25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Bylaag 2: Gesprek 2 (13 Augustus 1998)

p415

218

219

220

221

222

223

224

225

226

227

228

229

230

231

232

233

234

235

236

237

238

239

240

241

242

243

244

245

246

247

248

249

250

251

252

253

254

Isak: Ons het niks anders geken as apartheid nie. Nou kan mens maklik terugkyk en sê

al hierdie agtergrond wat ons nou gekry het, dis gegewe feite. Maar ons kan sê in 1948

het die regering wel 'n keuse gehad, of ons kan dit verfyn of ons kan die ander pad

loop.

Albert: Maar was daar nie ook ander stemme nie?

Danie: Met hierdie verfyning, of andersheid dink ek moet ons begrip hê vir hoekom dit

gedoen is. Ewe skielik is die Afrikaner aan bewind, en wat doen hy nou, dit gaan nou

om oorlewing, om dit waarvoor hy soveel jare geveg het, ewe skielik is hy in beheer,

wat gaan hy nou doen? Wat is die mees moontlike wat nou gaan gebeur?

Albert: Charity begins at home.

Hanlie: Ek dink dit is deel van die mens se sonde. Die oomblik wat enige persoon,

maak nie saak watter kleur of ras hy is nie, die mag in die hande kry, dan misbruik hy

dit. Dan noem hy dit ook oorlewing vir sy groep, en dan sê ek kan ons baie verder

teruggaan as George van Riebeeck en ons kan na baie ander wêrelddele ook kyk,

gaan jy dit oral kry. Die groep wat die mag in die hande het, misbruik dit.

Elsa: 'n Mens sou net dink, dat soos die mens meer beskaaf of slimmer raak, dat 'n

mens sou agterkom – jy kan nie 'n ander mens so behandel nie. Apart sit, en hy mag

nie dit en dat nie.

Albert: Is dit wat met ons gebeur het? Dat ons op 'n punt gekom het wat ons besef het,

jy kan nie… Ons het nou gehoor van 'n klompie stemme, die geskiedenis praat hard as

mens so grootgeword het maak jy maar so jou ma en pa en ouma en oupa gemaak

het. Daar was tog ook ander stemme wat ons koppe geswaai het.

Hanlie: Wat vir my moeilik is in hierdie gesprekke, jy het gesê ons moenie hou by die

ding nie, maar nou gaan ons al by was daar ander stemme, terwyl ek nog wil praat oor

hoe het apartheid in jou lewe gekom. Mag ek nou teruggaan na dit toe?

Albert: Ja jy mag teruggaan.

Mike: Ek dink vir my wat gebeur het, ons het die andersheid, – ek wil 'n ander woord vir

apartheid gebruik – dit was daar gewees, en ek dink die regering het 'n kleur daarby

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!