25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bylaag 2: Gesprek 2 (13 Augustus 1998)

p420

402

403

404

405

406

407

408

409

410

411

412

413

414

415

416

417

418

419

420

421

422

423

424

425

426

427

428

429

430

431

432

433

434

435

436

437

438

Danie: Iets wat vir my ontsettend interessant is, is die dinamika van groepsvorming.

Dink 'n bietjie hieroor, ek praat van indoktrinering, persepsies vorm, maar wat alles

hierin val en wat ook na Hitler se tyd toe verwys, ek dink die hele breinspoeling maak

baie groot deel uit hiervan.

Albert: Ek praat gister met iemand wat soos alle blanke mans van 'n sekere ouderdom

wat diensplig gedoen het, en in ons gesprek gebruik hy toe die woord indoktrinasie, hy

sê hy wil dit nie so noem nie, maar dalk is dit maar wat dit was. Daai leefwyse wat

absoluut by ons ingeprent is, daar is nie 'n ander manier nie, en tog was daar blankes

wat baie, baie in opstand gekom het teen die politiek van die tyd en ek dink

byvoorbeeld aan iemand soos Beyers Naudé, of Helen Josephs. Wat het hulle dan

anders gemaak as ons? Beyers Naudé was tog 'n stoere Afrikaner Nasionalis, so veel

soos enige ander van ons.

Danie: Linda se broer, ek weet sy sal my nie kwalik neem as ek dit sê nie, was in

hierdie Harare deklarasie wat daar opgestel was, betrokke. Hy was vir 8 jaar in Zambië

gewees voor hy teruggekom het. Hy was Beyers Naudé se regterhand gewees. Hy

praat baie oor die TV en die radio, dr. T. Wat vir my altyd baie interessant was met

hom, ek het myself beskou dat in die NP, want ander groepe was vir my Engels, ek het

nie daar ingepas nie, en ek kon gebruik maak van die NP om hierdie hele proses te

probeer omdraai en ek het gewerk in die politiek, geweldig baie. Ek het mense van

standerd 9 af aangery stembusse toe. Wat ek net wou sê oor dr. Tomas: Hy het in 'n

stoere Afrikaner pastorie huis grootgeword, en toe het hy op Stellenbosch omgedraai,

totaal en al, en hy is verwerp deur sy mede-Afrikaners, hy was absoluut 'n

uitgeworpene gewees. Ons het as ons bymekaar gekom het, mekaar se standpunte

gerespekteer, en tog aan die einde van die dag, noudat ons kan praat daaroor – het

ons tog in 'n rigting saamgewerk. So by so dat my kinders, as ons petrolpomp stilgehou

het, het hulle vir die swartman gesê oom en vir die swart vrou – tannie. Dit was nie iets

snaaks in ons huis nie. Maar ek is 'n Afrikaner en NP, en daarmee saam was ek op

Afrikaner kultuur organisasies baie erg betrokke gewees, maar die draai van die

Beyers Naudé, Breyten Breytenbach, André P Brink, Van Zyl Slabbert, hierdie mense,

die draai en aan die einde van die dag was daar soveel raakpunte, as ons dit net wou

raaksien.

Hanlie: Solank as wat ons dieselfde taal praat, en die dieselfde kultuur het, sal

dieselfde raakpunte bly.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!