “post”- voorvoegsel tot die konsep se betekenis bespreek kan word, moet eers ondersoek word wat met “modern” bedoel word (Lötter 1995:37). 9.1.1 Die moderne era Die moderne era verwys na die tydperk sedert die sogenaamde Verligting (Aufklärung) in Europa in die 18de eeu n.C. (Kapp, Moll, Scholtz, De Jongh & Grundlingh 1982:381). Foucault (1978) haal Immanuel Kant aan wat die Verligting beskryf het as “the moment when humanity is going to put its own reason to use, without subjecting itself to any authority.” Dit was dus die begin van 'n volwassewording van die mens waarin die menslike rede 'n al groter rol gespeel het. Daar is geglo dat alle sintuiglike waarnemings deur die rede vertolk, verwerk en georden word, vandaar die term rasionalisme wat ook gebruik word om na hierdie tydperk te verwys. Soos Lyon (1994:21) dit stel: “...modernity started out to conquer the world in the name of reason...”. Die een logiese uitvloeisel hiervan was die idee van 'n objektiewe wetenskap. Met die opkoms van die wetenskap in die moderne era het die mens begin glo in 'n eie vermoë om met die verstand oplossings vir alle probleme te vind. Daarom was die wetenskap so belangrik geag. Ander dominante diskoerse in hierdie tyd was individualisme (elke mense het stemreg gekry en menseregte het belangrik begin word), integrasie ('n neiging om alles vanuit een sentrale punt te wil bestuur, onder andere in nasionale regerings met hulle burokrasieë en massa-produksie in groot industriële aanlegte) en toenemende spesialisasie (as gevolg van die kennis-ontploffing was dit al hoe moeiliker vir een persoon om alles van alles te weet) (Rossouw 1995a). Baie mense was (en is steeds) baie entoesiasties oor die moderne era. Sommige begin egter die tekorte in die sisteem raaksien, soos dat die menslike rede op die ou end toe tog nie alle antwoorde kon voorsien of 'n hemel op aarde kon vestig nie. Die menslike rede en wetenskap was inderdaad besig om “monsters te skep wat tot... uitdelging kon

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem p29 lei: die kernbom, industrialisasie, gepaardgaande ekologiese vernietiging” (Van der Walt 2006:elektroniese bron). 9.1.2 Postmodernisme / postmoderniteit Diegene met ʼn méér radikale sienswyse verstaan die postmodernisme as 'n “totale chronologiese en ideologiese breuk met die vorige paradigma...” (Van Aarde 2004a:1107). Uit Janse van Rensburg (2000:39ev) se kritiek op Van Aarde, Steenkamp en Dill, asook sy latere kritiek (Janse van Rensburg 2007) op Van den Berg, blyk dit dat sy kritiek gerig is op só 'n radikale verstaan van die term postmodernisme. Meer gematigde voorstaanders voer aan dat 'n kritiese dialoog met die moderne paradigma moontlik is. “Postmodernism is in no way trans- or anti-modern... I thus interpret postmodernism as reflection on the nature, potential, shortcomings and darker sides of modernity” (Lötter 1995:37). Ook Rossouw (1995b:76) beskou dit so as hy die postmoderne kultuur noem die “critical companion” van die moderne kultuur. Hy verkies ook, nes Van Aarde (2004b:505), om eerder te praat van “postmoderniteit” as beskrywende term vir diegene met 'n meer gematigde benadering. Postmoderniteit word gekenmerk deur 'n kritiese ingesteldheid. Niks word sonder meer aanvaar nie en alle waarheidsaansprake word bevraagteken (Van Aarde 2004b:519). Verder is die postmoderniteit baie sensitief vir die “power-conviction in any absolute truths” (Terre Blanche 1997:155). Om die postmodernisme in sy volle omvang te aanvaar as paradigma vir die praktiese teologie sou 'n onhoudbare situasie teweegbring, soos Janse van Rensburg (2000) aantoon. As ons egter Van Aarde (2004b:505) se uitgangspunt aanvaar dat die postmoderniteit nie 'n “totale alternatiewe denksisteem” is nie, maar 'n sisteem wat “transversaal” ten opsigte van die moderniteit kan staan, maak dit baie deure oop. Dan neem dit “selektief afskeid van die slegte gewoontes en onaanvaarbare waardes van die moderne paradigma” (Van Aarde 2004b:505). Presies hoe lyk hierdie postmoderniteit as paradigma vir hierdie navorsing? Postmoderniteit het nie net 'n enkelvoudige beeld nie en vertoon verskillende gestaltes. Die woord (en die verwante vorm postmodernisme wat dikwels as sinoniem gebruik

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p28

Wie in 2012 wil praat oor die wetenskap – in watter gestalte ook al – sal moet rekening

hou met die tydsgees. Oor die afgelope aantal dekades is daar op velerlei terreine 'n

wegbeweeg van die sogenaamde “moderne” denkklimaat na wat tans losweg

bekendstaan as die “post-moderne” benadering. In dié term is reeds iets opgeneem

van die reaksionêre aard van die beweging. Voor die betekenis van die “post”-

voorvoegsel tot die konsep se betekenis bespreek kan word, moet eers ondersoek

word wat met “modern” bedoel word (Lötter 1995:37).

9.1.1 Die moderne era

Die moderne era verwys na die tydperk sedert die sogenaamde Verligting (Aufklärung)

in Europa in die 18de eeu n.C. (Kapp, Moll, Scholtz, De Jongh & Grundlingh 1982:381).

Foucault (1978) haal Immanuel Kant aan wat die Verligting beskryf het as “the moment

when humanity is going to put its own reason to use, without subjecting itself to any

authority.” Dit was dus die begin van 'n volwassewording van die mens waarin die

menslike rede 'n al groter rol gespeel het. Daar is geglo dat alle sintuiglike

waarnemings deur die rede vertolk, verwerk en georden word, vandaar die term

rasionalisme wat ook gebruik word om na hierdie tydperk te verwys. Soos Lyon

(1994:21) dit stel: “...modernity started out to conquer the world in the name of

reason...”. Die een logiese uitvloeisel hiervan was die idee van 'n objektiewe

wetenskap.

Met die opkoms van die wetenskap in die moderne era het die mens begin glo in 'n eie

vermoë om met die verstand oplossings vir alle probleme te vind. Daarom was die

wetenskap so belangrik geag. Ander dominante diskoerse in hierdie tyd was

individualisme (elke mense het stemreg gekry en menseregte het belangrik begin

word), integrasie ('n neiging om alles vanuit een sentrale punt te wil bestuur, onder

andere in nasionale regerings met hulle burokrasieë en massa-produksie in groot

industriële aanlegte) en toenemende spesialisasie (as gevolg van die kennis-ontploffing

was dit al hoe moeiliker vir een persoon om alles van alles te weet) (Rossouw 1995a).

Baie mense was (en is steeds) baie entoesiasties oor die moderne era. Sommige begin

egter die tekorte in die sisteem raaksien, soos dat die menslike rede op die ou end toe

tog nie alle antwoorde kon voorsien of 'n hemel op aarde kon vestig nie. Die menslike

rede en wetenskap was inderdaad besig om “monsters te skep wat tot... uitdelging kon

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!