LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Bylaag 2: Gesprek 2 (13 Augustus 1998) p422 475 476 477 478 479 480 481 482 483 484 485 486 487 488 489 490 491 492 493 494 495 496 497 498 499 500 501 502 503 504 505 506 507 508 509 510 511 dit nie regtig geweet wat doen hierdie apartheid aan mense nie. Daar is goed wat mens nie gesien het nie, of van geweet het nie. Albert: Miskien wou ons nie. Watter koerante het ons byvoorbeeld gelees? Hanlie: Dit kom weer terug na een van die vorige sprekers. Jy lees wat in jou ouerhuis gekoop en gelees is, die kind word daarmee groot en lees dit, en as hy nie in sy universiteitsjare 'n besluit neem nie, sit hy gewoonlik vas waar hy sit en hy bly daar. Frans: Ek wil iets sê oor wat nie gesê is nie. Die regering het 'n demper daarop geplaas, deur die mediaraad. Hy was dalk bang gewees, ek wil nie sê vir massahisterie nie, maar dat Jan Publiek te veel hoor, gaan hoor. En miskien het daai ouens daai tyd al geweet, van daai ouens wat daar binnekant sit, geweet ons doen verkeerd, maar die tyd fase was dalk nie reg nie. Danie: Hoekom op 'n sekere stadium, op 'n sekere tydvak, deur FW de Klerk, hoekom het daardie draaiing in die totale geskiedenis plaasgevind? Elsa: Dit was as gevolg van druk. As jy dink die sanksies van daardie tyd, die druk van die swartmense af, hy het nie regtig 'n keuse gehad nie, hy moes dit doen. Dit was omstandighede. Ek glo nie hy was hierdie wonderlike mens wat nou hierdie dinge uitgedink het en besluit het hy moet dit nou afskaf nie. Hy het net eenvoudig geswig onder die druk. Danie: Ek stuur miskien nou die gesprek in 'n verkeerde rigting, maar as jy gaan lees van die omstandighede waarin die plaasgevind het, dan het bitter min ander mense geweet van sy toespraak. Hy het nog vir sy vrou gesê sy toespraak gaan verreikende gevolge vir SA hê. Ek wil baie graag vir hom baie van die eer gee. Albert: Hy was die eerste ou wat regtig op die punt kon kom om te sê nou moet hier iets gebeur en dit toe gedoen het. By die vorige ouens was dit window dressing vir alle praktiese doeleindes, PW en van John Vorster praat ons nie eers nie. Hanlie: Ek stem saam, ek bedoel Shakespeare het al gesê some are born great, and some have greatness thrust upon them. Elsa: Ek dink FW was maar net die regte ou in die regte plek.

Bylaag 2: Gesprek 2 (13 Augustus 1998) p423 512 513 514 515 516 517 518 519 520 521 522 523 524 525 526 527 528 529 530 531 532 533 534 535 536 537 538 539 540 541 542 543 544 545 546 547 548 Mike: Dit kom maar weer terug na die feit dat baie mense bedryf politiek, sommige mense doen wat hulle beginsels vir hulle sê. As FW nie gevoel het in sy binneste hy moet iets doen daaromtrent nie, en hy wou polities sterk gebly het, dan sou hy daai besluit nooit geneem het nie. (Baie tussenin gepraat. Band moeilik om te ontsyfer) Ek kon as Sap of Nasionalis daai jare besluit het of wil ek 'n swarte 'n klap gee wat voor my inloop of wil ek maar om hom stap. Dit is 'n besluit wat 'n mens neem en dit bekommer my vandag, dat ek dink daar is soveel mense wat baie bly is oor die nuwe bedeling en tog tree hulle op soos in die ou bedeling… Hanlie: Geweldig baie. O, kan ek met julle iets daaroor deel… Mike: Ek sien dit daagliks, mense wat hul kleintjies leer, soos byvoorbeeld dan stop hulle by die petrolpomp en dan draai hy die venster af en dan sê die laitie: "Maak vol, kaffer". Dan dink ek by myself, daai outjie weet mos nie wat dit beteken nie. Waar leer hulle dit, by sy ouers, 'n leefwyse, en hy moet later van tyd vir homself besluit, is dit hoe ek wil lewe of nie. Hanlie: Dis wat ek bedoel as ek sê apartheid is still alive and well in South-Africa. Hierdie week wat verby is was vir my 'n verskriklike week gewees. Eerstens het ek lankal terug met Mandela se verjaarsdag 'n foto van hom bestel en ek het dit laat raam by Picture Frame. En ek stap uit en daar sit blanke mans in 'n motor en hulle sien my, en die een sê wat het jy daar, en ek wys en hy sê is dit vir jouself, en ek dog hy bedoel dis oulik, dis mooi, laat ek sien, en ek gaan wys dit vir hom en ek sê nee, dis vir die skool. Hy sê "ja grappig nè, in Amerika is dit Clinton en by ons is dit 'n kaffer." Nou hier staan ek met die foto en ek vat hom dadelik aan, maar jy voel so 'n gek want ha-ha, die ou vroutjie… En die ander ding is by die skool kom daar 'n man wat sekere goed verkoop, en ek staan met hom en praat en dit was die dag van SATU se vergaderings wat hulle weer weggebly het van die skool af, hy draai om na sy maat toe en sê "het jy gehoor die kaffers bly weer weg van die skool af." En op daai oomblik sê ek vir hom, ek wil nie meer verder met jou besigheid doen nie, noem jy jouself 'n christen. En hy sê ja. En ek vra hom, maar hoekom gebruik jy woorde wat ander mense seermaak? En ek is bevrees dit het my hierdie week vreeslik ontstel, omdat dit twee keer in twee dae se tyd met my gebeur het. Wat ek toe voel is, wat sit ons nou eintlik hier en doen vanaand by jou, wat kom probeer ons eintlik doen, want buite kant hierdie mure, al sou ons nou

Bylaag 2: Gesprek 2 (13 Augustus 1998)

p422

475

476

477

478

479

480

481

482

483

484

485

486

487

488

489

490

491

492

493

494

495

496

497

498

499

500

501

502

503

504

505

506

507

508

509

510

511

dit nie regtig geweet wat doen hierdie apartheid aan mense nie. Daar is goed wat mens

nie gesien het nie, of van geweet het nie.

Albert: Miskien wou ons nie. Watter koerante het ons byvoorbeeld gelees?

Hanlie: Dit kom weer terug na een van die vorige sprekers. Jy lees wat in jou ouerhuis

gekoop en gelees is, die kind word daarmee groot en lees dit, en as hy nie in sy

universiteitsjare 'n besluit neem nie, sit hy gewoonlik vas waar hy sit en hy bly daar.

Frans: Ek wil iets sê oor wat nie gesê is nie. Die regering het 'n demper daarop

geplaas, deur die mediaraad. Hy was dalk bang gewees, ek wil nie sê vir massahisterie

nie, maar dat Jan Publiek te veel hoor, gaan hoor. En miskien het daai ouens daai tyd

al geweet, van daai ouens wat daar binnekant sit, geweet ons doen verkeerd, maar die

tyd fase was dalk nie reg nie.

Danie: Hoekom op 'n sekere stadium, op 'n sekere tydvak, deur FW de Klerk, hoekom

het daardie draaiing in die totale geskiedenis plaasgevind?

Elsa: Dit was as gevolg van druk. As jy dink die sanksies van daardie tyd, die druk van

die swartmense af, hy het nie regtig 'n keuse gehad nie, hy moes dit doen. Dit was

omstandighede. Ek glo nie hy was hierdie wonderlike mens wat nou hierdie dinge

uitgedink het en besluit het hy moet dit nou afskaf nie. Hy het net eenvoudig geswig

onder die druk.

Danie: Ek stuur miskien nou die gesprek in 'n verkeerde rigting, maar as jy gaan lees

van die omstandighede waarin die plaasgevind het, dan het bitter min ander mense

geweet van sy toespraak. Hy het nog vir sy vrou gesê sy toespraak gaan verreikende

gevolge vir SA hê. Ek wil baie graag vir hom baie van die eer gee.

Albert: Hy was die eerste ou wat regtig op die punt kon kom om te sê nou moet hier

iets gebeur en dit toe gedoen het. By die vorige ouens was dit window dressing vir alle

praktiese doeleindes, PW en van John Vorster praat ons nie eers nie.

Hanlie: Ek stem saam, ek bedoel Shakespeare het al gesê some are born great, and

some have greatness thrust upon them.

Elsa: Ek dink FW was maar net die regte ou in die regte plek.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!